Slim vang sy baas vir dié ‘dronkbestuurder’

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

ʼn Beweerde dronkbestuurder wou glo Kaapstad-metropolisiebeamptes die afgelope naweek om die bos lei, maar was onsuksesvol.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê die man wou homself as ʼn passasier voordoen, maar hy kon metropolisiebeamptes nie mislei nie.

“Beamptes was Sondag op patrollie in Bishop Lavis toe hulle gesien het ʼn wit Toyota Venture verontagsaam ʼn verkeersteken. Hulle het die bestuurder versoek om af te trek, en het toe gesien hoe hy van die bestuurder se sitplek oorskuif na die passasiersitplek,” het Smith gesê. “Hulle het vinnig ontdek waarom hy dit gedoen het – hy was onder die invloed van alkohol.”

Die man is by Bishop Lavis-polisiestasie aangehou.

Hy was een van 21 persone wat die naweek deur die metropolisie in hegtenis geneem is in verband met dronkbestuur. Kaapstad se verkeersdiens het 46 verdagtes vir dronkbestuur in hegtenis geneem, insluitend 29 by ʼn padblokkade in Kuilsrivier.

“Dronkbestuur is steeds een van ons grootste probleme. Daar was ʼn toename van 15% in die getal inhegtenisnemings die afgelope finansiële jaar. Dit plaas geweldige druk op ons hulpbronne, aangesien elke persoon wat in hegtenis geneem word, by ʼn polisiestasie ingeboek moet word, hul bloed moet getrek word of ʼn asemtoets moet ingedien word en die persoon moet dan in hegtenis geneem word. Die betrokke beampte moet die verdagte deurgaans vergesel, wat beteken beamptes kan nie aktief patrollie doen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dafer ·

Wat presies is die ‘moral of the story here’?
Betaal jou omkoop bedrag by die punt van arrestasie en move asseblief net aan sodat ander se lewens beskerm kan word?

Peens ·

Nee dis moe werk wat gedoen moet word , Hoekom moet ons werk

magda ·

Verstaan nie die mense nie, die berig is om te se dat daar meer dronk bestuurders op ons paaie is, en JA dit vat baie van die Polisie beamptes om hulle te arresteer en alle papier werk afgehandel te kry, Hof toe en wat ookal daarna gebeur, Dit is hulle werk, maar as dit verminder kan word kan daar meer mense op roetine patrollies geplaas word om veiligheid in ons omgewings te doen. Vang hulle die dronk bestuurders is dit n probleem, doen hulle dit nie is dit n probleem – Dankie SAPD dat julle darem hier probeer om julle werk te doen.

Anoniem ·

Man. Daai polisie het nie mooi gekyk nie. Hierdie was een van daai self-drive Ventures.

Piet ·

My raad is om so naby aan die ou voor jou te ry dat die poot nie tussen die twee karre kan inspring nie. Jy kyk in ‘n heel ander rigting “sodat hulle seker is jy sien hulle nie”. As jy eers verby is moet jy loop soos die wind, nie dat ek dit al gedoen het nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.