Slegte nuus vir motoriste

Argieffoto

Die Automobiel Assosiasie (AA) het Vrydag gesê brandstofpryse gaan na verwagting in Augustus styg.

Die AA het in ʼn verklaring gesê ongeouditeerde prysdata wat deur die Sentrale Energiefonds (SEF) uitgereik is, bevestig die vermoede wat die AA reeds middel-Julie gehad het.

“Die prysstygings wat ons verwag word hoofsaaklik gedryf deur ʼn swakker rand-dollar-wisselkoers,” het die AA gesê. “Die rand is ongeveer tweederdes verantwoordelik vir die prysstygings, terwyl ʼn effense styging in internasionale brandstofpryse bygedra het tot die res van die algehele styging.”

Volgens die AA sal petrol na verwagting met 20c per liter styg, terwyl diesel ongeveer 31c per liter meer sal kos. Paraffien se prys sal na verwagting met 27c styg.

“Terwyl die rand op hierdie wisselvallige tendens voortgaan, het internasionale brandstofpryse oor die afgelope tien dae skerp gestyg. Indien hierdie styging in pryse in Augustus voortduur, kan motoriste verdere slegte nuus te wagte wees,” het die AA gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Liesbet ·

Die rentekoers kom af. Dan styg die petrol weer. Elke keer dieselfde storie. Jy kan maar net nie wen nie.

Meraai ·

Die dae van R10 ‘n liter is seker iets van die verlede. Gaan nooit weer daai prys en onder sien nie.

Antoinette ·

In 1984 was petrol onder R1 per liter. Dit was chaos toe petrolpompe verander moes word om nog ‘n syfer to akkommodeer.

Anoniem ·

Dink hieraan. Die basiese koste vir 97 oktaan in 1989 was net 39 sent!!

Cherokee ·

In 1968 was petrol sowat 8c per liter en vir dieselfde 8c kon jy ook ‘n bruin brood koop. Petrol-inflasie het nie tred gehou nie.

Netekke ·

17 jaar gelede was dit nie eers R3-00 per liter nie, ongelooflik hoe die prys gestyg het.

Swartkat ·

Al die belastings en heffings deur die regering wat petrol duur maak. Verbruikers het betaal vir Sasol en Mosgas maar nogsteeds word petrol prys gekoppel aan aan buiteland se prys bir olie

Chris Ws ·

Die onderverhaling tot gister op 500ppm diesel was 29,37c/l en op 50ppm 30,81c/l.93oktaan petrol was 17c/l en 95oktaan 19,3c/l so ja ons brandstof pryse gaan styg.Alles te dankie aan die hoof nar van die regering wat ‘n vel so dik soos 10 renosters het!

Penellope Jones ·

Miskien slegte nuus, maar nie vreemde nuus nie.
Elke keer as die petrolprys afgaan, volg ‘n groot verhoging so ons is nou al goed gekondisioneer!

Nico ·

Sal eers oriaat wees as die hoof nar en sy trawante in die tronk is

Paul ·

Die prys van petrol verander elke maand op die eerste Woensdag van die maand. Nie elke minuut nie.

Cherokee ·

Paul, jy oordryf. Die antie se beskeie beskrywing is in die kol. Grappies op ‘n stokkie, eintlik ìs sy reg. Alles verander wel per minuut maar word net maandeliks aangekondig.

Linette ·

@Paul – as jy mooi lees, sal jy sien dit is nie wat antie gesê het nie ……….

jannas ·

My gat se deksel is… Hkm blameer hulle altyd iets anders rand, rente koerse, olie pryse, padfonds ens. Hkm se hul nie reguit dat dit is omdat biljarte rande gesteel word en ons gewone mense moet opdok vir hul gerief!!!

karen ·

Ag dis al so eentonig!!! Jare der jare word die prys van petrol gemanupileer. Junie sky high Julie verligting ag jene tog aug weer aanpassing. Wil nie eens dink wat dit desember gaan wees nie en boonop word des / januarie ekstra äangepas aangesien vakansiegangers op pad is na plek wat huis genoem word. . . Gee die keiser wat hom toekom maar hy hoef waaragtig nie als te vat nie !

Natasja ·

Ja wat, elke keer as die petrol prys daal panic ek maar klaar, want dit word âltyd opgevolg met ‘n verhoging van 3 maal die waarde waarmee dit gedaal het. Hipoteties gestel: as die prys sak met 10c per liter, dan maak ek my maar reg vir ‘n verhoging van 30c ‘n liter. En alles dit terwyl Zuma, sy vrou en die Guptas my swaarverdiende belastinggeld opvreet. Party mense het mos maar eenvoudig geen skaamte of morele waardes nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.