Slapende SAL-passasiers glo beroof

Argieffoto

Twee passasiers op ʼn vlug van die Suid-Afrikaanse Lugredery (SAL) het Maandag nadat hul ʼn uiltjie op die vliegtuig geknip het met ʼn skok agtergekom dat van hul besittings verdwyn het terwyl hulle geslaap het.

Tlali Tlali, woordvoerder van SAL, het bevestig dié voorval het Maandag op vlug SA286 vanaf Suid-Afrika na Hongkong plaasgevind.

Twee passasiers het die kajuitpersoneel genader en gekla dat waardevolle items, naamlik geld en ʼn horlosie, vermis was.

“Een van die klaers het ʼn paar passasiers uitgewys wat verdag in die kajuit opgetree het en wat gesien is waar hulle van die oorhoofse stoorkompartemente oopgemaak het terwyl die ander passasiers geslaap het,” het Tlali gesê.

Tlali het bygevoeg die personeel het onmiddellik die voorgeskrewe prosedure met die hantering van klagtes of voorvalle van dié aard gevolg.

“ʼn Oproep is gemaak dat die polisie die vliegtuig by hul aankoms in Hongkong moet ontmoet. Die res van die passasiers het die vliegtuig verlaat en die verdagtes wat geïdentifiseer is, is beveel om in die vliegtuig agter te bly en is deur die polisie in Hongkong deursoek. Niks is op hul persoon gevind nie,” het Tlali gesê.

Skoonmaakpersoneel het later die vermiste goedere op die vliegtuig opgespoor terwyl hulle die vliegtuig skoongemaak het. Die items is bo‑op van die sitplekke in die kajuit aangetref. “Die geld is aan die klaers terugbesorg.”

Tlali verduidelik dat die verdagtes nie in hegtenis geneem kon word nie aangesien daar geen bewyse is wat hulle direk met die voorval verbind nie. Hy het wel bevestig dat dié passasiers en die klaers in  dieselfde kajuit gesit het tydens die vlug.

Op ʼn vraag aan Tlali of so ʼn voorval al voorheen op een van hul vlugte plaasgevind het, het Tlali gesê talle lugrederye wat na of van Hongkong vlieg met dié uitdaging sukkel.

“Dit is nie net SAL nie. In sake waar verdagtes suksesvol aangekla en vervolg word, word die persone op ʼn swartlys geplaas en mag hul nooit weer op SAL bespreek of vlieg nie. Ons het ook verbeterde kajuitmonitering ingestel vir aandvlugte of wanneer die ligte gedemp word om passasiers toe te laat om te rus of te slaap.”

Tlali het bygevoeg dat hulle nie sal huiwer om iemand te verban wat hul voorwaardes oortree het nie. “Ons verwelkom en heg waarde aan ons klante se samewerking deur deurentyd waaksaam te wees en na hul waardevolle items, veral reisdokumente, om te sien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

JK ·

Dié kom baie voor op SAL, Februarie is daar mense ook beroof van Windhoek na JHB, en net voor dit ook van JHB na Heathrow. Dis mos maar die Saffa ding!

SAFFA ·

LAAT DIT VIR JULLE ALMAL ‘N LES WEES. Dis soos met SASOL en SPUR en oral waar mense steeds eet en petrol ingooi . daar is DUIDELIK gevra dat die mense sal ophou om SAL te gebruik nie hieroor of daaroor nie maar OMDAT HULLE ONVEILIG is . en steeds gebruik mense dit . so AS JY NIE WIL HOOR NIE MOET JY VOEL!!!

Remi ·

As daar slegs SAL in jou dorp beskikbaar is dan jammer om te sê is jy geskroef. So as jy wil vlieg van Bloemfontein moet jy SAL vlieg want Mango vlieg net Kaapstad toe. Soms is dit nie jou keuse nie maar dit word namens jou geneem.

Netso ·

SAL is vir my die goedkoper opsie München toe en hulle vliegtuig het spasie wat ander nie het nie. Hulle is altyd belhulpsaam vriendlik en profesioneel moenie ñ eier lê as jy nie weet waarvan jy praat nie “Saffa maar in silence “

Drat ·

@Judge Dredd, en n 12uur vlug met cctv kameras heeltyd op jou? nee wat dankie, dalk net met enige iets uit Afrika veral die Saffas land.

Techman ·

Mense dink nog kameras en stoorspasie is duur, ver agter die tyd. Beslis is kringtv die oplossing saam met swaerder strawwe. Dit sou so maklik wees om gou die beeldmateriaal na te gaan as daar n klag was, en met hulp van kunsmatige intelligensie hoef die polisie nie eers deur die nag se materiaal te kyk nie, en dis als goedkoop en beskikbaar, mense moet net leer van nuwe tech.

Johann du Toit ·

Ai, SAL julle bly maar in die moeilikheid. Was daar dan nie kajuitpersoneel aan diens nie of het hulle ook so ‘n bietjie gaan skuinslê? Volgende is seker die loods wat net gou ‘n uiltjie geknip het.

AirH ·

@Johann du Toit, op oornag vlugte word daar sekere tyd uiteengesit vir die personeel om te kan le of rus, op alle airlines. Ek werk nou al 11jaar vir Qatar, en voor dit 3jaar vir Emirates, en dis die norm. Onkunde is n lelike ding. Ons is daar 1ste vir veiligheid(emergencies) jou persoonlike tasse is jou saak, as jy dit nie sluit nie, is dit jou probleem.

Johann du Toit ·

@AirH dankie vir die teregwysing. Weens my onkunde en slegs 2 keer lang vlugte (langste was Australië na die VSA) was ek onder die indruk personeel neem beurte om te rus (nie almal op een slag nie), Nou nie dat ‘n mens omtrent net 4 ure rus juis rus kan noem nie veral as jy teen daardie tyd reeds 11 ure gewerk het en eers moes wag dat almal aandete gekry het.

Tania Heyns ·

Dagsê Adri

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die vingerfout. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Stephen Namibia ·

Tlali het wel gese dat die passasiers en die verdagtes “in dieselfde kajuit” gesit het.
Nou wonder ek net of daar mense op die vlerke ook sit. Met SAL is deesdae enigiets moontlik.

Andre Stander ·

Mense, sluit jou bagasie – die wat in die bagasie ruim gaan, asook die wat jy saam jou in die kajuit neem, en in die oorhoofse stoor area plaas.. So eenvoudig. Reis met tasse/sakke wat kan sluit! Vinnige kombinasie slot, alles veilig.
Moenie dink omdat jy die misdaad koningkryk verlaat – die misdaad agterbly nie..

Anders, sukkel maar…

Penellope Jones ·

Selfs in die lug, op ‘n vliegtuig???
Goeie aardetjie tog.

hendrik ·

Sit n “roofrack” op die vliegtuig. Diewe kan dit nie bykom tydens vlug nie.

lerato ·

Ons moet so trots wees op SAA. Geen ander lugdiens kan spog dat die volk so trots op hom is dat hulle biljoene spandeer om hom in die lug te hou nie.

Google gerus; ” Pampered SAA pilots”

Alida ·

In SA sluit of “wrap” jy ALLES op n vliegtuig. Watter deel verstaan mense nie?

h ·

Dit gebeur gereeld op ander vlugte(rederye). Kyk program “ultimate airport dubai” en daar kan mens sien dis n alledaagse ding wereldwyd. Hou op om net “Afrika” uit te sonder. Word wakker

anton ·

Dankie ek het myself 13 jaar gelede beloof om NOOIT weer SAL te gebruik nie en ek gee ook nie om of hulle gratis vlieg kaartjies uitdeel nie!!!
Daar is heelwat redes vir my besluit waarvan veiligheid nr. 1 is. Ek wil nie heelpad stres of ek lewendig anderkant gaan uitkom a.g.v n swak lugredery nie!!!

Frank ·

Boer, Engels en Fransman vlieg saam. Die Engelsman kyk uit en se ons vlieg oor Engeland want hy kan Big Ben sien, later se die Fransman hulle vlieg oor Frankryk want hy kan Effieltoring sien.

Nog later sit die boer toe oe en steek sy hand uit vliegtuig en se ons vlieg oor Afrika. Altwee vra hoe weet hy dit want sy oe was dan heeltyd toe waarop hy antwoord “Want my horlosie is nou weg”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.