Slegs Engelse liedjies glo by US-koshuis toegelaat

stellenbosch

Die Universiteit Stellenbosch.

Die Universiteit Stellenbosch (US) moet wéér vure rakende die gebruik van Afrikaans by dié instelling doodslaan. Dít ná mediaberigte dat ’n manskoor wat die vrouekoshuis Minerva verlede week met ligte liedjies wou vermaak, glo vriendelik versoek is om niks in Afrikaans te sing nie.

’n Onbekende huiskomiteelid (HK-lid) het glo versoek dat daar net Engelse liedjies gesing word.

Martin Viljoen, US-woordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê die universiteit is Maandag oor die versoek ingelig.

“Die [universiteit] sal nou met die studenteleierskap van Minerva in gesprek tree om te probeer verstaan waarom hierdie opmerkings deur ’n studenteleier gemaak is.”

Viljoen sê uit die inligting tans beskikbaar dra die voorval allermins by om “in die gees van andersins opbouende gesprekke met studenteleiers en koshuise by ’n gedeelde begrip van die Taalbeleid 2016 uit te kom”.

“In die belang van deursigtigheid en goeie bestuur het die US verlede week besluit om ’n onafhanklike ondersoek na die gebruik van taal in koshuise en sosiale ruimtes van stapel te stuur.”

Maroela Media het verlede week berig die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) gaan ondersoek instel by die US ná klagtes dat studente nie toegelaat word om in verskillende tale te kommunikeer nie.

Die kommissie het gesê die klagtes hou spesifiek verband met die gebruik van Afrikaans. Die kommissie sê daar is glo ’n beperking geplaas op die gebruik van Afrikaans in privaat ruimtes, waaronder koshuise, slaapkamers, op digitale platforms soos WhatsApp en selfs op parkbanke voor die studentekoshuise.

Die VF Plus het intussen in reaksie op die jongste mediaberigte tong-in-die-kies voorgestel dat studente volgende keer uit die FAK-sangbundel sing.

“In die jongste FAK-sangbundel is wonderlike liedjies en die VF Plus is seker die koor sou dit graag wou instudeer om die vroue van Minerva en ander vrouekoshuise met ʼn volgende geleentheid daarmee te vermaak,” sê dr. Corné Mulder, VF Plus-LP en provinsiale leier in die Wes-Kaap.

Volgens Mulder is dit duidelik dat sommige studente die US se stilswye oor die “verdrukking van Afrikaans” as toestemming sien om dit openlik op die kampus verder te voer.

“Geen brug kan tussen studente op hierdie wyse gebou word nie en ʼn hartlike FAK-saamsing-geselligheid sal waarskynlik veel meer bydra tot kulturele samehorigheid onder studente as wat die US se huidige taalbeleid doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Misky ·

Mens sou dink dat die US uit die kollig sou wou kom na alles wat die laaste paar weke gebeur het, maar nee. Ek dink hulle is nou aspris en wil wraggies die engels in almal se kele afdwing

Wakkerslaper ·

As ek ‘n student by daai sêrrie was sou ek sommer Die Stem van Suid Afrika (en nog ‘n paar volksliedjies) uit volle bors begin sing het!

Aikie ·

Die Engelse het op hulle tyd ook probeer om Afrikaans dood te druk deur die kinders op skool te forseer om Engels te praat. Dit was gedoen met powere welslae en hier probeer ons ANC kaders dit weer. Gaan leer liewers uit die geskiedenis voor jy irrasionele besluite probeer deurvoer.
Indien jou geskiedkundige kennis so power is dat jy dink Jan van Riebeeck het twee duisend jaar gelede in die Kaap geland, wend jou tot Google, of my vrou. Hulle weet alles.

koos10 ·

Ek wil net ‘n vergelyking tref van geskiedenis wat ons nie moet vergeet nie.
Die ou SA het ook Afrikaans op leerders afgedwing en dit het ook nie goed geeindig nie. Jy speel nie met mense se moedertaal nie. Die geskiedenis in hierdie land wys dit duidelik.

Wakkerslaper ·

Ek dink jy (of dalk ek…?) maak ‘n groot fout – die ou SA regering het skoliere gedwing om Afrikaans as taal te LEER praat. Net soos ek ook maar geding was om Engels as skoolvak te neem. Hulle is nie gedwing om slegs Afrikaans te praat op skool of in die openbaar nie, of om slegs in Afrikaans klas te loop nie.

Elize ·

Het die studenteleier nie ‘n naam nie? As mens so ‘n belangrike pos by ‘n gesogte Universiteit beklee is jy mos nie skaam nie??

jzjz05 ·

Sê sy naam ,of is hy een van daardie wat gestuur is om afrikaans af te breek.

Sonia ·

en ook behoort jy nie om te gee dat jou naam bekend gemaak word nie

gatgogga ·

Afrikaans is. Maar daar is dertien – wat nie prakties is nie.
Daar is tydens CODESA op dertien besluit – en ons moet maar self later die onmoontlikheid uitsort.

Irma ·

Dit gaan my verstand te bowe dat die Afrikaanssprekende studente nie standpunt inneem teen hierdie viktimisasie van hierdie sogenaamde studenteleiers nie. Het die Afrikaanse studente nou maar net boedel oorgegee en besluit dat hulle maar gaan toelaat dat die studenteleiers hulle kan aanhou boelie. ?

koos10 ·

Irma, die Afrikaner het nog sy hele geskiedenis lank terug gestaan en konfilk vermy, MAAR net tot ‘n punt, en dan was daar gewoonlik groot moeilikheid. Ongelukkig het almal van sowat 50 jaar en ouer gesien wat oorlog doen, en wil dit ten alle koste vermy. Ek dink dit sal nog so aangaan vir hierdie generasie, en dan sal een van twee dinge gebeur. Hier gaan geen meer Afrikaners wees nie of hulle gaan terug baklei.

Sonia ·

ek dink as jy dié storie van die begin gevolg het sal jy weet dat die Afrikaanse studente juis opgestaan het en steeds opstaan vir hulle reg. – dis tog sekerlik hoekom die pertalje in die nuus is nie waar nie?!

Mieke ·

Wat??? Wil hulle nou mens se musiek voorkeur ook inperk?? Kinderagtig nie-normaal!!

Irma ·

Ja Mieke dit wil vir my voorkom asof die “studenteleiers” van die Universiteit Stellenbosch se koppies raas, want dit is soos jy se hoe hulle hierdie taalkwessie hanteer is nie normaal nie.

jzjz05 ·

In die begin van die 1920 jare was my pa een wat opskool in die hoek moes staan met n bord om sy nek waarop daar donkie gestaan het omdat hy afrikaans gepraat het.hy het dit nooit in sy lewe vergeet nie. Nou lyk my ons is weer oppad daarna toe.

Thelsa ·

Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat daar nuwe beleid op pad is waar jy slegs Engelse teksboodskappe mag ontvang en stuur asook dat jy slegs in Engels mag droom snags.

Keelvol ·

Nou hoekom studeer die Afrikaans sprekendes nog daar by Stellenbosch? Dis duidelik hulle soek nie ons mense daar nie en diskrimineer teen ons mense se grondregtelike regte. Ek sal nooit my voete op Stellenbosch sit nie

Pieter ·

Sovêr ek weet word Afrikaans derde meeste gepraat in Suid Afrika en Engels vyfde. So hierdie onderdrukking van Afrikaans is net n verregaande onregverdigbare aanslag op Afrikaans as taal.

Wakkerslaper ·

Die teiken is nie Afrikaans so seer nie … Die ware teiken is die Afrikaner (Boere) as volk. Hierdie is net ‘n poging om NOG ‘n Afrikaner instansie wat deur Afrikaners se bloed en sweet opgebou is te vernietig…

Dup ·

Dit gaan nie soseer oor die US as oor die sogenaamde “studenteleiers” nie.Ons weet almal wie hulle is.Dit is wat op voetsoolvlak gebeur wat saakmaak.Afrikaans word as taal van die “onderdrukker” beskou deur hierdie “leiers” en niks anders nie.

Dries ·

Die Afrikaner is die mees gehate volk op aarde. Ons kan maar net op ons kniee bly voor ons Hemelse Vader. Nie net ons taal is onder skoot nie. Ook ons geloof en menswees

Spook ·

Ai, die studente daar op die Victoria College darem. Volledig gerekolonialiseerd al weer.

Blikkies ·

Daai HK lid moet homself wys en nie nou wegkruip nie. As hy so sterk daaroor voel se ons wat is jou naam en wys ons hoe lyk jy…. Ek sal Afrikaans praat en sing net waar ek wil, wat gaan hulle maak, dan moet hulle alle tale verban.

Jannie van Niekerk ·

Dis een van daai kort dikgat met die rooi beret se trawante. Hulle is vrekbang vir die Afrikaanse mense.

Blikkies ·

Ek kan nie glo net om Polities reg te wees dat so ‘n enorme instituut soos US hulle self laat gevangene hou deur slegs ‘n paar sleg 30% ters van ‘our People’ nie, en/of dalk nog glad nie studente is nie….Ek is seker die meerdereheid studente dink dit is ‘n klomp nonsens en is net daar om te studeer.

Jannie van Niekerk ·

Ek gee jou ‘n brief huistoe dat dit die Everthing Fail Forever is wat agter alles sit.

Gert ·

Die leier het hulle vriendelik versoek om nie Afrikaans te sing nie hoekom is hy nie vriendelik in sy maai gestuur nie?

JohanR ·

Die studente moet nou heel dag rondloop en Ver in die Ou Kalahari, Ou Ryperd, Jan Pierewiet, Sarie Marais en al Kurt Darren se liedjies sing, net om almal die hel in te maak…..lekker!

Misky ·

Lekker lag ek vir jou JohanR en sing sommer saam vanuit Durban net omdat ons kan!!!

Jacobus ·

Mens wonder (soos Biden) wie die poppemeester(s) is. Wat my waarnemings my toe lei is dat daardie sg instelling deur ‘n span invertibrata aangevoer word. Dit voorspel niks goed vir die universiteit.

Loveleh ·

Genade as hulle nie rassisme beveg nie, is dit taaldiskriminasie. Ek weet vir ‘n feit dat die Grondwet sê, dat elke persoon die reg het om in sy/haar Moedertaal onderrig te word. Indien studente se sosiale media nagegaan word en privaat gesprekke afgeluister word, is dit ‘n skending van hul menseregte. So bring die liewe HK-lid, sodat ons ‘n ordentlike Afrikaanse gesprek kan hê oor sy opinie en uitgesprokenheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.