Slegs drie dae oor vir terugvoer oor gesondheidsregulasies

Argieffoto (Foto: StockSnap, Pixabay)

Die publiek het slegs drie dae oor om terugvoer in te dien oor die konsep-gesondheidsregulasies voor die openbaredeelname-proses op 5 Augustus tot ʼn einde kom.

Michele Clarke, die DA se skaduminister oor gesondheid, sê die Demokratiese Alliansie moedig almal aan om hul besware skriftelik in te dien deur WhatsApp (060 012 3456), per e-pos na [email protected] of op die webwerf by www.health.gov.za/public-comments-on-regulations.

“Die DA het al verskeie kere ʼn beroep op die gesondheidsminister dr. Joe Phaahla gedoen om die konsepregulasies te herroep. Dié drakoniese regulasies sal ʼn verreikende effek hê op ons Grondwetlike regte. Alle Covid-19-regulasies en -beperkings is reeds verwyder en die nasionale departement van gesondheid het ook onlangs toegegee dat die huidige variant dit nie regverdig om daagliks nog syfers deur te gee nie.”

Clarke sê die voorgestelde regulasies sal die parlement magtiging gee om, sonder die opsie dat dit teengestaan kan word en sonder enige oorsig:

  • ʼn pasiënt in kwarantyn te plaas indien die persoon positief toets vir Covid-19;
  • toetse en monsters af te dwing indien ʼn geval van Covid-19 bevestig word of selfs net vermoed word;
  • behandeling of verskaffing van siektevoorkoming af te dwing in die geval van ʼn positiewe Covid-19-toets. Tans is die enigste wettige siektevoorkoming vir Covid-19 die verskeie entstowwe wat deur Sahpra goedgekeur is; en
  • beuselagtige beperkings te plaas op byeenkomste en begrafnisse sonder dat wetenskaplike bewyse verskaf hoef te word. Dit sal ʼn negatiewe impak hê op klein ondernemings en die restaurant- en kuns-en-kultuurbedryf wat nog steeds nie ná die afsonderingsperiode herstel het nie.

“Die ANC-regering wil so veel as moontlik van sy dalende mag probeer konsolideer en die konsepregulasies is ʼn perfekte voorbeeld hiervan. Dit hou niks goeds in vir die Suid-Afrikaans publiek of ekonomie nie indien dié regulasies deur die minister met ʼn stoomroller deurgedwing word nie.”

Die DA het ook sy kommer uitgespreek oor die openbaredeelname-proses. “In die belang van deursigtigheid en aanspreeklikheid het die DA ʼn oudit versoek van die proses en alle insette wat gelewer is. Die ANC-regering het al te veel keer die openbaredeelname-proses bloot gebruik om ʼn boksie af te merk en gegewe senior personeel by die departement van gesondheid se uitlatings oor insette wat die regulasies teenstaan, sal die DA alles in ons vermoë doen om seker te maak dat geen burger ondermyn word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frank John ·

ANC mafia beweeging moet uit. ‘n koalisie-regering kan beter werk waar almal in hul spoor moet trap en almal waghond is oor almal sodat niemand kan maak soos hy wil nie. Molema is van Zimbabwe, hy moet sy pie vat en waai hy het klaar sy land opgeneuk en wil dit hier ook doen, so hy moet uit. Al die wat omgee vir Suid Afrika moet besluite help neem. Nie die wat net daar is vir eie gewin om hul sakke te vul nie.

Christine ·

Dis nie hoe Afrika werk nie. Hierdie vasteland word beheer deur die magtigste en wreedste mense wat gierig en harteloos is en wat geen morele standaarde het nie, wat niks voel vir die mense nie.

Paul ·

Ek dink nie jy verstaan hoe Africa tribalism werk nie ou vriend….

Yolandie ·

Magsvergrype op ‘n groot skaal deur die kommuniste wat ons land regeer. Ek bid vir ons land en sy mense.

Robert ·

Die terugvoer vorm maak nie voorsiening om dit in sy totaliteit te verwerp nie, mens moet heel dag sit en invul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.