‘Slegte nuus by petrolpompe wag’

Argieffoto

Ná die onlangse welkome dalings in brandstofpryse lyk die prentjie vir Maart baie minder rooskleurig.

Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) sê op grond van die ongeouditeerde brandstofprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds vir die eerste twee weke van Februarie uitgereik is, gaan ʼn styging in internasionale petroleumpryse ʼn negatiewe invloed op brandstofpryse uitoefen.

“Olie het vir die grootste deel van Januarie binne ʼn baie klein marge verhandel, maar sedert die begin van Februarie sien ons ʼn deurlopende styging,” het die AA gesê. “Veral in die afgelope week het hierdie tendens verskerp.”

Die swakker prestasie van die rand teenoor die dollar vertroebel die prentjie nog meer. “Die rand het van 1 Februarie van R13,20 teenoor die dollar gedaal tot R14,12 teenoor die dollar op 14 Februarie. Dit is nie goeie nuus vir brandstofverbruikers nie, veral nie wanneer die oliepryse ook styg nie.”

Die AA voorspel dat petrol in Maart met sowat 43c per liter sal styg, terwyl diesel na verwagting 62c per liter meer sal kos. Die prys van paraffien sal na verwagting met 47c styg.

“Indien die tendense in die oliepryse en die rand se prestasie nie stabiliseer nie, kan die prentjie nog donkerder raak voor die einde van die maand. Ons raai motoriste aan om ʼn verhoging in brandstofpryse by hul begrotings in te reken vir volgende maand.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Onnie ·

Ek het verwag dat die petrolprys weer sal styg. Want elke keer as hy daal kom haal hulle jou weer in met n klomp stygings. Dan is dit asof die prys nooit gedaal het nie.

Ig ·

Hier gaan ons alweer, Eskom kort geld. Die prys sal n maand voor verkiesing weer afkom

Pieter ·

Geluk Eskom! Daar is baie faktore wat’n rol speel, maar julle het beleggersvertroue ‘n deeglike knou toegedien met jul beurtkrag, wat ook die rand goed laat tuimel het. Iewers sal daar nog verantwoording gedoen moet word!

Johnnie ·

Hier kom dit hulle soek geld vir die ANC se verkiesing, geld vir Eskom, geld vir SAA, en sommer nog genoeg om in hulle gatsakke te sit voor hulle uitgevang word vir korrupsie.
die taxi bedryf sê ook niks nie want hulle word gesubsideer deur die regering vir brandstof, so hoekom sal dit hulle pla.

riana ·

Nou moet ons betaal vir Eskom en almal wat korrup is. Is dit regverdig.

Diefie ·

Watter gemors wil hierdie regering vir ons op dis! Maak nie saak as die rand styg of daal, en die olie prys speel soos ‘n ping pong balletjie, sal hulle ons suig. Dan styg die motorlisensies ook die jaar. Ons betaal mos vir die gatte in die patte.

kat ·

nou sal ek eers se vir eskom base vat julle goed en trek terug na waar julle vandaan kom dis julle en guptas en zumas en die ander wat die staadskas leeg lute en ons publiek is nou gat vol tyd laat julle gaan en verder bier suip want julle weet niks van besigheid af nie kan net lute

Henk ·

Die AA lieg nes die ANC politici. Nie n week terug nie, is dit gerapporteer in die media dat petronet biljoene se verliese ly. En petronet is geskiedkundig een van die hoof rolspelers waar daar multi biljoene se onregmatige besteding aangeteken word in verkiesingstye. So ons kan seker maar self tot die gevolgtrekking kom waar die geld heen gaan

Nettie ·

Ek het raad vir jul almal wat so kla oor die petrol prys – kry maar vir julle donkies of perde en gelyknamige karre en probeer dáármee gemiddeld 162 uur per jaar (soos die Kapenaars) in stedelike verkeer vassit en route van huis tot werk en vice versa.

Judge Dredd ·

162/365 = 27minute/dag – klink glad nie te sleg vir my.

Gatvol ·

Dis ons eie blankes se skuld dat ons sit waar ons sit. Maar ons sal aanhou stem vir hulle ongeag dat ons wel n wit party kan he in die parlement. Die watnooit gedink het hulle sal opkom vir n witman maak hulle n groot fout. Stem DA en kyk wat gebeur met ons oor n paar jaar.

Cherokee ·

Jy’r kompleet reg Gatvol! Ek is bly jy wys dit uit. Stem DA en ‘oor ‘n paar jaar’ is ons in nòg ‘n dièper gat as nou! Afrikaans sal heeltemal van die map af verdwyn, regstellende aksie sal fermer afmetings neem en die enigste afleiding sal wees om te lees van die komiese gevegte in die DA.

Johanna Botha ·

Krag wat afgaan petrol prys op riool in die straat moord en doodslag ….SA se mense probeer net oorleef en leef nie meer nie ….dankie fw

Mariana ·

En so styg als weer, maar ook net vir die groot meerderheid van ons want sommiges lewe mos darem so te sê verniet. Brandstof vir president en ministers se voertuie kom mos darem uit ons beursies. Hulle lewe soos verdomde konings terwyl ander opdok. Beurtkrag is seker ook nie op hulle van toepassing nie want hulle kan mos bekostig om alternatiewe bronne te kry vir als. So kan ons opnoem en elke dag raak die lewe moeiliker en ons armer en hulle weet ook dat ons niks daaraan kan en gaan doen nie, want belasting is mos verpligtend……..vir sommiges. Vir ander is dit makliker, klim net op die trein wat oppas is na sal nie, hoef nie, weier volstrek, gratis of ons brand als af – stasie. Suid-Afrika is darem nou lekker opgeneuk hoor. Baie dankie aan die ANC.

Jack Klok ·

Die styging in pryse insluitend die van brandstof, elektrisiteit, voedsel ens, die verswakking van die Rand, gebrek aan beleggersverstroue, ontsaglik hoë werkloosheid ens ens is alles te wyte aan swak regering, uiters swak regering, verouderde ideologieë, gebrek aan institusionele kapasiteit, korrupsie. Hoe kan ons dit regstel? Ons kan nie want die mense war verstaan is baie minder as die mense wat die ANC se liegstories glo. Daar is egter een ding wat die ANC gaan vernietig: die geld het opgedroog. ANC steun is gebaseer op leuns maar ook op omkopery met welsynstoelaes, “gratis” behuising, water, elektrisiteit, hoë salarisse virstaatsamptenare, diskriminasie teen blankes, grondgrypplanne, alles goed wat die ekonomie verder gaan verrinneweer. Geen regering kan staande bly as die ekonomie ingeplof het nie.

Chris Ws ·

Die AA se prysverhogings skatting is baie konserwatief.Maak klaar vir ‘n baie groter brandstof prysstyging as dit wat die AA voorspel.En die helfte van daai verhoging is te danke aan die president van hierdie sinkende skippie!

Abe ·

Schalk,
Ek weet darrem nie of mens die media kan blameer vir die petrolprys nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.