Slegs 5% van vakante poste by Krugerwildtuin gevul

Argieffoto (Foto: Pete Ball/Pixabay)

Die Demokratiese Alliansie sê hy kan onthul dat SANParke in ʼn jaar slegs vyf van die vakante 87 wildbewaarderposte by die Krugerwildtuin gevul het.

Dié inligting is onthul in reaksie op ʼn parlementêre vraag van die DA verlede maand as ʼn opvolg op ʼn antwoord verlede jaar. In die vorige antwoord in Maart 2022 het die DA onthul dat die 87 poste vakant is en dat daar nie enige onmiddellike planne is om dit te vul nie.

“Die DA sê al jare lank dat dié poste ʼn beduidende bydrae sal lewer tot die stryd teen stropery van wilde diere, veral wat betref ons bedreigde renosters,” sê Dave Bryant, die DA se skaduminister oor bosbou, visserye en omgewingsake.

Die renosterbevolking van die Krugerwildtuin daal steeds as gevolg van internasionale sindikate wat horings na China smokkel.

“Dit is nou noodsaaklik dat meer fondse geprioritiseer moet word om die oorblywende 82 vakante wildbewaarderposte baie dringend te vul.”

Bryant sê daar kan nie meer enige verskoning wees om nie dié noodsaaklike poste te vul nie.

“Die ANC-regering kan nie voortgaan en die poste vakant laat terwyl Suid-Afrika se wilde renosters geslag word en die dele na China gestuur word nie. Die DA doen ʼn beroep op minister Barbara Creecy om seker te maak fondse word beskikbaar gemaak om die oorblywende 82 vakante poste by die Krugerwildtuin te vul.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ronél ·

Dus weereens geen geleenthede vir minderheidsgroepe……………….

Eugene ·

Buitelandse toeriste moet wegbly van die wildtuin af, want daar is sekere poste wat nie gevul is nie. Jou lewe is op die spel of dit word met opset gedoen om toeriste dood te maak.

Grassie ·

Eugene, buitelanders word uitgebuit. Ek het ‘n maand gelede my een seun, sy vrou en my kleinseun saamgeneem. Ons het gekamp. Omdat hulle Aussie burgers geword het moes ek vir vier dae verblyf meer as R5000 addisioneel opdok.

Grassie ·

Ek kom dikwels in die wildtuin en kan sien dat standaarde besig is om te daal. Daar is ook minder wild. Daar is wel om elke draai rooibokke, olifante, sebras en Fortuners maar die ander wildsoorte, soos swartwitpense, rooihartbeeste en koedoes, word skaarser. Indien hulle veldwagters aanstel wat nie ‘n hele paar van minderheidsgroepe insluit nie gaan renosterstropery drasties toeneem.

Schalk ·

Sluit aan by die orginisasies wat veg teen die nuwe werksplek rasse en geslag bepaling wat vevoordeling vir sekere groepe uitbuit en beveg dit saam met hulle bv. Solidariteit

Niklaas ·

Firmas in Gauteng word nou aangestel om in KNP , die gebou onderhoud , tuinwerk en ander instandhouding te onderneem. Blykbaar BEE werksverskaffing . Ek het dit uitgevind in Mbiyamiti kamp toe ek gaan kla oor die lang gras , onkruid en laaghangende takke wat teen kardakke skuur. Wat het dan geword van die vorige spanne van KNP personeel wat altyd daardie werk gedoen het ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.