Slegte nuus vir motoriste

petrolDie departement van energie het aangekondig dat brandstofpryse volgende week sal styg.

Die prys van alle grade petrol sal Woensdag met 96c per liter styg terwyl die prys van diesel met 74c sal styg. “Die vernaamste rede vir die brandstofprysverhoging is die gemiddelde styging in die prys van ru-olie (met sowat 20%) gedurende die tydperk in oorsig, vergeleke met die vorige tydperk,” het die departement in ‘n verklaring gesê.

Volgens Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, sal die prys van petrol, na Woensdag se styging, steeds sowat 22% goedkoper wees as ʼn jaar gelde in Maart 2014. “In April gaan die buitengewoon hoë verhoging in die heffings op die prys van petrol deur die minister van finansies, asook ʼn verdere verwagte styging weens onderliggende faktore, die prys van ʼn liter 93-oktaan petrol in Gauteng waarskynlik weer tot bokant R12 per liter lig. Dit sal dan egter steeds bykans 15% goedkoper wees as die rekordprys wat in April 2014 behaal is.”

Volgens Joubert is dit wel moontlik dat Suid-Afrikaanse motoriste tot Augustus of selfs Oktober 2015 laer pryse vir brandstof gaan betaal as gedurende dieselfde maande in 2014, afhangende van wat met internasionale oliepryse gebeur deur die res van 2015.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.