Slegte nuus vir padgebruikers

Argieffoto

Argieffoto

Padgebruikers moet hulleself gereedmaak vir ʼn stewige petrolprysverhoging in Maart.

“Die prys van petrol sal op 4 Maart na alle waarskynlikheid met bykans R1 per liter styg, terwyl die groothandelprys van diesel met sowat 80c behoort te klim,” het Paul Joubert, senior ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, Woensdag gesê.

“Vanaf ʼn gemiddelde prys van ongeveer $44,40 per vat in Januarie het die prys van ʼn vat van die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (Opul) se olie tot dusver in Februarie teen $53,10 verhandel, wat ʼn styging van bykans 20% is,” het Joubert bygevoeg. “Met die verswakking van die rand sedert 8 Februarie is die gemiddelde wisselkoers ongelukkig ook nie meer ʼn kussing teen die stygende dollar-olieprys nie.”

Die verwagte pryse vir Maart sal steeds laer wees as die pryse wat in Januarie gegeld het, en sal ook steeds sowat R3 per liter goedkoper wees as Maart 2014 se pryse.

Die verwagte veranderinge van R1 vir petrol en 80c vir diesel is nog aan verandering onderhewig. Die betrokke tydperk waartydens die prysveranderinge bepaal word, loop nog tot 26 Februarie en die finale aankondiging sal op 27 Februarie gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Asjas ·

“Met die verswakking van die Rand sedert 8 Februarie …”
Wat het JZ nou weer op die 8ste aangevang dat die Rand so skielik verswak?

Swanna ·

Nee wat, ons is weer lekker heuning om die bek gesmeer en alles geglo wat aan ons op gedis is wat Stort Kop en kie het ons mos laat lekker lewe vir ‘n rukkie tewyl die petrol prys gedaal het. Nou gaan ons ………. amper sê ek die storie van Transvaal. Maar ons bly mos nou in Guateng dit is maar die deng!

Paul ·

Dis nie Jacob Zuma wat die prys van petrol laat daal het nie. Dis ook nie hy wat dit laat styg nie.

Die prys word deur die regering gereguleer, maar dis volgens ‘n vaste, openbaar beskikbare, verifieerbare formule wat van maand tot maand slegs deur internasionale petroleumprodukpryse en die rand/dollar-wisselkoers beïnvloed word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.