Slegs 5% van klagtes teen polisie vervolg

Lede van die polisie en weermag op patrollie tydens die staat van algehele afsondering. (Foto: SA Weermag/Twitter)

Sedert 2014 is amper 30 000 gevalle van polisiebrutaliteit in Suid-Afrika aangemeld, insluitend verkragting, marteling en sterftes in polisieaanhouding.

Hiervan is slegs 5% (1 500) oortreders dissiplinêr of krimineel vervolg. Dit volgens syfers van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) wat die DA Sondag bekendgemaak het. Die ANC het die afgelope week wyd te velde getrek teen beweerde polisiebrutaliteit in Amerika wat gelei het tot die dood van George Floyd.

Volgens syfers wat die DA bekendgemaak het, het Opod in 2018 en 2019 alleen amper 6 000 klagtes van polisiebrutaliteit ontvang. ʼn Totaal van 1 177 was weens sterftes in polisieaanhouding, 1 985 was klagtes wat verband hou met sterftes weens polisie-optrede en 577 klagtes was weens die beweerde verkragting deur ʼn polisiebeampte.

“Polisiebrutaliteit het boonop toegeneem gedurende die afsonderingstydperk en tussen 26 Maart en 17 April vanjaar het Opod 30% meer klagtes as dieselfde tyd verlede jaar ontvang,” sê Andrew Whitfield, die DA se skaduminister van polisie.

Luidens Opod se syfers is slegs 27% van gevalle wat sedert 2014 aangemeld is, na die nasionale vervolgingsgesag verwys vir aanbeveling en ʼn kwart van sake (25,8%) is as voorstelle vir dissiplinêre optrede na die polisie verwys.

In slegs 3,9% van gevalle is oortreders wel dissiplinêr vervolg en in net 1,3% van gevalle is oortreders krimineel vervolg.

“Die ANC se gewelddadige rekord van mishandeling deur polisie en die lae koers van vervolging is ʼn nasionale skande wat die ANC se skynheiligheid ten toon stel,” sê Whitfield.

Hy sê die DA vra lank reeds dat die polisie gedemilitariseer word en dat die hoof van Opod onafhanklik van die polisie funksioneer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frans ·

Ja black lives matters but not for black people. Kyk na die hongersnood en burger oorloe (korrupsie en staatkapimgs noem ek nie eers nie)in afrika(swart regerings) wat al die lewens van miljoene swart mense geeis het. Nog geen betogings of vernietiging van ander se eiendom het al ooit daaroor plaas gevind nie. Nee wat hierdie is maar net weer n bevestiging van die wereld orde en hoe hulle alles manupileer.

Magda ·

MMMMMMM CELE – WONDER OOR JOU BEVOEGDHEID AS MINISTER VAN POLISIE!!!!!!! SHAME ON YOU

david ·

Ek wonder of hierdie gevalle slegs tot die SAPD beperk is. Indien nie kom die vraag op oor soortgelyke gevalle onder Munisispale “polisie”/en verkeersbamptes .
Ek verwys spesifiek na die onlangse geval van Kymie Du Toit .’n jong dame wat deur Tshwane se verkeerspolisie gearresteer . en volgens video getuienis tydens die arrestsie ook aangerand was.
Al openbare inligting hieroor was dat die “saak ondersoek word”…
Daar was ook ‘n soortgelyke geval waar ‘n Unisa bejaarde professor aangekeer was.. Ook hier , was die foto van die verkeersman geneem….
Hoeveel getuienis het die owerhede dan nodig om hierdie mense te dissiplineer ?
Intussen heers daar net ‘n oorverdowende stilte uit owerheids kant.
Daar is ‘n uitdrukking in die reg wat lui (in Engels) “Justice must be seen to be done”
Waaroor swyg die owerhede?
Hoeveel ander soortgelyke gevalle is onder die mat in gevee..?

Pappa Beer ·

Amerika, Europa en nou selfs SA is vinnig om op die rassisme karretjie te spring oor die George Floyd storie. Een swart person se dood ontketting wereld wye “anti rassisme” bewegings en geweldadige oproere. Hoeveel blanke Boere word weekliks blatant vermoor gruwelik aangerand of beide slegs omdat hulle blank is? Waar is die wereld nuusmense dan?

Jaco ·

Is die 95% gevalle dalk gevalle waar die slagoffers van polisie brutaliteit daarvoor gesoek het om met brutaliteit behandel te word?
In Egipte en Zimbabwe is misdaad baie laer as in SA, want almal daar weet dat as hulle verkeerd doen en die polisie vind uit, dan gaan hulle seerkry. So amper almal in daardie lande hou by die reëls.
Ek dink meer van ‘n permanente “kultuur” van brutaliteit by ons polisie sal dus misdaad laat afneem.

Peet ·

Met ‘n 30% slaagsyfer is 5% vervolging vir die regering seker ‘n groot prestasie.

Dirk Mostert ·

Floyd Harris, wat al in die tronk was weens geweldsmisdaad, het nou martelaarstatus, ook plaaslik. Die ANC gooi klippe na Trump van agter ‘n glasdeur. Wereldwye betogings oor daardie knaap, dikwels gepaard met vandalism en plunder, wat deur Obama en ander wereldleiers goedgepraat en aangemoedig word, wys vir my dat die mensdom siek is. Sielsiek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.