Slegte nuus vir motoriste

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Motoriste moet hulself gereedmaak vir ʼn petrolskok in September.

Dit is volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) wat kommentaar lewer op die maandeinde petrolprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel is.

“Internasionale petroleumpryse bly op die plato wat dit aan die begin van Augustus was, en die gemiddelde rand/dollar-wisselkoersvlakke het ook nie veel verander nie,” het die AA gesê.

Petrolgebruikers sal die swaarste hierdeur getref word met ʼn geraamde styging van 61c per liter, en diesel sal na verwagting met 46c per liter styg en paraffien met byna 50c.

“Die grootste deel van die verhoging word toegeskryf aan die verstewiging in internasionale petroleumpryse, met 4c van die styging wat aan die rand se verswakking toegeskryf word,” het die AA bygevoeg.

“Indien oliepryse steeds bly styg, kan Suid-Afrikaners ʼn verdere verhoging te wagte wees in die komende maande.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Swart Piet ·

Ja nee, as die volk nie gehoorsaam is nie dan straf ons hulle deur die brandstof prys op te skuif. Die rand dollar en olie prys sal m aar die skuld kry.

Ferreira ·

Toemaar die selfde gebeur in Aus en NZ. Verskil net die lande het nie ‘n SASOL nie!

Brim-brim ·

Verduidelik asb. Olie prys was hoeveel dollar/vat in Julie en is nou $51.70 in Aug dan kan
ons sien of % styging met petrolstyging ooreenstem.

Onse taal ·

Goeie nuus dat ons petrolgebruikers (par.4) is en nie petrolverbruikers. Indien ons mooi werk behoort ‘n liter oor en oor gebruik te kan word en lank te hou mits ons dit nie uitmors.

dovaz ·

Ons pensioners sal moet perdekarre aan skaf.
O my genade wag!! Dan steel hul weer die perde en die kapkar se wiele af!
No luck!!

Cornelia Pieters ·

Ek ken ‘n Man wat kan ?⚓❤ Ons moet maar op ons kniee bly en glo vir elke dag. Maak die beste van ‘n slegte saak en koester verhoudings?⚓❤

Eloise ·

Wel Janus jy kanie ons God so onderskat nie, by Hom is enige iets moontelik.
Ons almal kan net bid vir ons land… En dat omstandighede beter word… Maar baie mense glo ni in wonderwerke nie…
God mag dalk nie nou die antwoord gee nie maar Hy weet wat is die regte tyd….

janas ·

Ons pensioners sal moet perdekarre aan skaf.
O my genade wag!! Dan steel hul weer die perde en die kapkar se wiele af!
No luck!!

Freddie Malan ·

Niemand kon nog ooit daarin slaag om my te laat verstaan waarom Sasol-petrol wat niks met olie te doen het nie, dieselfde kos as petrol wat van olie gemaak word nie, of waarom Sasol-petrol se prys styg as die olieprys styg. Is dit nie ‘n voorbeeld van blatante korrupsie wat ons oorge-erf het van die ou NP-regering se tyd nie, of sommer pleinweg “boereverneukery” nie? Die laegraadse steenkool wat Sasol gebruik kos aansienlik minder as olie. Hulle maak meer wins as wat ons ooit sou kon dink. Kan iemand my asb verduidelik hoe hierdie som werk?

phillip van dyk ·

sasol wou petrol goedkoper verskaf maar toe het oroses maatskappye soos shel engen ens gedreig om te ontrek uit die land uit as hulle dit doen. en sasol alleen is nie genoeg om die hele land te voorsien nie… so ons betaal en die regering kry die verskil ..

Deon ·

Same O, Same O…… iemand kort weer $$$$$ so kom ons stamp die verbruiker, wat lankal sukkel om by te hou met alles wat tussen 200 – 700 persent ge inflate is. Rykes word ryker, armes krepeer

Riaan ·

Hier in Thailand ry 90% van die mense scooters….Dalk moet julle dit probeer……

Magda v Bloem ·

ek sien al die scooter-prentjie: 25+ passasiers op een scooter-taxi!!! O genade!!! En die ander scooter-drivers kannie bestuur nie!!!

Phillipae Van Tonder ·

Dis net uiters vreemd dat SA inwoners meer moet betaal maar ons hier in Botswana betaal nie ‘n pula meer nie ten spyte daarvan dat ons petrol ook uit RSA kom. Kan iemand dit verduidelik?

Elize ·

Riaan, hier ry 90% taxi’s, en hulle ry die scooters van die pad af…….

Petro ·

Hierdie prys verhogings is net n klug in die apartyds jare as die petrol prys 6cent n JAAR sou styg was die gort gaar nou betaal almal maar

phillip van dyk ·

in Frankryk het die petrol opgegaan en toe boikot al die franse die petrol. hulle het lift clubs gebruik en fiets gery en bus gery vir twee weke. amp0er die petrol industrie verwoes toe bring hul die pryse weer af. maar hier by ons sal dit nie gebeur want hoe gemaak ons het nie behoorlike busdienste nie en ons het so ver verby mekaar begin leef ons wil nie saam mekaar ry of selfs kuier nie..

Andre ·

Onthou die petrol prys is ‘n “berekende” prys asof ons dit vanaf die Midde Ooste koop en verskeep na SA, nie werklike nie, plus ongeveer 40% verskillende belastings, selfs ‘n Gauteng pyplynheffing aan Transnet Pipelines asof dit van Durban gepomp word, maar die brandstof kom van Sasol hier bo, Pad Ongeluksfondsheffing wat die taxis en busse melk. Die regering se melkkoeie – ons.

Nie kla nie ·

Ag asseblief moenie so kla nie mense, as julle dit nie meer kan bekostig nie verkoop dan julle vet karre want deur so te kla sal nie die petrol prys laat daal nie.

Bos ·

Petrol moes nie nou gestyg het nie. Bloomberg wys volgende
Brent 01 Aug 29 Aug
$51.78 $ 51.69
Rand 13.20/$ 13.04/$
Iemand steel weer soos gewoonlik
Eintlik moes prys afgekom het.

Speedguard ·

Ek gooi nog al die jare R100 se petrol in en wys hul my nooit weg nie!

SARIE VAN HEERDEN ·

Goeiste Speedguard, waarheen ry jy met R100 se brandstof?

George Law ·

Hy bedoel seker 100 rand al oor 3 dae… Want dit is wat ek gebruik vir werk toe en huis toe…

Maggie ·

Ek bly in die olie hoofstad van Brittanje en hier betaal ons huidiglik,ek dink,£1.19 (+-) per liter vir diesel. Dit kos my omtrent £72 om my kar se tenk vol te maak en ek kan net-net 400myl uit kry (ek dink die tenk is 65liter).So,as jul die Rand/Pond wisselkoers in ag neem,betaal jul steeds heelwat minder as ons.

George Law ·

Ek is n kleurling… Met dit gese (sonder rasisme), julle kan wat se van die vorige regering…. Daar was nooit so n dramatiese styging in verbruikers goedere nog minder soveel misdaad… Wens ons kan daardie dae terug kry….

Francois P Theron ·

George, ongelukkig was dit vir ‘n klein minderheid ten koste van die oorgrote meerderheid swartmense ‘n daaglikse nagmerrie en bestaan sonder enige uitkoms voor 1994………

George Law ·

My oorle pa kon 5 rand petrol koop en amper 3 liter kry vir daardie 5 rand.. Waar trek ons nou? Aan die kortste end… Kan net nie wen nie…

piper ·

brandstof in botswana is goedkoper die paaie goed en geen tolpaaie nie. verder is daar baie minder mense wat help betaal daaraan. botswana het minder as 3 miljoen mense. ons het meer as dit in onwettige mense. hulle brandstof kom van ons af. as jy wil deel in sasol se winste , koop sasol aandele. sasol is besig om groot geld in amerika te spaandeer. hulle aanlegte in RSA is n klein gedeelte van al sy aanlegte.

Leon ·

Ja nee kyk, dit raak nou rof. Met die laaste brandstof prys styging, het my geld sake so versleg dat ek die motot nou drankwinkel toe moet stoot!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.