Slegs 58% van stemme al getel

Skermskoot van die tellery om 06:00 op 3 November 2021 (58% van die stemme is reeds getel) (Skermgreep van die OVK-webwerf)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het teen Woensdag vroegoggend maar 58% van die stemme vir die 2021- munisipale verkiesing getel.

Die OVK, wat verwag het om teen Dinsdagaand reeds 90% van die stemme getel te hê, het dus nog ʼn hele ent om te gaan.

Die ANC het teen 06:00 landwyd voorgeloop met 46,42% van die stemme. Die Demokratiese Alliansie is tans stewig in die tweede plek met 22,25% terwyl die EFF reeds 10,09% steun ontvang het.

Die IFP en die VF Plus se steun staan tans onderskeidelik op 4,5% en 2,72%.

Só vorder die verskillende provinsies:

Gauteng

Persentasie stemme reeds getel: 48%

ANC – 37,39%

DA – 28,65%

EFF – 12,86%

KwaZulu-Natal

Persentasie stemme reeds getel: 46%

ANC – 42,16%

IVP – 24,81%

DA – 12,15%

Limpopo

Persentasie stemme reeds getel: 43%

ANC – 66,41%

EFF – 14,51%

DA – 6,77%

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Mpumalanga

Persentasie stemme reeds getel: 65%

ANC – 57,8%

EFF – 15,57%

DA – 13,67%

Noord-Kaap

Persentasie stemme reeds getel: 88%

ANC – 49,48%

DA – 21,41%

EFF – 9,05%

Noordwes

Persentasie stemme reeds getel: 49%

ANC – 54,49%

EFF – 16,01%

DA – 12,51%

Oos-Kaap

Persentasie stemme reeds getel: 74%

ANC – 65,53%

DA – 13,22%

EFF – 7,72%

(Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Vrystaat

Persentasie stemme reeds getel: 61%

ANC – 51,07%

DA – 13,38%

EFF – 7,83%

Wes-Kaap

Persentasie stemme reeds getel: 67%

DA – 53,44%

ANC – 19,29%

Ander – 8,59%

Klik hier om die OVK se tellery regstreeks te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

casper ·

Net so onbeholpe soos hulle base.
Wonder of die 30% wiskunde dalk ‘n rol speel in die stadige tellery!!

H.A. ·

En so vat cANCer maar weer 95% van die land se stemme ( vir die afgelope 26 jaar ). Ek het geen hoop meer oor vir die land, sal moet dood of trek.

Waarnemer ·

Duidelik het die DA nie hard genoeg gewerk in KZN,Limpopo,Vrystaat en Noordwes nie.Hierdie streke moes eintlik ook na ons toe gekom het.

Samuel ·

DA het hulself in die voet geskiet met hulle arrogansie. Dit is duidelik dat “our people” nie kan dink nie.

Frank John ·

Hier in Welkom het ek twee weke gelede vir die eerste keer van die kandidate op plakate gesien. Nie geweet hulle bestaan nie. Het hordes boodskappe op WApp gekry, email, tel. oproepe, you name it. Self na ek gestem het, het hul my steeds gebel. Ek moes nommers block om hul te stop. Ek weet nou dis die laaste sien van die blikkantien. Sal hul weer sien oor vyf jaar as ek nog nie huistoe is na my Pa se huis.

Marius ·

Ek is baie dankbaar ek bly in die Wes Kaap wat blou is. Dit is net ongelooflik dat mense nogsteeds gestem het vir partye wat nie n diens kan lewer nie. Die people hou seker daarvan om te bly in verval??

Keelvol ·

Wel, daar is sprake van koalisie met die ANC. So inderdaad het jy nou ANC gestem

007 ·

Gedink 90% is te goed om waar te wees. Ook het Sitole gesê daar sal geen voorvalle wees nie, en Cyril het ook gesê daar sal geen kragonderbreking s wees nie. Hahahaha wat n sirkus.

Nicolaas Hendrik ·

Die kaders stem maar ANC want dan kan ons voortgaan om te brand en vir niks te betaal nie

Pieter ·

90% doelwit. Bereik 58%. Beurtkrag bemoeilik stemtellery. Goeie geleenthede om die uitslae te kook en aan te pas. Alles onder die ANC is korrup.

Kompas ·

Kan nie glo die meeste stem weer vir ANC nie, net om weer te toi-toi, bande te brand en dan dieselfde tipe dienste te kry wat hul voor die verkiesing gekry het. Gaan my verstand te bowe.

piet ·

EFF nou die amptelike opposisie in 3 provinsies. Dis wat gebeur as jy jou stem gee vir ‘n baie klein nuttelose party dan verloor ‘n gematigde party soos die DA sy houvas en sit jy met radikale bewegings wat die septer swaai. Mpumalanga en Noordwes ‘n goeie voorbeeld. Skrikwekkend.

Keelvol ·

Nou hoekom wil die “magtige” DA dan n koalisie met die anc aangaan? Die nuttelose klein party het drie wyke van da afgevat. Dit sê alles van die da.

Jakes ·

Ja Piet, al 6 stemme op jou skrywe het jy seker self gegee.

Chris dupreez ·

Dit is maar die sosialiste, ons gee jou R350 n maand en jy bly vir ons stem,

Perdeby ·

Onthou tel was nog nooit een van hulle sterk punte gewees nie.

Papsak ·

Ja nou weer moet ons almal onder die anc se gemors gebuk gaan deur mense wat nie reg stem nie want hulle is te bang n witte vat weer die stoel so nou moet our people nie kla en huil as hulle nie dienste kry nie want hulle het nie ore nie maar vir die anc sal hulle stem so jammer die anc het weer in gekom sommer alle moed verloor

piet ·

Die wit kiesers is ook self verantwoordelik want hulle wil mos hul stem gee vir ander partye wat so klein is dat hul geen verskil kan maak nie. Maar hulle moet maar vir hulle kry. Gelukkig bly ek in die Kaap.

Grond ·

Die werklikheid is dat wit EN bruin kiesers (veral Afrikaans) nie meer die DA vertrou nie en met goeie redes.

piet ·

Wel, partye soos VF+, Good en whatever gaan NOOIT alleen kan regeer nie so jy stem vir ‘n party wat dalk een of twee verteenwoordigers in ‘n koalisieregering opneem en die klomp baklei onderling ondermekaar. Ons het gesien dat koalisieregerings oral ‘n flop was. Maar kry vir julle. Soos ek se, ek is bly ek is in die Kaap. Suffer maar.

Frans ·

Solank ‘apartheid’ lewendig gehou word en ‘n gerieflike sondebok bly waar agter weggekruip kan word om aandag van jou eie mislukkings af te lei en jy genoeg geld het om 17 miljoen mense van jou afhanklik te hou gaan dinge nie verbeter nie.
Eers wanneer al die ou ‘struggle ‘ geslag saam met die ANC en Apartheid in die verlede verdwyn sal dinge beter gaan.Mense sal dan net begin besef dat demokrasie harde en volgehoue eerlike werk vereis en nie die towerstokkie is waarmee politici mense aan hul neuse rond lei nie.

Anton ·

Duidelike bewys dat demokrasie nooit hier sal werk nie is dat 2 uit 3 mense in sommige provinsies dink dat die ANC vir hulle ‘n goeie regering is

Werner ·

Kan nie glo dat mense gedink het die uitslae gaan anders wees nie.Maar net n bewys dat demokrasie nie in SA kan werk nie.

Antoinette ·

Ek sien Malema het voorspel EFF gaan 65% van stemme kry. Ai ja. Wonder of die R1m + se Mercedes aan daai koning toe gehelp het.
Hulle het toe wel 1 of 2 wyke gewen. Nou sal hulle moet uithaal en wys – iets wat hulle tot dusver nerens gedoen het nie. Net moeilikheid gemaak.

Frank John ·

Hoeveel meer moet ANC nog verkeerd doen voor die mense sal besef hulle moet vir iemand anders stem as hul verandering wil sien. Is hulle nog nie moeg vir die leë beloftes nie? Hoeveel kanse moet ‘n mens hul gee? 27 jaar en hul kry nog nie reg om te regeer nie. Ander partye kry 5 jaar om te bewys dat hulle munisipaliteite beter kan bestuur.
Helen word aangerand as sy met stemmers praat. ANC se mense ry met bussies rond met die stem briewe by hulle en laat mense sommer by hul huise stem.
Skelmmmmmm…….

Jakes ·

Die rede hoekom die tellery so stadig gaan is omdat daar nie genoeg telrame beskikbaar is nie. Die stemme moet 10 keer oorgetel word en is nie een getal dieselfde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.