Slapende man by lodge oorval

Foto: Verskaf.

ʼn Man (55) is Maandagaand in sy huis by die Shishingwe Lodge, ʼn private reservaat in die Lydenburg-omgewing in Mpumalanga, aangeval.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê die voorval het plaasgevind toe aanvallers ʼn klip deur ʼn venster gegooi het. Leonard Visagie het op die bank voor die televisie gelê en slaap, en die klip het hom teen die kop getref.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 23:15 plaasgevind. Die aanvallers het volgens Sedibe deur middel van die gebreekte venster toegang tot die huis verkry en ʼn vuurwapen op Visagie gerig. Hulle het die kluis se sleutels asook sy bankkaart se PIN geëis.

Sedibe het gesê Visagie se vrou en hul kleinseun was ten tyde van die voorval aan die slaap in kamers op die boonste verdieping van die huis.

“Die verdagtes kon daarin slaag om die sleutels van die kluis in die hande te kry en het met drie vuurwapens op die vlug geslaan in die man se dubbelkajuitbakkie met die registrasienommer DC75 LM GP,” het hy gesê.

Volgens Cameron het die verdagtes daarin geslaag om geld uit Visagie se bankrekening te onttrek.

Visagie is ná die voorval na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris Ws ·

‘n Saak van huisroof word ondersoek.Se alie!Wat van poging tot moord vir die rig van ‘n vuurwapen en voertuig diefstal wat niks met huisroof te make het nie?’n Klip is ‘n gevaarlike wapen en daar is dus nog ‘n klag van poging tot moord.Nee wat,weer rasistiese besluite.

André ·

Ons mense voorsien nou verniet klomp wapens aan hierdie boewe. Dra maar eerder die wapen aan jou sy en kry ‘n tweede kluis.

Haan ·

Jy mors jou asem. niemand so blind soos hy wat nie wil sien nie.

Verdomp ·

Kan die manne wat weier om paraat te wees nie maar solank hul wapens buite die kluis regpak nie? Dan spaar ons die inkopiegangers darem so bietjie tyd…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.