‘n Video van eNuus volg onderaan die berig.
Taegrin Morris, die vierjarige seuntjie van Boksburg aan die Oos-Rand wat wreed aan die hand van kapers gesterf het, wou eendag ʼn ingenieur geword het.
“Hy het verlede week nog vir sy ma gesê hy wil ʼn ingenieur word omdat hy baie van sportmotors soos Ferrari’s en Bugatti’s hou,” het sy pa, Elwin Morris, Woensdag gesê
Taegrin het vir sy ma, Chantel, gesê dat hy Duitsland toe gaan verhuis en daar sy eie motorwerkwinkel gaan begin en luukse voertuie gaan ontwerp.
“Hy was ʼn briljante kind, ek sal hom altyd as ʼn ster onthou.”
Taegrin was Saterdagaand saam met sy ouers en sussie (8) in Reigerpark, waar hulle vir sy ouma gaan kuier het. Drie mans het die gesin se Volkswagen Golf genader en hulle gedwing om uit die motor te klim.
Teagrin se beentjie het in die babastoeltjie se gordel verstrengel geraak toe sy ma hom wou uithaal, en die kapers het met hom weggejaag. Taegrin is vir ongeveer 8.5km ver langs die motor gesleep. Die kapers het daarna die voertuig langs die pad gelos en gevlug. Taegrin was toe reeds dood.
Alwin sê hy is steeds baie kwaad oor die voorval en dat dit wat met sy seun gebeur het onmenslik was.
Taegrin word Saterdag begrawe. ʼn Biddiens is vroeër Woensdag vir Taegrin en sy familie buite die Morris-gesin se huis gehou.
Niemand is nog in verband met sy moord in hegtenis geneem nie.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Lees ook:
R100 000 vir sleepdood-kapers
Kind se sleepdood “harteloos”, wys misdaad is “buite beheer”
Belonings vir Gauteng-kapings
Vierjarige sterf toe kapers hom buite kar sleep
Ek raak sommer van voor af hartseer oor die storie die arme kind het dit nie verdien om so dood te gaan nie. Shame as ek net moet dink waardeur dai seuntjie moes gaan.hoop hulle vang dai sleg goed wat dit aan hom gedoen het. Ek hoop hulle kry 3x keer lewenslank.
Vergeet van lewenslange tronkstraf, hulle moet die doodstraf terug bring vir sulke gevoellose barbare! My hart gaan uit na die seuntjie se gesien, weet God dra julle in sy hande en sal sorg dat daar in die ewige lewe geregtigheid sal wees.
Dit is HARTVERSKEUREND!!! Rus sag in die Here se arms liefkind! Die familie is in ons gebede