ʼn Vlieënier het Vrydag ongedeerd daarvan afgekom nadat hy ʼn noodlanding in Limpopo moes uitvoer.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is teen 12:15 deur boere van die Letsitele-omgewing, oos van Tzaneen, ontbied nadat die ligte vliegtuig ʼn noodlanding op die R529 gemaak het.
“Met paramedici se aankoms op die toneel is die vliegtuig se wrak aan die kant van die pad teen ʼn telefoonpaal aangetref. Die vlieënier het op die toneel rondgeloop,” het Meiring gesê.
Paramedici het die man ondersoek en bevind dat hy slegs ʼn klein sny aan sy duim opgedoen het.
Volgens Meiring moes die vlieënier glo ʼn noodlanding uitvoer nadat die vliegtuig krag verloor het. Beamptes was op die toneel om nadere ondersoek in te stel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Enige landing waarvan jy kan wegloop is ‘n goeie landing.
Ja Pilot ek 100% saam.
Jy moet in ag neem die krag onder die vlerke van ‘n crop sprayer. As jy meer daarvan wil weet gesels met my oor die Piper Pawnee.
Knap gedaan meneer die loods!Bly u is ongedeerd!