Slegte nuus vir vakansiegangers wat later in Januarie terugkeer

Argieffoto

Argieffoto

Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het Donderdag gesê hy verwag ʼn reeks petrolverhogings in 2017, waarvan die eerste in Januarie sal plaasvind.

Die AA het gesê die maandeinde petrolprysdata deur die Sentrale Energiefonds (CEF), wat nog nie geoudit is nie, dui op beduidende verhogings vir alle grade petrol.

“Die rand het teen die middel van die Desember teen die Amerikaanse dollar verswak, terwyl internasionale petroleumpryse steeds verhoog het,” het die AA in ʼn verklaring gesê. “Ondanks die rand se onlangse verswakking, was dit in die eerste helfte van Desember steeds relatief sterk en die verwagte petrolprysverhoging word suiwer toegeskryf aan die verhoging van die petroleumprys.”

Die AA het gesê indien petroleumpryse onveranderd gebly het van November, sou Suid-Afrika se petrolprys waarskynlik met ongeveer 2c per liter in die nuwejaar gedaal het. “Die petrol sal nou egter na verwagting met 51c per liter styg, diesel met ongeveer 40c per liter en paraffien met 43c.

“Dit is nog te vroeg om te weet op watter prysvlak olieverskaffing sal wees ná die Organization of the Petroleum Exporting Countries (OPEC) besluit het om vervaardiging te verlaag,” het die AA bygevoeg. Na verwagting sal 2017 ʼn moeilike jaar wees vir motoriste.

Die departement van energie sal na verwagting volgende week amptelik die petrolprys bekend maak en die aanpassing sal Woensdag, 4 Januarie 2017, gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lise ·

Die kykers by die huis het dit lankal voorspel, die petrolverlaging voor die vakansiegangers vertrek en dan die petrolverhoging voor die vakansiegangers weer huis toe kom.

Nico ·

Ons weet moscal teen hierdie tyd dat die rand kan met 20% verbeter en ru olie kan R 20 ‘n vat goedkoper wees maar op die 1ste Woensdag in Januarie is petrol/diesel R1.00 p/l duurder.

Chris Ws ·

Ek wens die AA wil ophou om hul naam met ‘n plank te slaan deur elke maand voortydige en oningeligte voorspellings oor brandstof prys veranderings te maak.Dis duidelik hulle hou nie die daaglikse skommelings/veranderings op Petro SA se webwerf dop nie.Wat hulle probeer bereik weet nugter.Hulle gooi net naam weg.Kyk gerus elke dag op http://www.cefgroup.co.za onder “Petrol price”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.