Slegte nuus vir padgebruikers in Mei

Argieffoto

Die Automobiel-Assosiasie (AA) van Suid-Afrika het Dinsdag gesê hy verwag die brandstofprys is die eerste van vele uitgawes wat gaan verhoog nadat Suid-Afrika na rommelstatus afgegradeer is.

Die AA het kommentaar gelewer op die middelmaand-brandstofprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds (CEF) bekend gemaak is.

“Ons voorsien dat petrol se prys met 55c per liter sal verhoog in Mei, diesel met 39c per liter en paraffien met 41c,” het die AA gesê.

Die AA is van mening dat die rand se verswakte posisie teenoor die Amerikaanse Dollar grootliks verantwoordelik sal wees vir dié verhoging en die verhoging in internasionale petroleumpryse vir die res van die algehele verhoging.

Die AA meen as die rand kon voortgaan met sy opwaartse kurwe voor die afgradering kon dit genoeg gewees het om die internasionale verhogings te oorkom. “Dit is egter nog nie maandeinde nie en die impak van die afgradering is nog nie 100% gevoel nie,” het die AA gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andre

Baie dankie Jacob Zuma

Johann

Sou Zuma enige begrip vir wêreldmarkte hê sou ek hom nou kon bedank…Welkom in Afrika waar die HOOF NAR sy hand goed geplaas het in en om sy handpoppe

vermeende

Hierdie verhoging is die eerste doring wat die verbruiker gaan voel maar wat gaan hierop volg, niks goeds nie! As daar n rentekoers verhoging in Jun in die VSA kom dan kan die Rand nog verder verswak. Brandstof gaan tussen R20 – R25/L draai. Invlasie gaan die jaar die hoogte begin inskiet maar nie soos volgende jaar nie. BTW en persoonlike belasting sal volgende jaar klim saam Eskom taref verhoging, SANRAL sal ook sy pond vleis soek. Grond belasings sal ook moet help om die tekort te vul. Ons ekonomie gaan n helse knou kry en n inkrimping kan verwag… Lees meer »

job jobson

Zupta!!!!!!!!!!!! is Nkandla ook afgradeer. Die kabinet – watter status beklee dit.

kobus

Hoekom sien ons nooit optogte of hoor ons nie van klagtes oor die brandstof pryse wat op gaan nie. Paraffien word deur baie mense gebruik om kos te maak, maar niemand kla ooit oor die pryse wat opgaan nie? Die brandstof pryse moet tog taxi fooie beinvloed, niemand wat die tipe vervoer gebruik kla ooit daaroor nie