Slegte nuus vir soettande

Argieffoto (Foto: Peggy_Marco, Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Vrydag gesê ʼn heffing op suiker sal vanaf April volgende jaar geïmplementeer word.

Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, het die heffing op suikerdrankies verlede jaar voorgestel en gesê die doel is om vetsug te beveg wat tot 42% van vroue en 13% van mans in Suid-Afrika raak.

Vandag het die SAID gesê suikerbelasting sal vanaf 1 April 2018 gehef word nadat die parlement vandeesmaand die Wysigingswetsontwerp op Tariewe en Monetêre Bedrae en die Wysiging van Inkomstewette goedgekeur het.

“Ingevoerde produkte sal belas word wanneer dit goedgekeur is vir huishoudelike gebruik en plaaslik vervaardigde produkte sal by die bron belas word,” het die inkomstediens gesê. “Die heffing is deel van die regering se program om nie-oordraagbare siektes te voorkom en te beheer en by te dra tot die voorkoming en beheer van vetsug.”

Die suikerbedryf het die heffing skerp gekritiseer met die Suid-Afrikaanse Suikervereniging wat meen dit sal meer as 3 000 werksgeleenthede in gevaar stel en kleinskaalprodusente uitdruk.

Die SAID het gesê heffingsopbrengste en betalings kan deur middel van sy elektroniese stelsel, sowel as by doeane en aksyns- takke ingedien word. Die lisensiëring en registrasie van die vervaardigers van suikerdrankies sal van Februarie 2018 gedoen word.

Slegs kommersiële vervaardigers wat suikerdrankies met ʼn totale jaarlikse suikerinhoud van meer as 500 kg per jaar produseer moet gelisensieer wees en die heffing betaal. Die heffing is vasgestel op 2,1 sent per gram suikerinhoud wat 4 g/100 ml oorskry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Theo ·

En waar gaan daardie belasting geld heen?Nes die plastiesakkie belasting ,in die donkergat .Sal geen verskil maak aan mense se gesondheid nie.

Akademi Buktu ·

Dan is daar ook die heffing vir REDISA op motor buitebande. Miljoene rande reeds geblaas met geen van die verkondigde resultate.

Miemie ·

Daar is gesonder opsies in SA beskikbaar, maar ouers hou blykbaar daarvan dat hul kinders hiperaktief is….en hul dan te straf. Wens ek kon die gesonder opsie vir jul wys. Daar word tonne uitgevoer na Europa. Hou Gordon Ramsay se advertensies dop op die TV. Doen dan navraag. Suiker is gif.

Penellope Jones ·

Dis absoluut belaglik.
Rook mense minder omdat sigarette opgaan in prys of gebruik mense minder alkohol omdat die pryse ook styg?
Dieselfde gaan besmoontlik gebeur met die suikerbelasting.
Klink meer na ‘n “geldinvorderingskema”. . . . .

Peet ·

Belas eerder McDonald’s en Kentucky en Nando’s en en en…. Dis waar die ware vetsug lê! Olierige kosse is erger!

Liefie ·

Amazing hulle wil vetsug beveg met die nuwe wet maar die wat suip en rook mag maar voortgaan. Dit is load of bollie om die minste te se. Laai maar die belasting ek voel n veer want solank ek nie drank drink nie sal ek coke drink tot ek dood neer val belasting en al.

Pop ·

Elke plan waar geld kan ingevorder word sal aangewend word. Daar word so baie geld vermors, en beland in agtersakke, dat planne beraam moet word om meer te maak.

pollievy ·

het ek nuus vir hulle? ek het absoluut in dekades nie n korrel suiker ingeneem nie. nie in wat ek eet of drink nie. en raai wat? ek het jare laas my voete gesien.

Houtoog ·

Daar word gesê dat wanneer jy onder die stort staan en die gedeelte onder jou pens word nie meer nat nie dan is daar tyd vir bekommernis.
Die laaste sin in die berig is afkomstig van ‘n hoogsgeleerde in ons geledere. Weereens nogeens ‘n geldmaak foefie wat wettig gedryf word.
Kyk na par. 5 vir die spelling van ‘Suikervereniging’, dit moet ‘n bietjie ‘vetter’ wees.

Mariné Lourens ·

Dagsê Houtoog

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Thea Etasmus ·

is nie die suiker wat vet maak nie, hy al gesien die toue by wegneem etes en resturante, borde kreun dan van die kos, en geen oefeninge nie,, nog n manier vir geld in agter sakke.. kyk maar na die hele kabinet.. en hy kan juis ni praat nie,

pieter cronje ·

melk die witkoeie , ou madiba se plan van die begin af

Tino ·

Ek weet nie waarvoor die belasting is nie mense? As julle almal mooi die bestandele op die koeldrank bottles lees dan sal julle sien die koeldranke bevat reeds die “non-nutritive sweeteners” aspartame, aculfame k ensovoorts. Die koeldrank vervaardigers is vinnig besig om die mense om te skakel sonder dat hulle daarvan bewus is. Die koeldrank bedryf is besig met gevaarlike dinge en ons is almal salig onbewus daaroor?

julius ·

Stel liewers ‘n vetbelasting in en begin by die staatsamptenare. Julle sal baie invorder.

Adriaan ·

Nog ‘n manier om regerende party parlementslede se koffers te vul. Dis al

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.