Slegte nuus vir vakansiegangers

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Vakansiegangers kan hulself staal vir ʼn reusestyging in brandstofpryse volgende maand.

Volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) kan aansienlike stygings in die pryse van petrol, diesel en paraffien verwag word. Die AA het in ʼn verklaring kommentaar gelewer op die ongeouditeerde petrolprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is.

“Groot stygings in die internasionale oliepryse tesame met die verswakkende rand sal die stygings in pryse veroorsaak. Die rand het deur November gemiddeld teen die dollar verswak, hoewel dit verbasend sterk gestaan het ná Suid-Afrika se onlangs kredietafgradering,” lui die verklaring.

Volgens die AA sal petrol na verwagting met 72c per liter styg, diesel met 64c per liter en paraffien met ongeveer 76c per liter.

“Suid-Afrika se ekonomiese situasie bly swak en ons meen dat verdere brandstofprysverhogings vir die res van 2017 en die eerste kwartaal van 2018 verwag kan word,” het die AA gesê.

Die AA het motoriste aangemoedig om ten spyte van die versoeking om tydens die feesseisoen geld op nie-noodsaaklike items te bestee, dit nie te doen nie juis om ʼn buffer te bou teen verhoogde motorkoste volgende jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

sandra ·

Jan Tuisbly se karretjie raak nou ook te duur om vakansie te hou. Ons sal maar moet begin dink aan daguitstappies, maar met ‘n rugsak, kierie in die hand en gemaklike stapskoene. Water is ook skaars, wat gooi ons in die bottels?

Chris Ws ·

Ek sal graag wou weet wat is die persentasie van die’ verhoging wat te danke is aan zuma se onbevoegdheid.
Ja-ja okei moenie almal tegelyk skree nie,ek het vermoed dit sal 100% wees!

SêNet71 ·

Een van die dae gaan dit te duur wees om werk toe te ry! Eish.

JS ·

Elke jaar Desember is dit dieselfde storie. Ek mag dalk die kat aan die stert beet he, maar vir my lyk dit soos volg. Kom ons veronderstel van nou af tot in met einde Januarie begin Februarie reken die regering brandstof behoort so 70c duurder te wees, dit is dan n gemiddeld van 35c per maand, nou stoot hulle Desember se prys op met 80c en einde Januarie kry die verbruikers baie goeie nuus pryse kom af met 10c. So lag hulle al die pad bank toe met die feit dat die paaie so besig is oor die fees tyd en ons moet party hou omdat ons kanswys gaan geld spaar.

Susan ·

Ja JS. ELKE jaar dieselfde storie!!!!!!!!!!
Desember word die koffers volgemaak maar die paaie is ‘n gemors…..

Paul ·

Die regering kry ‘n vaste bedrag geld per liter brandstof wat verkoop word. Dis nie ‘n persentasie van die prys wat die regering kry nie.

Met ander woorde, al wat beïnvloed hoeveel geld die regering kry uit die verkope van brandstof, is hoeveel liter brandstof verkoop word.

Dus, wanneer die prys van brandstof styg, kry die regering MINDER geld. Hoe dan so? Wanneer die prys styg, koop mense minder brandstof as wat hulle andersins sou gekoop het, so daar word minder liter brandstof verkoop, so die regering kry MINDER belastinggeld daaruit.

Dis nou behalwe in April elke jaar wanneer die regering die bedrag belasting per liter brandstof verhoog.
Stygings in prys in enige ander maand veroorsaak dat die regering MINDER geld kry.

Liamari ·

Ons vakansie word elke jaar maande vooruit gereel en depositos word betaal. Dis die hoogtepunt van elke jaar. Ek sal eenvoudig maar net cruise control moet aansit en 110km/h ry in plaas van 120km/h. En dalk bietjie minder uiteet en meer by die vakansiehuisie self kook. Maar op vakansie sal ek gaan want die lewe is net eenvoudig te kort en te stresvol om dit nie te doen nie!

Paul ·

Regtig, Liamari? Het jy al die somme gedoen?

Ek weet nie watter kar jy ry nie, of hoe vêr jy gaan vakansie hou nie, maar kom ons sê jy woon in Pretoria en jy gaan hou vakansie doerr in die Kaap. Dan gaan jy dalk so 4000 kilometer ry tydens die vakansie, Kaap toe, rondry in die Kaap, en terugry huis toe.

Kom ons neem aan jou kar kry op die langpad 13 kilometer per liter as jy 120km/h ry en dit sal met spoedbeheer op 110km/h so 14 kilometer per liter kry. So met ander woorde is dit 307 liter brandstof teenoor 286 liter brandstof. Teen ‘n prys van ongeveer R14.50 per liter is dit ‘n verskil van slegs sowat R300. Dis skaars een keer se uiteet vir twee mense by ‘n redelik goeie restaurant, of een keer se uiteet vir ‘n gesin by ‘n gesinsrestaurant.

Selfde geld vir die prysstyging van brandstof. As jy oor ‘n vakansie 300 liter brandstof gaan gebruik, dan is ‘n styging van 72c per liter slegs R216 ekstra wat jy moet betaal. Ek kan nie regtig insien hoe iemand geld kan hê vir ‘n langpadvakansie, maar dat die begroting so fyn gesny is dat R216 dit totaal gaan omvergooi nie. As jou begroting so fyn gesny is, is dit nie ‘n goeie idee om geld op ‘n langpadvakansie te spandeer in die eerste plek nie.

Willem ·

Paul jy’s darem maar erg negatief boet! Deur al die gemors waardeur ons daagliks gaan en hoor, verdien ons n ruskans. Ek doen dieselfde as Liamari, mens noem dit BEPLANNING… Ek spaar genoeg om myself en my verloofde op n lekker lang 3 weke vakansie te vat, in n mooi hotel bly, en onself dik te vreet aan al die lekker seekos by elke verskillende restaurant moontlik. En ons ry so veel rond as wat ons kan.

Piet ·

Jy en Lanmari is 100% reg Willem. Ek en my vrou beplan ons wegbreek ook n jaar vooruit. Vir ons is elke besparing ook belangrik. Die suurknolle en die wat nie met geld kan werk nie sal nie weet waarvan ons praat nie.

Gerrie ·

Dit wil my voorkom of die AA en ons regering in die selfde boot ry,want die een wil skelemer wees as die ander een

Chris W ·

Desember is altyd vir ons ‘n aangename tyd want dis wanneer on by die huis bly en af van die paaie af.Ons koop ook die minste in Desember – ”kersdag” is vir ons net ‘n gewone tyd want dis beslis nie Christus se geboorte dag nie.So ons spandeer weinig op brandstof en ander goedere.SO Kom Desember KOM!

Marcel ·

Geen nuwe nuus dat petrol net bly styg en styg nie. Wat my altyd so lekker laat lag, is die publiek wat in toue gaan staan om net een tenk petrol te kan volmaak voordat die prys styg. ‘n Absolute mors van my tyd en geduld. Desember vir ons gesin is nog altyd ‘n tyd as gesin saam by die huis, die strande is absoluut gepak met binnelanders en toeriste, wat dit eintlik vir my net aaklig maak. Jammer maar vir die mense wat moet in Desember hulle verlof in Desember neem. Dan word ons in die binneland nog heerlik ingedoen deur eienaars van gastehuise, hotelle en privaat wonings met lagwekkende pryse vir verblyf wat my oë laat traan. Gauteng in Desember is hemels, amper niemand op die paaie nie, en ek kan rustig langs my swembad deurbring, in vrede.

Nico ·

Die wisselkoers is grusaam. $1=0.0729 ZAR ; Euro 1= 0.0613 ZAR; B Pond 1= 0.0549 ZAR. In ander woorde, die Rand is maar 5 sent tot 7 sent werd. Tydens die sg. “wrede” apartheidsjare in 1970 was $1= 0.70 werd.

Josua Keys ·

Mense dit gaan nie hier net oor die verhoogde petrol prys nie maar die verhoogde voedeslepryse wat daarmee gepaard gaan, ek gee nie om hoe sleg dit met die ekonomie gaan nie, maar dit sal nie verbeter as ons aanhoudende belaglike koe pryse vir petrol ens moet betaal nie. Daar is maatskappye wat nie eens n verhoging aan salarisse kon bekostig het sonder om mense af te dank nie en die wat dit wel kon bekostig het het dit teen minder as 6% gedoen so hoe regverdig jy die belaglike hoe petrol pryse, mense wat juis net bokant die broodlyn lewe en reeds sukkel om hul skuld te delg word nou onnodiglik in n situasie geplaas word waar hulle moontlik hul motors, huise, meubels ens mag verloor deur terugnames(Reposessions) en dit nie eens deur hul eie toedoen nie maar deur n onbevoegde regering wat miljarde rande mors op gemors, dit het tyd geword vir die swart bevolkingsgroep in SA wat die meerderheid stem het om die regering te verwyder deur hul stem anders gaan meer mense in ernstige armoede verval.

Robert Naude ·

Maar begin taxi ry. Lyk my dit raak hulle nie anders was daar al lankal weer ge toi toi en gebrand .

Nico ·

Robert, om taxi te ry is ‘n geweldige risiko en jy moet baie braaf of dom wees. Hulle veroorsaak gruwelike slagtings op die paaie !!

Karin, Witrivier ·

Ek woon in die pragtige ooste van ons land en dus kan ek my kinders en kleinkinders wat in die stad woon ‘n heerlike vakansie hier bied. Ons koop saam aan die kos en huisware vir die kuier, want hulle bespaar op akkommodasie vir die vakansie en ouma word bederf met kinders en kleinkinders wat kosmaak en dan ook die skottelgoed was – ‘n wen-wen situasie vir almal. Ouma se aftreehuisie is klein, maar die liefde is groot.

piper ·

petrol is nou so duur ek moet my kar bottelstoor toe stoot.

anton ·

Dit raak nou selfs te duur om by die huis te bly, never mind op vakansie te gaan.
Nog n rede hoekom die land vir my n doring in die vlees geword het.
Ek hoor dat die Dollar nog na 30 teen die Rand gaan versterk in die nabye toekoms.
Waar eindig die land dan???

John SamuelJol ·

Om vir dronkbestuur gevang te word is deesdae ‘n status-simbool.

Dit wys jy kan drank en petrol bekostig

Sputnik ·

Ek weet sowaar nie waaroor julle ouens so oor die petrolprys kla nie. As ek by die vulstasie stop en vra vir R100 se petrol kry ek steeds R100 se petrol. :-))

Cartman ·

Ek verstaan in die lang duur dat dit mens seermaak om meer en meer te betaal vir petrol. Maar as R43 per 60 liter tank maak dat jy nie op vakansie kan gaan nie is dit dalk maar beter dat jy elkgeval nie gaan nie. Mens sny dit nie so naby nie want as jy ‘n band bars dan bly jy in Durban :-)

anje ·

Ek loop al vir n jaar werk toe en terug, 2.9 km x2 elke dag
Dis goed vir oefening waarvoor ek nie andersins tyd het nie, en natuurlik spaar ek honderde rande ! Almal sal maar moet begin stap of dink aan fiets of scooter ry.

Karin ·

@Anje – ongelukkig werk ons nie almal net 2.9km van die huis af nie. Ek ry daagliks +-/100km
tussen werk en huis, en met kinders om af en op te laai by die skool, gaan ‘n scooter beslis nie werk nie. Nie almal is beskore om te kan loop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.