Slenter teiken oudsoldate

'n Skermskoot van 'n Facebook-blad waarop die slenter ook glo versprei word.

‘n Skermskoot van ‘n Facebook-blad waarop die slenter ook glo versprei word.

Talle oudsoldate is glo deur ʼn slenter gevang wat hulle na bewering sou help om te registreer vir veteraanvoordele van die regering.

Die slenter, wat glo deur ene Gerhard Smit behartig is, waarborg militêre veterane wat tussen 1960 en 1994 in die Suid-Afrikaanse weermag gedien het, hulle sal verskeie voordele van die Departement vir Militêre Veterane (DMV) ontvang sodra hulle by die departement geregistreer is.

In die dokumente wat Smit glo aan oudsoldate stuur en waarvan ʼn kopie in Maroela Media se besit is, vra Smit ʼn fooi van R500 om mense by die DMV te registreer en die voordele te eis. Hy beweer in die dokumente hy doen dit om mense te help wat ver van Pretoria af bly en nie self daarheen kan reis om te registreer nie. Hy waarborg in die dokument hy sal, wanneer die fooi betaal is, mense se name op die DMV se voordeleregister laat plaas.

Smit het beweer almal wat geregistreer is, sal mediese en behuisingsvoordele ontvang en geregtig wees op werksgeleenthede en skadevergoeding vir post-traumatiese stres. Hy beweer ook veterane wat meer as R10 000 per maand verdien, sal ʼn lompsom-uitbetaling van die departement ontvang, terwyl oudsoldate wat minder as R10 000 per maand verdien, ʼn pensioen van R3 200 per maand sal ontvang.

Hy is ook glo die persoon wat díe aanbod met ʼn Facebook-blad, War Veterans Law Clinic, versprei. ʼn Inskrywing wat op 7 Desember gepubliseer is, lui egter dat die administrasiefooi net R200 is en dat die hy geregtig sal wees op 25% van die geld wat hy vir oudsoldate “wen”.

Die DMV het intussen in ʼn brief aan die Raad vir Militêre Veterane Organisasies bevestig dat hulle ʼn klagte teen Smit en sy helper, ene Dave Steynberg, aanhangig gemaak het. Volgens die brief is die polisie en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) besig om die saak te ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het die DMV om kommentaar genader, maar wag steeds op terugvoer. Besonderhede oor veteraanvoordele is egter op die departement se webtuiste beskikbaar.

Nadat die DMV op sy Facebook-blad die publiek teen Smit se slenter gewaarsku het, het talle Facebook-gebruikers gereageer en gesê hulle is deur Smit genader oor die aanbod.

Dit kom voor asof Smit se selfoonnommer afgesny is en Maroela Media kon hom nie vir kommentaar bereik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

maryke muller ·

Ek ken iemand wat elke maand die skelms geld moes gaan inbetaal het??

Pierre Celliers ·

Sy naam is ook nie Gerhard Smit nie. Los maar, niemand gaan hierdie
Skelm ooit aankeer nie!

Braam Maree ·

Ek is nou eers bly dat nie een van die dom Soldate op die grens in my Peleton was nie. Sulke goed word gewoonlik in die Staatskoerant afgekondig. Dink oud Soldate dat die ANC Regering regtig vir julle geld sal gee. Ek hoop die gieriges het sommer baie geld verloor.

wipgat ·

Het so n email ontvang, toe ek sien jy moet R500 vir hulle oorbetaal… Toe weet ek dit is maar net nog n scam.

GERRIT ·

WEET JULLE AS DIE VETERANE ORGANISASIE NET MEER INFORMASIE WIL BEKEND MAAK WANT DAAR IS 1000 DE OUD SOLDATE WAT NOG NOOIT EERS VAN DIE SO- GENAAMDE ORGANISASIE GEHOOR HET NIE.

Daar is geen daadwerklike riglyne. VAN WIE om te kontak waar moet jy jouself aanmeld. watter soldate kwalifiseer. Is daar voordele. wat is die voordele en honderde ander vrae on- beantwoord.

Edward James Shawe Snr ·

Gaan na jou naaste Militere Basis se Human Recource. Hulle sal jou al die informasie verskaf.

Hendrik ·

Die Wet maak wel voorsiening vir ‘n reeks voordele waarvoor alle miltere lede wat tussen 1960 en 1994 aan beide kante van die magte diens gedoen het, kwalifiseer. Daar is wel sekere bepalings in die wet wie kwalifiseer vir ‘n pensioen, maar die “roll-out”is baie traag omdat daar nie genoeg geld is om alle oud lede te vergoed nie. Die ‘botomline’ is, die wet maak wel voorsiening daarvoor, dis nou ‘n kwessie hoe om dit te benader.

Edward James Shawe Snr ·

Ek het in Januarie 2016 hierdie man gerapporteer aan die ID(intillegensie diens). Sy Capitec Bankrekening was toe gevries waarop hy toe n ABSA rekening ge open het. Die weermag SANW/SANDF sal nie fooie vra vir oud lede (veterane) nie. Die Weermag sal ook publiseer in die staatskoerant indien daar enige registrasies van veterane sal plaasvind. Ook sal dit in alle nuusblaaie en oor SABC nuus bekend gemaak word. Ek persoonlik verssoek dat oud weermag lede hulle self moet weerhou daarvan om by sulke aktiwiteite betrokke te raak en fooie daar voor betaal.

Christina ·

Indien hy ‘n Bankrekening geopen het behoort die bank sy foto sowel as sy ID te hê?

GERRIT ·

Nou vra ek maar net hoekom was daar dan geld destyds om al die ander te vergoed na die integrasie. Moet die Weermag dan nie so begroot dat fondse beskikbaar gemaak word om hierdie regulasie soos deur die wet bepaal tot sy reg te laat kom nie.

DPJ ·

Mense wat in geldelike nood is sal enige “scam” glo om geld in die hande te kry en stel nooit vrae nie

Schalk ·

Ok, as almal nou vir my twee honderd rand stuur, kan ek tenminste niks vir julle doen nie, maar sal beslis n smile op my vrou se gesig sit as ek die bankstaat rondswaai.

Jan maak n Plan ·

EK was self verbonde aan die staande mag tot 1991, maar ek kan wraggies nie glo dat daar nog mense in die land is wat glo dat hierdie regering geld sal gee aan ou wit soldate nie. Jy staan ‘n beter kans om swanger te raak.

J. Clyn ·

Ongeveer 6 jaar gelede het ek saam met n groep oud soldate gaan registreer
by Wingfield in Kaapstad. Daar was weermag personeel by tafels wat jou besonderhede
geneem het. Hulle het ons selfoon nommers geneem en gese ons sal per selfoon
in kennis gestel word van verdere verwikkelings. Wat is die kans dat ons ooit iets sal hoor.

JK ·

Dieselfde het ook in Johannesburg gebeur. Die ouens wag nou nog.
Dit was wel by ‘n Weermag kantoor. Hoekom het niemand toe niks gese vir die mense nie. Hulle was soldate van die 1964 en later.

Chrissie ·

My seun het Staat medies agv sy grensdiens beserings.
‘Hy kon nog nooit daarvan gebruik maak nie want hulle gee hom nie magtigings nommer of Distriksgeneesheer se naam om te besoek nie.
Na vele korrespondensie het ons moed opgegee.
Sy pensioen was veronderstel om aangepas te word na verloop van tyd agv verswakking wat intree? Weermag reageer glad nie.
Ek praat sedert 1989 vra, kontak hul telefonies per e-pos, maar geen terugvoer.
Dis die dank wat ons kry, nadat hul jou kind met mooi drome in hul oë vir die toekoms, na matriek uit jou huis kom wegneem het, om WAT te verdedig op die grens????
Dus geen hoop vir jou 6 jaar vorentoe ook nie. Jammer om slegte tyding oor te dra.

Tiger ·

My man het ook deur ‘n goeie vriend wat in politieke kringe beweeg gehoor van die storie.Hy het net gese hy weier om enige besonderhede van homself te gee want dis die anc se manier om uit te vind waar al die “ou soldate” van die vorige bedeling hul tans bevind en ook om sodeonde uit te vind hoeveel daar nog van hulle i die land is.

Tinktinkie ·

En “hulle” gaan seker d moeite doen om hierdie “gevaarlike” oud-soldate uit d weg te ruim??? Age-nee Tiger….dis net so erg soos om te glo d regering van d dag gaan finansiele voordele gee!! ??

Janie ·

Wens mense wil nie altyd so negatief wees oor die DMV nie. My man het geregistreer , en ons het nou al vir 2 jaar in ‘n ry ‘n studiebeurs van DMV vir my dogter wat aan UP studeer ontvang. Die beurs het haar klasgelde , boekgelde , akkommodasie , “electronics” toelae waarmee sy vir haar skootrekenaar kon koop , en selfs sakgeld per maand ingesluit. En die beste is sy hoef niks terug te betaal of terug te werk nie . Sonder hulle sou ons haar nooit op universiteit kon hou nie . Mense haal hulle so uit omdat hulle kwansuis niks vir ons doen nie, maar ek sal die DMV ewig dankbaar wees !

Tiger ·

Tinktinkie ek voel jammer vir jou.Jy leef duidelik in ‘n droom wereld.As jy maar kon weet hoe fyn die SAPD die huidige Kommandokorps lede dophou sal jy verstaan .Ons gee GEEN inligting aangaande ons aan enige iemand meer uit nie.

Sê maar net ·

Karen b …. Nou hkm die ou nuus lees…. as dit jou so pla…
Geniet elke beriggie.. dankie Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.