Slegte nuus vir motoriste

Argieffoto

Argieffoto

Die Automobiel Assosiasie het Dinsdag gewaarsku dat die petrolprys volgende maand weer kan styg.

Die organisasie het in ʼn verklaring gesê die prys kan moontlik met 26 sent per liter styg weens ʼn verandering in die Rand/Dollar-wisselkoers. Die petrolprys het vroeër vandeesmaand met 29 sent per liter gestyg.

Volgens die AA is pryse vir diesel meer gunstig en sal dit moontlik slegs met 3.5 sent per liter styg.

Die organisasie het dit benadruk dat huidige loongeskille in die arbeidsmark vinnig opgelos moet word, aangesien dit ʼn negatiewe uitwerking op die petrolprys kan hê. Lede van die National Union of Metalworkers of SA (Numsa), staak tans in die metaal- en ingenieursbedryf. Lede het al op 1 Julie begin staak en eis tans ʼn verhoging van 10% met ʼn behuisingsubsidie van R1 000 en ʼn algehele verbod op arbeidsmakelaars. Die werkgewersorganisasie Seifsa het Dinsdag aangekondig hy het sy finale loonaanbod teruggetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nick ·

Daar is wel ‘n positiewe om hieruit te kry… Tenminste is hulle konstant met die maandlikse verhogings. :(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.