Sleepdood: Duisende woon roudiens by

Roubeklaers in die Reigerpark Burgersentrum. Foto: @saneliswak / Twitter

Roubeklaers in die Reigerpark Burgersentrum. Foto: @saneliswak / Twitter

Duisende mense het Donderdagaand in Reigerpark, Boksburg, saamgekom vir  ʼn roudiens vir Taegrin Morris, die vierjarige seuntjie wat kilometers ver langs sy ouers se gekaapte motor gesleep is.

EWN berig Mondli Gungubele, die burgemeester van die Ekhurhuleni-munisipaliteit in die Oos-Rand, raadslede en polisiebeamptes was van die mense wat die roudiens bygewoon het.

Taegrin was Saterdagaand saam met sy ouers en sussie (8) in Reigerpark, waar hulle vir sy ouma gaan kuier het. Drie mans het die gesin se Volkswagen Golf genader en hulle gedwing om uit die motor te klim. Sy been het egter in die babastoeltjie se gordel verstrengel geraak toe sy ma hom wou uithaal, en die kapers het met hom weggejaag. Taegrin is vir ongeveer 8.5km ver langs die motor gesleep. Die kapers het daarna die motor langs die pad gelos en gevlug. Taegrin was toe reeds dood.

Hy word Saterdag begrawe. Niemand is nog in verband met sy moord in hegtenis geneem nie. Die polisie het ʼn beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting wat tot die suksesvolle vervolging van die kapers kan lei.

Lees ook:
Sleepdood: “Taegrin wou ʼn ingenieur geword het”
R100 000 vir sleepdood-kapers
Kind se sleepdood “harteloos”, wys misdaad is “buite beheer”
Belonings vir Gauteng-kapings
Vierjarige sterf toe kapers hom buite kar sleep


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lisa ·

Wens ek kon daar wees maar ek het swart aan vir die klein engeltjie. Dink en bid vir die familie en vriende. Rus in vrede Taegrin. Al die pad hier van Secunda, Mpumalanga mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.