Sleutelgetuie doodgeskiet ure voor hy sou getuig

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Taxibestuurder is Maandagoggend in Dobsonville in Soweto vermoor slegs ure voor hy sou getuig in die saak van sy vriend wat teregstaan weens die moord op sy vriendin.

Kapt. Mpane Khoza, woordvoerder van die polisie, het gesê dié man was die sleutelgetuie in die saak wat in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor word. Dít is die tweede moord wat met dié saak verbind kan word.

Die ondersoekbeampte in dié saak is ook vroeër in ʼn “sluipmoordaanval” dood.

“Die taxibestuurder het in 2009 glo gesien hoe sy beste vriend sy vriendin vermoor. Die saak is geskrap omdat daar te min bewyse was. Die ondersoekbeampte het egter nog bewyse bymekaar gemaak en die saak is teruggevat hof toe,” het Khoza gesê.

“Toe dit duidelik word die beskuldigde kan nie wegkom nie, het hy huurmoordenaars gekry om die ondersoekbeampte te vermoor.” Die beskuldigde is in September vanjaar skuldig bevind aan die moord van die ondersoekbeampte en tot 22 jaar tronkstraf gevonnis.

“Die saak in verband met sy vriendin se moord is nog aan die gang.”

Niemand is nog in verband met die moord op die taxibestuurder in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lee ·

Is daar nie iets soos “witness protection” in SA nie?? Dis sleg shame.

TRAGIES ·

Dit is hoekom daar so min vervolgings is gemeet aan die misdade wat gepleeg word.. hierdie mense raak ontslae van die getuies, ook in verkragtingsake .. voordat die hofsaak ‘n aanvang neem, word die getuies een vir een uitgehaal .. en as die ander dit sien, verander hulle vinnig van plan …

Sulke Tye ·

Sulke tye moet daar doodstraf wees, dit wys jou hoe gevaarlik die gemors is, hy sit in die tronk of hopelik wag hy nie by sy huis op parool omdat daar nog ‘n saak is nie. Hy laat vermoor uit die tronk wat daarop dui dat hy nogsteeds groot kriminele bedreigings uitvoer.

Leahim ·

Die polisie kan hulself nie eers veilig hou ,gevangenis ontsnap gereeld uit polisie aanhouding nou waar gaan hulle nog getuies kan bewaak dit is hoekom ek altyd vra verduidelik wat doen hulle behalwe om glo altyd iets te ondersoek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.