Slegs 50% van kankerpasiënte oorleef by dié hospitaal

Argieffoto

Argieffoto

Slegs 50% van kankerpasiënte wat by Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal opgeneem word, oorleef, het ʼn dokter Sondag gesê.

Dokter Stellios Poyiadjis skryf dit daaraan toe dat mense gewoonlik nalaat om betyds vir mediese behandeling te gaan en gewoonlik eers behandeling soek wanneer hulle in die gevorderde stadium van die siekte is. Ma’s neem gemiddeld ongeveer 10 maande voordat hulle mediese bystand vir hul kinders soek.

Poyiadjis het by die hospitaal gepraat waar pres. Jacob Zuma se vrou, Bongi Ngema-Zuma, die kinders se onkologie-eenheid besoek het. Sy het toerusting en voorraad ter waarde van R100 000 aan die hospitaal geskenk wat haar stigting ingesamel het.

Ngema-Zuma het gesê dit gaan goed met die president. Hy is Saterdag in ʼn onbekende hospitaal in Pretoria opgeneem, glo vir ʼn roetine-ondersoek ná ʼn vermoeiende verkiesingsveldtog en oorgang na die nuwe administrasie. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê hulle verwag dat Zuma gistermiddag [Saterdag] of vandag ontslaan sal word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ekke ·

Hulle hoef nie bang te wees om te sê waar Mr. Zuma opgeneem is nie. Hy is so ongewild – niemand sal opdaag vir besoek of om kerse te brand voor die ingang nie…

Lekker gelag ·

Ekke het nou lekker gelag vir jou opmerking. Stem saam met jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.