Slotbetoë in Sizani-bedrogsaak aangehoor

Portia Sizani (Foto: ENCA.com)

Die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth sal na verwagting Dinsdag slotbetoë aanhoor in die R1,2 miljoen-bedrogsaak teen Portia “Pankie” Sizani, vrou van Stone Sizani, die voormalige ANC-hoofsweep in die parlement.

Portia Sizani staan steeds tereg op 16 aanklagte van bedrog en tien aanklagte van geldwassery nadat sy in Februarie 2016 onskuldig bevind is op vyf van 15 aanklagte van geldwassery teen haar.

Sy word daarvan beskuldig dat sy die Oos-Kaapse departement van onderwys uit meer as R1,2 miljoen bedrieg het deurdat sy verskeie vervalste aansoeke vir Graad R-onderwysposte verwerk het.

Sy was in daardie stadium die distrikskoördineerder vir vroeë kinderontwikkeling en het glo “spookonderwysers” aangestel en tussen 2009 en 2010 na bewering hul salarisse in haar sak gedruk.

Die saak word hervat nadat dit vantevore verskeie kere uitgestel is. Die saak is in Februarie 2018 uitgestel nadat Sizani bloot nie by die hof opgedaag het nie. Die saak teen Sizani is ook in Julie 2017 uitgestel toe sy glo in Duitsland was en nie die hofverrigtinge kon bywoon nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

GH ·

Pleeg bedrog en dan word die saak uitgestel omdat sy “bloot nie by die hof opgedaag het nie”. Word mens dan nie inhegtenis geneem nie?

Pensioenaris ·

Dis darem lekker….jy daag dood eenvoudig nie by die hof op nie. en geen haan kraai daar oor nie. Nou kraai die haan n jaar later sodat sy nog gou eers n paar randjies in haar sak kan steek. Niks gaan hier van kom nie.

NICKEY VAN NIEKERK ·

Dit hang af hoe diep is jy en sekere individue in mekaar se sakke in.
Ek het opgegee om die mense se manier van redenasies eers te probeer verstaan..dit maak my kop seer,

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat vat 8 jaar om ‘n saak afgehandel te kry?

Jepetto ·

Dag se Maroela Span kan julle vir ons op hierdie storie ophoogte hou daar word nou a geruime tyd kat en mius met die gereg gespeel dit gaan baie interesant wees wat die uituinde gaan wees

IK ·

Ek het in die nag van daardie spookonderwysers gesien by Schweizer- en Stilfontein se skole. So hulle is bedrywig, né Lesufi?

Dries du Toit ·

Dan is haar man nog SA se ambassadeur in Duitsland. Waar eindig hierdie kader politiek van ons. Dit is vreeslik

ne ·

Lekker – sy is bo die gereg verhewe. As ons nie opdaag vir ‘n hofsaak nie is dit minagting van die hof! Hoekom is sy nog op vrye voet? Stel Duitsland in kennis van die bedrog.

Gert van Wierdapark ·

Ek neem aan een van haar spoke sal in haar plek tjoekie toe moet gaan, want sy sal seker ook nie opdaag as sy eendag gevonnis sou word nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.