‘Slapende’ pa skiet seun onbedoeld buite skool dood

Luyanda Tshabalala. Foto: Facebook via Fred Norman Secondary School.

ʼn 50-jarige pa het Dinsdagaand glo onbedoeld sy 14-jarige seun buite ʼn skool in Johannesburg doodgeskiet.

Kapt. Mpande Khoza, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het Dinsdag omstreeks 20:00 buite die Fred Norman Secondary School in Ennerdale plaasgevind.

“Daar word beweer dat die pa sy kind na die skool geneem het vir aandklasse. Hy het in sy motor gewag, die deur gesluit en toe aan die slaap geraak. Die seun het teruggekom en aan die passasiersvenster van die motor waarin sy pa geslaap het, geklop,” het Khoza gesê.

Die pa het glo sy vuurwapen by hom gehad. Hy het vir die klopgeluid geskrik en skote afgevuur in die rigting daarvan.

“Hy het toe agtergekom dit is sy seun. Die seun is op pad na die hospitaal dood,” het Khoza gesê.

ʼn Saak van moord word ondersoek en die pa sal Donderdag in die Protea-landdroshof verskyn.

Intussen het Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, aangekondig dat hy vandag die leerders van die skool sal toespreek.

Lesufi het Woensdag op sy Facebook-blad geskryf dat hy op pad is na die skool om die leerders toe te spreek. “Dit volg ná die ontvoering en verkragting van ʼn gr. 12-leerder van dieselfde skool. ʼn Hartseer dag vir onderwys in ons provinsie,” lui die inskrywing.

Khoza kon egter nie onmiddellik bevestig dat die twee voorvalle met leerders van dieselfde skool gebeur het nie.

Al wat die polisie volgens hom in dié stadium kan bevestig, is dat ʼn 16-jarige meisie omstreeks 14:00 Dinsdag op pad van ʼn skool af naby die plek waar die skietvoorval plaasgevind het, ontvoer en beroof is deur ʼn man wat in ʼn swart voertuig langs haar stilgehou het.

“Hy het haar toe na ʼn plek geneem waar sy verkrag is. Ons kan nie bevestig of dit dieselfde skool is nie.”

Die Fred Norman Secondary School het op sy Facebook-blad geskryf dat hy met groot hartseer verneem van Luyanda Tshabalala, ʼn ondervoorsitter van die skool se leerderraad, se dood.

“Die hoof, personeel, hulpwerkers en al die leerders is deur hierdie noemenswaardige jong man aangeraak en ons betuig ons opregte medelye met sy familie en vriende. As ʼn engel het jy jou tyd hier verwyl, nou het jy baie werk om te doen by ons Hemelse Vader.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Kannaland ·

Tragies hoe misdaad ook indirekte gevolge het soos hier en ander gevalle waar bewapende ouers, bewapen om hulself te verdedig want die polisie doen nie, se wapens gebruik word deur kinders en dan tot ongeluksterftes lei.

Ag tog kannie(lees)land ·

Die PA het die seun geskiet, omdat die pa gedink het die seun is n misdadiger. Dis is my vraag watter misdaad het die seun gepleeg

Anoniem ·

Daardie arme, arme pa… ek kan my nie eens begin indink hoe hy oor die situasie voel nie. Klink of hy ‘n goeie pa was – hy het by die skool gewag vir sy seun wat aandklasse bywoon. Was waarskynlik bekommerd oor sy seun se veiligheid.

Leser ·

Dit wys jou net hoe vrees onbewustelik in ‘n mens se onderbewussyn skuil, dat mens onmiddelik die ergste verwag. Dit voel vir my asof dit dalk ‘n onveilige plek was, veral in die aand, en dit is hoekom die pa dalk so reageer het. Dalk was hy / hulle al voorheen ‘n teiken van misdaad of iets. Tragies nietemin…ek wens dit vir niemand toe nie.

Abe ·

Die pa het geskiet sonder om die teiken te identifiseer. Hy is skuldig. Moes nooit n vuurwapen gehad het nie.

Johan. H. ·

Sterkte oom, Dit was n ongeluk, Ek blameer hierdie regering vir al die misdaad,,, Want almal leef in vrees, Donald Trump was reg!!!

Heinrich ·

Ek stem saam Johan, hierdie een is ook met trots geborg deur die ANC se manier van ‘regeer’: waar kriminele in die regering die kriminele op straat meer regte gee as vir die burgers om hulle self te beskerm, om van gebrek aan polisiebeskerming nie eers te praat nie.

Frankie ·

Ai. Wat ‘n pragtige seunskind. En so netjies in sy skool uniform. Innige simpatie en meegevoel aan sy pa en al sy geliefdes.

Tanzie ·

Hoe ontsaglik hartseer. Ek kan my nie eers in dink waardeur hierdie pa moet gaan nie. Dit maak mens boos om te dink dat ons land direk aandadig is aan hierdie kind se dood. As dit nie vir die buitensporige misdaad probleem was waarmee ons tans sit nie, sou hierdie dalk nie eers gebeur het nie.

Maggie ·

Ek stem saam met jou Tanzie, dit is tragies dat ‘n goeie vader in ons land so onveilig voel dat hy waarskynlik met die gelaaide vuurwapen op sy skoot móés sit. My hart gaan uit na hom wat nou vir moord aangekla word. Ongeag die uitslag gaan dit sy hele lewe hom bybly, dalk sy huwelik ruïneer. I am so sorry for your loss Mr. & Mrs. Tshabalala, may God heal your pain.

HvH ·

In die kol Tanzie. Elke Suid Afrikaner leef in absolute vrees en hierdie nuttelose regering doen NIKS aan die ongelooflike geweld en misdaad wat ons gyselaar hou nie. Hierdie pragtige seun se bloed is op hulle hande – soos met elke misdaad slagoffer. Ons polisiemag is totaal korrup, daar is geen afskrikmiddel vir moorde, geweld, diefstal ens, so hoekom sal enige skurk ophou misdadig wees? My hart gaan uit na die arme pa.

T ·

Dit is so hartseer daai arme pa, die land waarin ons woon laat onskuldige goeie mense goed doen wat nie regverdig is nie. Die arme skuld waarmee daai arme pa moet leef

Chantal ·

Dis ‘n vreeslik hardseer tragiese ongeluk. Ons gebede is met die familie. Ons voel nie meer veilig in ons eie land nie, ons vrees vir ons kinders, ons bid saans dat ons nie gemartel en verkrag moet word nie. Skelms en moordenaars het meer regte vandag as ‘n pa wat tax betaal en vir sy seun by ‘n skool wag. Daar is minder moord en dood in oorlog geteisterde gebiede. Ons staat sal drastiese veranderinge moet begin toe pas om sy mense te beskerm.

Nellie ·

Wat ‘n aantreklike seun, met die mooiste glimlag.
Baie sterkte aan sy familie – veral sy pa. Dit is ‘n absolute nagmerrie.
Rus in vrede, jong man.

Lee ·

Ai dis tragies. Sterkte aan die familie. Dis die land wat ons in lewe wat jy altyd so paraat moet wees dat so iets gebeur het. Rus in Vrede seun . Sterkte aan die pa ek kan net dink hoe hy moet voel.

Koos ·

Die man se storie klink geloofwaardig. Donker figuur, donker buite en seker nog verdonkerde ruite ook?

Lana ·

EN vrees vir die misdaad en lelike dinge wat in hierdie land aangaan.

Jerry ·

Die boosheid van staatskaping wat werkloosheid en misdaad tot ongekende rekord hoogtes geneem het, het duidellik sy tol geeis op die psige van gewone wetsgehoorsame Suid Afrikaners. Dit is hartverskeurend dat sulke insidente plaasvind. Die tragiese van dit egter is, dat dit kan toeneem.

ice ·

Flip dit moet erg wees!! Ek sal dit nie maak nie.
Sterkte aan die man, ek weet nie eintlik wat om te sê nie . . .
Stem saam, die een is op die regering

PP ·

Wettige vuurwapen? Lisensie, competency? Tragies ja, maar hierna moet gekyk word

Lana ·

Ja, beslis nog ‘n lewe weg (en ‘n paar verwoes) a.g.v. die onvermoë van die regering om misdaad in hierdie land vas te vat.
Wat ‘n tragiese ongeluk.
Baie sterkte aan naasbestaandes!!

SNEL ·

Goeie aarde, die arme pa! Kan net bid vir hom. So n pragtige seun en wat n vreeslike gebeurtenis. Dit is nie veilig om so voor die skool daai tyd van die aand te wag nie. Die land is so diep in die gemors. Neem die pa nie kwalik dat hy n wapen by hom gehad het en dadelik die ergste verwag het toe hy die klop aan die ruit gehoor het nie. My hart gaan uit na die pa.

Thinus Coetzee ·

Sjoe. Dis so tragies dat ons in ‘n land moet leef waar ‘n mens so heeltyd onder die indruk van misdaad verkeer, dat ‘n mens onmiddelik panniekbevange word en jou dadelik die ergste situasie voorstel en dan heeltemal kop verloor(met rede soos enige gewone mens sou). Ons sal maar moet sien of die arme verpletterde pa nou ook dieselfde as Oscar behandel gaan word, waar almal wat nog nooit in so ‘n situasie was nie, baie slim is na die tyd. Die selfverwyt na so ‘n situasie moet iets veskriklik wees.

corne ·

ja tragies maar kom ons wees eerlik ken jou wapenwet kan nie net skied nie dit is onverandwoordelik kan nie net skied in n geluid se rigting nie

TLC ·

Soooooo jammer Pappa wat op so n tragedie moet uitloop asgevolg van al die misdaad in S.A. Ek weet nie wat om regtig vir jou te sê nie Hy was n pragkind oop gesig en defnitief nie iemand wat saam betogers sou gewees het nie Hy lyk so trots in sy univorm Ek plaas die voor ons regering se deur en vir Pappa by onse VADER se voete Want ek sal nie weet hoe n ouer ooit oor so n tragedie kom nie

daro ·

PP en Corne julle is meer verkeerd as reg. Ongelukig is die misdadigers besig om die merk te maak waarvolgens ons moet lewe en trek ons stadig in die wilde weste manier in, die een wat eerste en vinnigste skiet se asem bly in sy mond, want die polisie is nie naaaaby om mens te help. Die is baie baie tragies. Al wanneer jy die polisie 96% van die tyd sien is wanneer misdaad klaar plaasgevind het, en dan kom die misdadigers nog weg ook. Die het niks met wapen en wapenwet uit te waai nie, as ons almal net messe gehad het sou presies dieselfde ding gebeur het.

Gesiggie ·

N mens kan sien as jy na die seun se gesig kyk dat hy n goed opgevoede seun was… hy het die mooiste skoonste gesiggie… ek kan net dink waardeur dei Pa moet gaan ? maar n mens moet nie net skiet sonder om eers seker te maak, ja ek verstaan hy het aan die slaap geraak en geskrik… maar dit het nou sy kind se lewe gekos… ek is so jammer dat dit moes gebeur, die Familie gaan deur hel. en die Pa sal homself nooit kan vergewe… n ongeluk kan gebeur, maar dink partykeer voor jy net skiet?? RIP Luyanda… en sterkte aan die Ouers

AWVDM ·

Daar was geen regs gronde om die Pa nou al te arresteer …. Maar Ja …. Daar is verskillende metodes om n persoon se verskyning in n Hof te verseker en arrestasie is veronderstel om die laaste opsie te wees…..

Carisma ·

Hy het geskrik. Dit was n massiewe ongeluk en verby tragies. My sus 5 jaar terug huistoe van werk gegryp verkrag en vermoor. Elke aand as ek huistoe ry is dit in vrees en my ma sit elke nag wakker tot ek by die huis kom want sy is bang sy verloor haar enigste dogter ook nog. So weet julle moenie judge nie. More kan dit julle wees. Ek kry die pa vreeslik jammer. Dit gaan hom vernietig.

Anonymous ·

Beautiful young man. I cannot imagine what this father and his family has to go through. My deepest sympathy and prayers to you.

Kaptein ·

Terwyl ek baie baie simpatie het met die situasie … hier is die aanloop:
1. Ek sit in my kar en wag vir my seun om terug te keer.
2. Seun gaan heel moontlik aan die venster klop as ek slaap. Ek het die verwarmer aan en die vensters is opgewasem.
3. Seun klop aan venster en my eerste reaksie is om na die klopgeluid te skiet. Dit kon ‘n polisieman/sekuriteitswag ook gewees het.

=>Ek dink dis meer waarskynlik dat die pa een in die loop gehad het, aan die slaap was
met die vinger op die sneller, en met die wakkerskrik deur die deur geskiet het.

Elize ·

Stem saam. Dis land (regering) se skuld. Almal leef in vrees, behalwe hulle met hul lyfwagte….

Juanré ·

…’n hartseer dag vir onderwys…nee nog ‘n hartseer dag vir SA nes elke ander…dit is erger om nuus te lees en kyk on SA as wat dit is om die grusaamste ergste riller te kyk…

Katerina ·

So n lieflike seun,wat n aaklige tragedie. Baie baie hartseer,ek lees nou die berig saam met my 12jo seun en hy voel ook so sleg hieroor. Die arme pa,hoe gaan hy dit maak deur die lewe hierna?? Ondenkbaar. Dis egter nie net hartseer nie,is ook genoeg om n mens woedend te maak,hierdie land het n oorlogsone geword..

JoeV ·

Kan mens jou nou in die man se skoene dink, vreeslik tragies! Uit vrees vir die veiligheid van sy gesin is hy gereed vir die aanslag! En die ergste tref hom!

Ag nee ·

Ai ai ai… So ‘n pragtige jongman. Karakter straal uit hom uit. Mag God sy ouers en familie kragtig ondersteun.

What a joke! ·

Ag nee man..sterkte aan familie..,my hart is seer vir julle..Mag die Here julle dra deur die harde tyd.

Daan ·

Dit kan net wees dat die persoon vreeslike vrees het, miskien het misdaad of rowers hom of van sy familie al een of ander tyd beet gehad.

kas ·

Leon,nou wat dink jy het gebeur.Dink jy regtig die pa het sy kind met opset doodgeskiet,

Charmaine ·

Rus in vrede Boeta, jou glimlag sal sekerlik gemis word.Sterkte aan die familie.

kas ·

Dit is die politieke omstandighede wat so iets laat gebeur.Dit is hartverskeurend en ek glo die pa sal besef hoekom blankes hulle selfverdedig.Kan die saak vergelyk word met die bosvarkjagter en tot watter mate

Lola ·

Hoe ongelooflik hartseer. Hierdie is die regering en elke liewe politieke party in hierdie land se skuld! So onnodig……..

ek sê maar ·

Die pa het omgegee vir sy kind, wou dat hy aandklasse bywoon sekerlik om sy punte te verbeter en het hom self geneem en vir hom gewag – dis regtig verskriklik. Ek hoop hy kry ondersteuning by almal deur hierdie verskriklike ding waardeer hy sal moet worstel.

maryann ·

Dit is hierdie korrupte regering van ons se skuld. Ek bid vir hierdie pa want dit moet verskriklik wees – en wees almal nou maar eerlik enige skielike geluid in die dag of nag laat ons skrik ons kan ook nie sonder ‘n wapen nie want ons is teiken vir al wat roof en moor daar buite. nerens is ons veilig meer- Ek sal ook wag vir my kind met ‘n vuurwapen by my dis net so tragies dat so iets moes gebeur. Rowers stap by polisie stasie in roof R5 geweer vir wat, net om nog moord en roof te gaan pleeg en ongelukkig is hierdie pragtige seun ‘n slagoffer van ons land se powere polisie en regstelsel want nerens is ons as ouers en kinders meer veilig nie.

Geskok ·

Sooo n hartseer gebeurtenis. Sterkte aan hierdie familie. Innige simpatie. Hys n pragtige jongman.

Theresa ·

Tragies vir die familie! Flinke jong mannetjie wat lyk of hy graag wou leer en presteer.
Wetsgehoorsames is senuagtig en BAIE bewus daarvan dat jy die heeltyd oor jou skouer moet dophou vir ‘n moontlike aanval van iewers af.
Gistermiddag weer verrassing by venster gehad in verkeer. Dié keer wou knaap aggressief die deur ooppluk. Net terloops: Wanneer gaan die mense wat die publiek so lastig val en verseker ook misdaad pleeg (party) verbied word om motoriste te pla by robotte en op die paaie??? Daar moet tog iets wees wat gedoen kan word? Dis meestal belastingbetalers wat so verpes word – dus moet mens seker kan aandring op beskerming hierteen? Of droom ek nou van kiewiet eiers in London.

Gertryda ·

Tragies dat die land so agteruit gegaan het dat mense vrees in hul het en die goed gebeur
RIV sterkte aan familie
Agv hoë misdaad neem vrees jou oor in sulke omstandighede dan dink jy nie wat wette sê ens nie jy dink aan jou veiligheid

Arizona ·

Dis baie hartseer maar kan jy jouself in di k wat op daai oomblik deur die pa se lop moes gaan. Ons bly in n land waar jy dood geskiet word net omdat jy op die verkeerde plek was. My innige simpatie met die familie. Hierdie pa het klaar sy vonnis gekry.

Valerie ·

Vrees ken geen perke nie. Miljoene Suid-Afrikaners leef in vrees. Blank, Indiër, almal. Dat hy dit met opset gedoen het om sy seun te vermoor is bog, maar laat die reg sy gang gaan. Onthou nog vir die arme Vleis Visagie?
SA het ‘n land van vrees geword. Besef dit, en wees wakker.

Antiestabliesment ·

Dit gaan nou weer die vuurwapen se skuld wees en die anti-vuurwapen beweging sal dit weer gebruik as rede om alle vuurwapens uit die samelewing te kry. Die ding het seker vanself opgespring, na die seun gedraai en ‘n skoot afgevuur, en daarna het die pa wakker geskrik van die harde plof geluid!

Tragiese gebeurtenis en ek kan my nie indink hoe daardie pa moet voel nie. Ek het self my seun verloor aan kanker en dit maak seer, hoe seer moet daardie man he om te weet hy is die oorsaak. Ek hoop hy kry hulp met die verwerking daaarvan.

kas ·

Ek kry die pa so bitter jammer.Die seun lyk vir my na ‘n netjiese opgewekte en vriendelike jong man.Die vraag is net hy het geskiet toe iemand aan die venster klop.Was sy lewe werklik op daardie oomblik in gevaarEk hoop van harte die D O V gaan nie vervolg nie.Mag julle as Tshabalala gesin met tyd vertroos word en berusting vind in die wete dat julle kind veilig is aan die voete van die EEN wat oor lewe en dood bskik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.