Slegte nuus vir diesel-motoriste

Argieffoto

Argieffoto

Motoriste kan vanaf volgende week ʼn geringe verandering in die petrolprys te wagte wees, maar dieselpryse gaan meer beduidend styg.

Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat die prys van 93-oktaan petrol effens sal daal met 2c/liter terwyl die prys van 95-oktaan petrol met 4c/liter sal styg. Diesel se prys sal met tussen 51c en 53c/liter styg.

“Die hoofredes vir die brandstofprysaanpassing is die verswakking van die rand teen die Amerikaanse dollar, wat ʼn negatiewe impak op petrolpryse gehad het, asook die effense vermindering van die prys van ru-olie in September in vergelyking met Augustus,” het die departement gesê.

Die prys van paraffien sal met 67c/liter styg, terwyl die prys van vloeibare petroleumgas met 11c/kg sal styg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Winston ·

En gaan kyk ons buurlande Namibië en Botswana se brandstof pryse bly dieselfde. Iewers kort alweer geld waarvoor ons moet hoes! Pragtig van ons puik regering.

Pieter V ·

Dis nie snaaks nie,. hulle kort fonse vir die e`tol projek wat van die begin af n flop was, hoe is dit moontlik dat diesel wat ook van ru olie vervaardig word met vyftig sent styg, die ouens wat die pryse bepaal werk vir die ANC.

Peet Schabort ·

Dankie Zuma vir julle bestuur van die land. Dis negatiewe groei, doet zoo voort.

Boervrou ·

Natuurlik sal die prys van diesel opgaan……..Dit raak mos nou weer plant tyd vir die boere :(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.