Slangvanger in waakeenheid ná Kaapse kobra-pik

Doep du Plessis hou 'n molslang vas wat hy voorheen gevang het. Foto: Verskaf aan Maroela Media.

Doep du Plessis hou ‘n molslang vas wat hy voorheen gevang het. Foto: Verskaf aan Maroela Media.

Ao. Doep du Plessis (54), ʼn polisiebeampte en slangvanger van Kaapstad, word in die waakeenheid van die Netcare Kuilsrivier-hospitaal behandel nadat ʼn Kaapse kobra hom Saterdag gepik het.

Christoff du Plessis (29), Doep se seun wat vrywillig saam met sy pa slange by inwoners se huise in die omgewing vang, het Maandag aan Maroela Media gesê sy pa was omstreeks 12:45 besig om ʼn Kaapse kobra  in Kuilsrivier te hanteer, toe hy gepik is. Die slang was sowat 1 meter lank.

“Ons  was gelukkig naby die hospitaal en my pa was binne tien minute daar,” het Christoff gesê.

Doep is onder verdowing geplaas as deel van sy behandeling. “Sy dokters was van plan om hom vandag [Maandag] te begin wakker maak uit die verdowing, maar het besluit om hom nog ʼn dag tyd te gee aangesien die slang se gif veroorsaak het dat sy bloeddruk baie hoog is. Sy toestand is stabiel, maar hy is nog nie buite gevaar nie,” het Christoff gesê.

Christoff vang al die afgelope 15 jaar saam met sy pa slange in die omgewing. Doep doen dit al vir 37 jaar, vandat hy in die polisiediens begin werk het. Christoff het gesê hulle het baie respek vir slange en dit ontstel hom as mense dié diere sommer net doodmaak.

“Slange is daar vir ʼn rede. Hulle hou onder meer peste onder beheer. Die meeste slange, veral Kaapse kobras, sal ʼn mens nie net uit die bloute uit aanval nie. Hulle sal net pik as hulle bedreig voel.”

Hy het gesê as mense in ʼn veld stap en op ʼn slang afkom, moet hulle stilstaan tot die slang weg is. “As iemand gepik word is die belangrikste om vas te stel watter soort slang  betrokke was, want die behandeling gaan daarvan afhang.”

Christoff het ook gesê ʼn mens moet probeer om so kalm as moontlik te bly sodat die gif nie vinniger deur die bloedstroom versprei nie en om die wond laer as die hart te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Vic ·

Ja, die probleem is net ek kan nie gedagtes lees nie en weet nie wanneer die slang bedreig voel nie. Spoedige herstel toegewens

Andre Pretorius ·

Sterkte aan Oom Doep, net laas week n verwysing vir Oom Doep gekry om slange te vang as ons op een sou afkom, daar is redelik baie slange (veral Kobra’s) in die noordelike voorstede en veral waar daar nou nuwe ontwikkeling is.

Alida ·

Sterkte julle; nee kyk ek en n slang,is groot vyande.Ek pla hom nie,en hy pla my nie.

Mick ·

Ek stem Anita. Slange en Spoke is onderworpe aan my T’s en V’s. Beide is welkom om te pik en praat terwyl ons hardloop.

Leeutjie ·

Mick..Ek het nou lekker gelag vir jou! Ek hou van jou terme en voorwaardes!

Paul ·

Die Engelse “terms and conditions” word dikwels foutief vertaal as “terme en voorwaardes”. Die korrekte Afrikaanse uitdrukking is “bepalings en voorwaardes”.

Mick ·

Dankie, oom Paul. Net vir die wis en die onwis, sal ek sommer ook die korrekte uitdrukking aan slang en die spook verduidelik, soos deur die Taalpolisie vereis. In die toekoms kan die slang en die spook sommer self hulle slagoffers reghelp.

Karolis ·

Hoekom laat die oom dan die slang bedreig voel as hy weet die slang pik daai tyd?

Weezie ·

Sterkte Oom Doep, en vinnige herstel. Karolis interessante vraag, maar nou wil ek jou vra wie bel jy as jy een in jou huis gewaar? My boetie is ook n vrywillige slang vanger. Die mense sit hulle lewens ingevaar om jou en jou familie te spaar.

Karolis ·

Weezie,
ek druk die eerste nommer op my sel en dan gil ek: bring vir my ‘n skoon onderbroek!

Leeutjie ·

Bwahahahahahaaaaaaa! Karolis…. dit klink na ‘n oplossing!

Ian Wallace ·

Bly om te sien daar is nog mense wat omgee vir slange. Alle sterkte word toegewens vir Doep.

annie rowrr ·

Tenminste vang hy die slange en mask dit nie dood soos die meeste daarbuite nie..selfs gewone molslange en huisslange wat skadeloos is word sinneloos afgemaai.Dankie vir dut wat jy doen oom..jy doen dit vir die slange en nie dir mense nie.

Deborah Thomas ·

Jammer om die slegte nus te hoor van Doep ,sterkte aan sy famielie .doep het so n paar jaar gelede n kaapse cobra in my inrit kom vang ook in Kuilsrivier,ek moet se hy is baie goed met die slange ,waarom het die slang hom gepik?

Adele ·

Gou gesond word Doep, ons dink aan jou en bid vir jou! Ek weet slange is jou passie maar wil net baie dankie sê vir jou en al die mense wat op n daaglikse basis bereid is om slange te verwyder! Baie, baie dankie dat julle altyd bereid is om alles te los waarmee julle besig is en dadelik te ry om slange te gaan vang en op n ander veilige plek weer vry te laat waar hulle niemand sal pla nie. Al is dit nie giftige slange, selfs dan is julle altyd bereid om te help. Ek dink aan julle en ek bid vir julle dat julle altyd veilg sal huis toe gaan.

Andries ·

Ek was deur oom Doep bekend gestel aan slange end die een ding wat by my bly is dat ek die slange respekteer vir wat hulle in staat is om aan ons te doen. Ek het al self op paar geleendhede slange gaan uit haal, ek was goed geleer deur oom Doep en weet dat enige iets kan gebeur. Alle sterkte oom Doep word gou gesond.

klaas mulder ·

Ai Doep word gou beter… die kaapse kobra kom ook voor in die richtersveld en vrek ver vd hospitaal. ons het altyd gedink dit is geelslange. nou weet ek ook dis kobras

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.