Slegs roetinebesoek vir Zuma

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma is glo net vir ʼn roetine-ondersoek in die hospitaal opgeneem, het die ANC Sondag bevestig.

Zuma (72) is Saterdag in ʼn hospitaal in Pretoria opgeneem met die opdrag dat hy moet rus ná ʼn veeleisende verkiesingsveldtog en oorgang na die nuwe administrasie, het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, gesê. Hy wou nie bekend maak in watter hospitaal Zuma opgeneem is nie.

Die ANC-leierskap het Vrydag aanbeveel dat Zuma moet rus. Adjunkpresident Cyril Ramaphosa en Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die party, het dit beaam.

Dit is Zuma se tweede termyn as president.

Mantashe het gesê dit is net ʼn roetinebesoek vir Zuma. “Ons het gehoor hy sal gistermiddag [Saterdag] of vandag ontslaan word,” het hy gesê. “Ons verwag dat hy nog sal rus.”

Mantashe het Sondag bevestig dat die ANC-leierspan een vir een ʼn blaaskans sal neem. Hy was self reeds nege dae lank met vakansie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Blanke Vrou ·

Hoekom die hospitaal se naam weerhou, ek hoop dit was by Steve Biko sodat hy eerstehands kan ervaar wat die haglike toestand aldaar is. Wat sou hom tog so uitgeput laat? Alles word vir hom gedoen, selfs sy toesprakies word vir hom geskryf, terwyl hy sukkel-sukkel, middelvinger kort-kort besig om bril op te skuif, die toesprake voorlees. Nee wat Zuma, ek het ‘n sterk vermoede jou vrouens en kinders het jou uitputting veroorsaak.

alet ·

Ek het ook rus nodig watter hosp beveel. Oom Mac vir my aan ek wil gepla word nie

Jasper ·

Ek het n idee sy meesters is besig om hom kantlyn toe te werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.