Slegte nuus vir kragverbruikers

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Eskom het Woensdagoggend aangekondig dat fase 2-beurtkrag van Woensdag 05:00 aaneenlopend tot Vrydag 05:00 toegepas sal word.

Dit volg nadat die kragvoorsiener aanvanklik gesê het dat beurtkrag Woensdag en Donderdag tussen 17:00 – 05:00 sal voortduur en Vrydag om 05:00 opgeskort sal word.

“Die rede vir die verlenging van beurtkrag is omdat daar bykomende eenhede gebreek het en ook oor die volgehoue tekort aan opwekkingskapasiteit. Die tekort word veroorsaak deur die vertraging om drie opwekkingseenhede by die Camden-kragstasie en twee opwekkingseenhede by die Tutuka-kragstasie te herstel,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Verder het ʼn opwekkingseenheid by Medupi, Matla, Kendal en Komati gedurende die nag ook die gees gegee en altesaam 240 MW se kragtoevoer van Mosambiek is ook nog boonop onderbreek.

Drie opwekkingseenhede by Matla, Grootvlei en Camden is weer in werking gestel.

“Ons het tans 5 379 MW op beplande instandhouding en 14 827 MW is nie beskikbaar nie weens onbeplande kragonderbrekings.

Eskom waarsku dat enige verdere probleme op die kragopwekkingseenhede dit sal noodsaak om beurtkrag te verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

ES ·

Dit moes nooit tot op hierdie punt gekom het nie. Selfs in ander onderontwikkelde lande is daar nie beurtkrag nie (behlwe natuurlik Zim). Die ergste van als is dat dit nie beter gaan word nie, dis elke jaar erger.

Prikkie ·

Waar is die jare dat Eskom werknemers tweekeer per jaar bonusse ontvang het. Ek wonder nou waarvoor.

Prikkie ·

Waar is die jare wat Eskom werknemers twee keer per jaar bonusse ontvang het?. Ek wonder nou waarvoor.

Prikkie ·

Waar is die jare wat Eskom werknemers twee keer per jaar bonusse ontvang het?. Ek wonder nou waarvoor, want instandhouding het hulle beslis nie gedoen nie.

Sarie ·

Daar is nie beurtkrag nie. Jy is reg. In Engeland, Kanada ens sukkel hul met “blackouts”. Ek soek nog die verskil.

SwartBees ·

Net vir die rekord, n black-out duur slegs n paar minute en word nie herhaal elke maand nie.

Johannes_64 ·

Het in Nigerië gewerk 2005 tot 2007, daar is ‘n tweedehandse handel in kragopwekkers soos wat hier tweedehandse motor handelaars is. Krag is daar soms 20 uur per dag af. Lekker vir hulle gelag daardie tyd, ook gespot met die toestand van die paaie…. min gedink dit is ons voorland.

Andre ·

Kan die jaar se beplanning nie maar gegee word sodat mens weet wat kom wanneer nie.

Marcello ·

Dit is bietjie moeilik, hoe weet Eskom vooruit watter foute gaan opduik, sover glo ek, hulle probeer stelselmatig onderhoud doen en onderdele vervang.

PieterJ ·

Hulle kan nie eens “planning” spel nie, wat nog van uitvoer.

Prikkie ·

Die eenhede het ONDIENSBAAR geraak. Dit is nie gebreek nie. Iets wat gebreek het, is in stukke.

Cherokee ·

Volgens die nuutste Afrikaanse Woordeboek opgestel deur Cherokee, is dit gekrok.

SwartBees ·

Dit is gebreek in stukke want die geleerde voorman, Mr Fir, ken nie van korrek terug aan mekaar sit nie.

casper ·

Die regte rede vir geen krag is bloot ANC onkunde en onbevoegdheid.
Hou op skuil agter verskonings !!!!!

Mallie ·

Bla – Bla – Bla. Klink soos die ANC, net lee beloftes.

DieKriek ·

Hulle wys net spiere – betaal meer of sit in die donker.

Jr ·

As eish is brokkin die bollie wat hulle praat en SÊbrand, sal die metaan wat vrygestel is van die bollie so baie wees dat ons nooit krag onderbreking sal hê

Chris dupreez ·

Die huidige oomblik is daar erger dinge as n paar uur sonder krag.

Keelvol ·

Wel, ons sit sonder krag van 16:50 gisteraand af. Weer nie wanneer dit gaan aankom nie. Did nou al die 3de keer van Januarie af.

Swerwer ·

Hul praat nie verniet van die “Nuwe Suid Afrika” nie. Diè is omtrent ‘n Nuwe Suid Afrika………melk en en heuning dae is verby. Die kommunis het sò wortel geskied in die Nuwe Suid Afrika dat dit nie meer uitgeroei kan word nie.

pompies ·

Solar is nou baie goedkoper en jou geld gaan nie in hulle sakke in nie. Die solar smouse sal selfs vir jou n lening reel want die geld wat jy spaar betaal die lening binne 5 jaar af. Die yskaste en goed gee ook nie in met die krag wat heeltyd aan en af nie om nie eers van kabel diefstal se geen elektrisiteit te praat nie. My rekening het van R3500 per maand na R500 geval met solar.

Jaco ·

Moenie te gou bly word nie: veral DA-beheerde munisipaliteite beplan ‘n ekstra belasting (basies ‘n straf) vir huise met sonkrag. Dis nou hoeveel die DA omgee vir “goeie regering” en “geen korrupsie” en hulle alewige “the DA delivers”.

Helizna ·

Dan moet die DA die sonpanele insit en onderhou. Ek betaal vir dit dan is dit myne!

Solomon ·

Pompies reken net hoeveel jy moet belê om R3000 se rente per maand te verdien. Jy het ‘n uitstekende belegging gemaak.

Pietertjie ·

Goeie nuus vir kragverbruikers is dat daar baie planne is om minder afhanklik van onbetroubare Eskom en ander Staatsinstellings te word.

Marcello ·

Dankie ANC… nou moet Andrè de Ruyter Pa staan vir alles. Vanaf 1994 het alles agteruit gegaan. So ons sal nou maar die Kragonderbrekenings moet duld.

Hercules ·

my opregte gebed vir die hele wêreld is dat almal in gees, siel en liggaam deur die Heilige Gees oorweldig sal word en dat elkeen se gedagtes volkome deur God die Vader in sy seun Jesus Christus oorheers sal word en almal wedergebore en tot bekering sal kom….Amen!!

Niklaas ·

En almal in Soweto leef heerlik , betaal die minimum en wonder waaroor beleef die res van Gauteng sulke donkertes.

johan ·

Ek het al hoeveel keer aan eskom geskryf waaarom die groot ligte in die swart woonbuurte die heeldag brand sonder enige antwoord van hulle. Dit kan enorme krag bespaar,maar nee dit is beter om ons aan beurt krag te onderwerp. Te veel moeite om dit bedags af te sit.

Voilet ·

Ons sit in ‘n land waar mense werk het maar dit NIE kan doen NIE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.