Slegs een week oor vir belastingopgawes

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Donderdag gewaarsku daar is nog net sewe dae oor vir individue om hul persoonlike belastingopgawes te voltooi.

Die laaste datum vir indiening is Woensdag 31 Oktober.

Janine Mqulwana, woordvoerder van die SAID, het gesê die SAID sal Saterdag (27 Oktober) tussen 08:00 en 13:00 ook beskikbaar wees om belastingbetalers via hul inbelsentrum by te staan met hul opgawes.

“eFiling is 24 uur per dag, sewe dae per week beskikbaar. Belastingbetalers word aangemoedig om aanlyn te gaan om die rye te vermy.”

Mqulwana het ook interessante statistieke bekendgemaak oor eFiling. Tot op hede het die stelsel sowat 25 000 indienings per dag hanteer, maar kan tot 150 000 hanteer in die lig van die indienings wat na verwagting sal toeneem nader aan die indiendatum.

“In een stadium vandeesweek het 20 000 belastingbetalers op presies dieselfde tyd by ons stelsels aangemeld.”

Opgawes word op dieselfde dag wat dit ingedien word, geassesseer.

Mqulwana het ook gewaarsku dat administratiewe boetes tussen R200 en R15 000 opgelê sal word vir opgawes wat laat ingedien word, ná 1 November.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Posduif ·

En gaan hulle my geldjie wat ek op hoop om terug te kry ook so spoedig doen. Of kan ek ook boete rente hef….

Bulldog ·

Ek wag al 3 maande vir my geld van SARS af, my belasting 20 Julie 2018 ingedien

Paul ·

Wie gee om, waarom dit vir my vertel? SARS dan e-posse gestuur dat die biesies bewe om mense daaraan te herinner, want hulle het groot moeilikheid.

Johann ·

Maak gou maak gou, bring daai geld! Ons sakke is diep en die pelle baie! Dis nou al daai konsuktante en legal fees en IT stelsels wat nie gebruik word nie en almal wat met full pay by due huis sit raak ongeduldig…. BETAAL BETAAL BETAAL!!!!!

Foxi ·

Sewe dae oor!!!!!Julle dreig man. En ons moet nou NOG sewe maande wag vir wat julle ons skuld! Sluheid is julle taal SARS…..

Mel ·

Ouvrou…log in op jou Efiling profiel. Die maatskappy waarvoor jy werk het hopelik goeie stelsel…soos Pastel…en sal jou IRP5 reeds op jou profiel gelaai wees. Gaan loer net, dalk is jy gelukkig.

Tammy ·

Nou waar is die geld wat julle my skuld????? Toe toe, ruk julle reg en betaal. Ek wil ook 10% rente he. Swak, treurig skrik bietjie wakker SAID!!!!!!! Julle dreig ander mense wat julle skuld, tyd dat die wat vir julle wag om te betaal ook regstappe doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.