Slegs matriek nodig vir pos van provinsiale hoof van misdaadintelligensie

Argieffoto

Argieffoto

Die minimum akademiese vereiste vir die pos van provinsiale hoof van misdaadintelligensie is slegs tot ‘n matrieksertifikaat verlaag, het Solidariteit Donderdag gesê.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) adverteer tans die poste van provinsiale hoofde van misdaadintelligensie (op die vlak van generaal-majoor) in vyf provinsies met slegs ʼn matrieksertifikaat as die nodige akademiese vereiste.

Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê die poste van die provinsiale hoof van misdaadintelligensie in die Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Noord-Kaap en Noordwes word tans geadverteer. Die vergoedingspakket vir die poste is R951 699 per jaar. “Die poste is einde verlede jaar ook geadverteer en toe is ʼn akademiese kwalifikasie op NKR-vlak 6, naamlik ʼn nasionale diploma, of op NKR-vlak 7, naamlik ʼn graad, die minimum vereiste,” het Groenewald gesê. “Die poste word egter nou weer geadverteer en ʼn kwalifikasie op NKR-vlak 4, naamlik ʼn matrieksertifikaat, is nou die enigste akademiese vereiste. Nasionale Instruksie 4/2010, ’n amptelike polisiedokument wat die aanstellings van brigadier tot luitenant-generaal reguleer, stel dit duidelik dat persone wat vir aanstelling op dié vlakke oorweeg word, minstens ’n kwalifikasie op NQF-vlak 6 moet hê.”

Volgens Groenewald is dit duidelik dat misdaadintelligensie in hierdie stadium en te midde van bewerings van korrupsie en ʼn gebrek aan bevoegde leierskap nie optimaal funksioneer nie. “Dit is van die uiterste belang dat gekwalifiseerde en bevoegde persone aangestel word. Die verlaging van die nodige akademiese kwalifikasies help nie om die tendens reg te stel nie. Dit is verder ongehoord dat ondergeskikte offisiere oor hoër kwalifikasies as hul seniors moet beskik.”

Groenewald sê Solidariteit het die minister van polisie en die nasionale polisiehoof versoek om die advertensies terug te trek en die poste weer te adverteer met voldoening aan Nasionale Instruksie 4/2010. “Ons het verder versoek dat die SAPD redes moet verskaf oor waarom daar van die Nasionale Instruksie afgewyk is en moet verduidelik aan watter Instruksie of beleid die advertensies nou voldoen om hierdie afwyking te regverdig en dit wettig te maak. Die minister van polisie het in 2011 in antwoord op ʼn parlementêre vraag bevestig dat senior aanstellings deur Nasionale Instruksie 4/2010 gereguleer word. Daar moet dus verduidelik word hoekom dit nie in hierdie geval geld nie.”

Solidariteit het die gemelde dokumente in besit en dit is op aanvraag beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eben ·

Julle is bekommerd oor die vakante betrekking wat ‘slegs matriek’ sertifikaat vereis ….. Wat is die vereistes om prez te wees in Suid Aapland? Ek bedoel wat is zumie se kwalifikasies? …. Malema …. en so kan ons aangaan!

Ja nee ek stem Dirk dis n skande … en dankie skud die duiwe hok dat ons kan sien wie peul waar uit!

Slim Daan ·

Riah Phiyega : SAPD ondervinding >>>>>>>> O ( Spaza shop ge-run. )
Trobbels Mc Bride : SAPD of veiligheids-bedrewenheid>>>>>>>> O ( bomme plant ja. )
Nathi Mthethwa : Sertifikaatjie bekom vir iets in die mynwese. Ondervinding>>>>>>>>>> O.
Etc
Etc
Etc.

Jasper ·

Kwalifikasies speel nie n rol waar skaapwagters wolwe is nie. Solank jy net jou swartbelt in korrupsie en dalk n 3de Dan in ernstige misdaad het, is jou pad oop. O ja, jy mag ook nie blank wees nie.

Kobus ·

Niks kan meer die hande van verbasing inmekaarslaan met hierdie regering aan die bewind nie.

Slim Daan ·

Oorgekwalifiseerd Leoni.
Sien. Soos ander manne moet jy kan bewys jy’t jou matrieksertifikaat op die Kaapse parade gekoop.
Of bewys lewer jy beskik oor die vermoe om n P-simbool na n B daarop te verander.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.