‘Slegs Engels in howe, regsberoep’ teengestaan

hof-hamer

Argieffoto

“Die konseptaalbeleid van die Regspraktisynsraad poog om die gebruik van amptelike tale in die werksaamhede van dié raad so te reguleer dat dit die reg op van vryheid van taal ondermyn.”

Solidariteit se Regsgilde het Dinsdag aangekondig dat hy kommentaar ingedien het in reaksie op die publisering van die konseptaalbeleid deur die Regspraktisynsraad. Dit volg na die Regspraktisynsraad se onlangse pogings om Engels as uitsluitlike taal in die regsberoep te bevorder deur die afskaffing van die taalbeleid en die implementering van slegs Engelse toelatingseksamens vir prokureurs in 2019, sonder dat behoorlike prosesse rakende die veranderings gevolg is.

Die Regsgilde en die Vereniging van Regslui vir Afrikaans het die eensydige proses gestuit deur ’n hofaansoek te bring wat die Regspraktisynsraad dwing om die korrekte prosedure te volg en kommentaar rakende die aangeleentheid te aanvaar.

Volgens Henru Krüger, sektorhoof van die Regsgilde, noem die gilde dit in sy kommentaar dat alhoewel die konseptaalbeleid melding maak van die bevordering van veeltaligheid, stel die beleid dit ook prontuit dat die Regspraktisynsraad slegs Engels as taal van administrasie sal aanvaar.

“Die grootste tekortkoming met die konseptaalbeleid van die Regspraktisynsraad is die feit dat dit nie deur ’n behoorlike taaloudit voorafgegaan is nie, en dat dit gegrond is op die wanopvatting dat Engels oorheersend gebruik word in die howe en in die sakewêreld terwyl slegs 9,6% van Suid-Afrikaners in werklikheid Engels as huistaal praat.”

Volgens die Grondwet het regspraktisyns die reg om hul firmas te vestig op wyses wat vir hulle voordelig is en dit is ook noodsaaklik vir praktisyns om hul onderskeie gemeenskappe te kan dien in die taal van hul keuse.

“Dit is uiters kommerwekkend dat die Regspraktisynsraad hul tentakels tot so ’n mate laat uitbrei dat hulle toenemend sentrale beheer in die regsberoep wil toepas. Hierdie optrede sal nie geduld word nie en ons sal deurentyd optree in die beste belang van ons lede binne die regsberoep,” het Krüger gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sonia ·

Afrikaans sal staan teen elke aanslag, vat dit of los dit maar ons sal nie die knie buig voor hulle wat ons taal wil uitwerk en vernietig nie! Dankie Solidariteit! Staan sterk vir ons taal!

Louwrens ·

Weier om Engels te praat. Maak beswaar teen tolk se swak vertolkings.

Michael ·

Snaaks hoe beskuldigdes in die hof skielik nie kan Engels praat nie.

Jakes ·

Sorg dan ab dat alle regslui in die hof engels kan praat en verstaan. Veral tolke, aanklaers en voortsittende beamptes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.