Slegte nuus vir motoriste in November verwag

Argieffoto

Argieffoto

Motoriste kan hulle na verwagting staal vir nog ʼn aansienlike verhoging in brandstofpryse in November.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het Vrydag in ʼn verklaring gesê die onlangse versterking van die rand teen die US dollar was nie genoeg om nog ʼn verhoging in brandstofpryse te verhoed nie.

“Die rand het in die middel van die maand skerp verswak na aanleiding van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit om Pravin Gordhan, die minister van finansies, te vervolg. Hierdie agterstand kon nog nie weer ingehaal word nie, hoewel die rand die afgelope tien dae effense sterker vertoon het,” het die AA gesê. “Intussen het die internasionale petroleumpryse, wat in die eerste twee weke van Oktober gestyg het, weer gestabiliseer en dit is bemoedigend.”

Volgens die AA sal die prys van petrol waarskynlik met ongeveer 45c per liter styg, diesel met ongeveer 64c per liter en paraffien met ongeveer 57c.

“Hierdie prysverwagtinge is in ooreenstemming met ons verwagtinge in middel Oktober,” het die AA gesê. “Ons doen weer eens ʼn beroep op die regering om ekonomies-sensitiewe sake met groot omsigtigheid te hanteer, aangesien dit ʼn ingrypende impak op werkersklas-burgers kan hê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaques ·

Daai klomp fat cats voel ‘n dooie duit vir ons werkers klas.

Ronel ·

Net so. Dis (hopelik) amper planttyd vir die boere. En dis amper Desembervakansie ook. Lekker malike geld vir daai fat cats ne!

Nico ·

Ek sien ook nie juis dat verbruiksgoedere se pryse konstant bly of stadiger styg wanneer brandstofpryse laer is nie. Maar nou gaan dit natuurlik weer op omdat vervoerkoste duurder is.

Louise E. ·

Styg mos altyd voor Krismis. Zuma ek sy 100de vroue, kinders en familie moet mos lekker kan vakansie hou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.