Slegte nuus vir padgebruikers in Mei

Argieffoto

Die Automobiel-Assosiasie (AA) van Suid-Afrika het Dinsdag gesê hy verwag die brandstofprys is die eerste van vele uitgawes wat gaan verhoog nadat Suid-Afrika na rommelstatus afgegradeer is.

Die AA het kommentaar gelewer op die middelmaand-brandstofprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds (CEF) bekend gemaak is.

“Ons voorsien dat petrol se prys met 55c per liter sal verhoog in Mei, diesel met 39c per liter en paraffien met 41c,” het die AA gesê.

Die AA is van mening dat die rand se verswakte posisie teenoor die Amerikaanse Dollar grootliks verantwoordelik sal wees vir dié verhoging en die verhoging in internasionale petroleumpryse vir die res van die algehele verhoging.

Die AA meen as die rand kon voortgaan met sy opwaartse kurwe voor die afgradering kon dit genoeg gewees het om die internasionale verhogings te oorkom. “Dit is egter nog nie maandeinde nie en die impak van die afgradering is nog nie 100% gevoel nie,” het die AA gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

riana ·

Ja dankie Zuma jy is so wonderlik ons kan nie vir beter vrae nie. Is omdat jy nie brandstof in gooi nie en swaar kry soos ons nie.

Wens jy kan lewe soos ons en salaris kry wat ons kry wat sou dan van al jou vrouens geword het. Hulle sou Taxi gery het en nie sulke karre nie.
Jy het ons land nou mooi op geneuk weet jy dit. Jy sal eendag jou dag nog kry glo my vandag.

Johann ·

Sou Zuma enige begrip vir wêreldmarkte hê sou ek hom nou kon bedank…Welkom in Afrika waar die HOOF NAR sy hand goed geplaas het in en om sy handpoppe

vermeende ·

Hierdie verhoging is die eerste doring wat die verbruiker gaan voel maar wat gaan hierop volg, niks goeds nie!
As daar n rentekoers verhoging in Jun in die VSA kom dan kan die Rand nog verder verswak.
Brandstof gaan tussen R20 – R25/L draai.
Invlasie gaan die jaar die hoogte begin inskiet maar nie soos volgende jaar nie.
BTW en persoonlike belasting sal volgende jaar klim saam Eskom taref verhoging, SANRAL sal ook sy pond vleis soek.
Grond belasings sal ook moet help om die tekort te vul. Ons ekonomie gaan n helse knou kry en n inkrimping kan verwag word. Dit is tyd om Wes te lyk na Venezuela en lesse daar te leer, hulle 800% invlasie van laas jaar is die resultaat van n 10% ekonomise inkrimping.

Dit is reeds te laat maar as jy kan raak ontslae van jou skuld en goedkoop kridiet.

job jobson ·

Zupta!!!!!!!!!!!! is Nkandla ook afgradeer. Die kabinet – watter status beklee dit.

kobus ·

Hoekom sien ons nooit optogte of hoor ons nie van klagtes oor die brandstof pryse wat op gaan nie. Paraffien word deur baie mense gebruik om kos te maak, maar niemand kla ooit oor die pryse wat opgaan nie? Die brandstof pryse moet tog taxi fooie beinvloed, niemand wat die tipe vervoer gebruik kla ooit daaroor nie

Frieda ·

Jong Kobus laat ons nou eers van die grootste doring ontsla raak dan volg die res.

Christo Louw ·

Taksie bestuurders het jare gelede nog hewig betoog toe brandstof met so min as 10 sent n liter opgegaan het. Sederdien kry hulle subsidie op brandstof en het hulle nie nodig om te kla nie. Toe ek die petroljoggie, wat vir my petrol ingooi vra, hoekom die minibus taksie net 1 liter ingegooi het sê hy dis om hulle vulstasie in die “township” te haal want hulle kry die petrol baie goedkoper daar. Dit was omtrent so 8 jaar gelede in Germiston. Weet nie hoeveel subsidie dit is nie maar almal sal stry oor die subsidie as jy hulle vra.

Danie ·

Ironies dat die rand eintlik baie versterk het ondanks die Zupta bende. Die rukwindjies wat hulle los het nie lang termyn effek nie.
Hierdie is swak verskoning. Rand gaan in alle geval nog meer versterk.

Cronje ·

En dan hoor ek ons nuwe minister van finansies sê vandag hy sien “tekens van ekonomiese verligting” Ek het amoer die kar gerol soos ek gelag het. Idioot.

sue-ann ·

Ons gaan sien hoe almal hierdie golf van rommelstatus gaan ry. Almal gaan pryse opstoot ongeag sterker rand en laer brent pryse. Verskoning-rommelsratus.

John ·

En binnekort moet belastingbetalers Zuma II se Nkandladina-paleis se veiligheidsopgraderings ook betaal weens al die megabedreigings… en die nuwe indrukwekkende ultrakorrelbedatoomkragsentralemegafisici se megaperks… en… megabonusse… en ‘n glo ysige winter is hier…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.