Slotbetoë aangehoor in Coligny-moordsaak

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard Foto: ANA

Slotbetoë sal na verwagting Dinsdag in die Noordwes-hooggeregshof se sitting in Mahikeng aangehoor word in die saak van twee plaaswerkers wat beskuldig word van die moord op ʼn tiener van Coligny.

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) word daarvan beskuldig dat hulle op 20 April 2017 die 16-jarige Matlhomola Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgestamp of afgegooi het en dat hy weens dié val gesterf het. Die staat beweer dit het gebeur nadat die twee mans Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se landerye steel.

Schutte het aan die hof gesê Mosweu het nog gelewe nadat hy glo self van die bakkie afgespring het terwyl hulle na die polisiestasie gery het. Hy sê hy het Doorewaard met twee mense by Mosweu gelaat terwyl hy hulp by die polisiestasie gaan soek het.

Gewelddadige betogings het in 2017 die dorp geruk ná nuus oor die afsterwe van Mosweu aan die lig gekom het.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elvira ·

Ek hoop en bid dat GEREGTIGHEID en die WAARHEID in hierdie saak gaan weerspieel en dat hierdie twee boere nie deur opswepery veroordeel gaan word nie.

Johanna ·

Was daar al ooit enige betoging oor boere wat wreedaardig vermoor is? Die groot Regter sal regverdig oordeel oor die LEUENAARS.

jakes ·

Ek hoop dat ons regstelsel met regverdigheid hierdie saak sal beoordeel.

Jacques ·

Dit wil vir my voorkom asof die staat self nie seker is wat gebeer het nie , want hulle BEWEER die voorval het gebeer agv ??? Dit klink vir my soos n heksejagtery net om nog twee wit manne uit te haal ??? Baie sterkte aan die twee boere .

Staak saam ·

As jy tweifel oor hulle onskuld vra jouself die vraag, wanneer laas het jy n boerseun of plaasvoorman sien agter op n bakkie ry?

Anoniem ·

MM, help my bietjie, waar het Schutte gesê hy het Doorewaard met twee mense by die kind agter gelaat….?

Abe ·

Anoniem,
Schutte het dit aan die hof gese net soos in die berig gerapporteer. Lees Mm se berig hierbo.

PJC ·

Ek hoop nie nie hierdie saak verloop ook soos die doodkis saak nie. Ek het geen vertroue meer in die reg nie.

George Pelser ·

Ek voel baie jammer vir die manbe. Hulle sal nie regverdig behandel word nie want hille is wit. Punt. Ek,soos honderde duisende ander in hierdie goddelose wettelose piesangrepubliek het GEEN vertrou meer in of die polisie of die regstelsel nie. Zero.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.