Sluier gelig oor pad vorentoe vir grondonteiening

land-landbou-grond-deur-carlo-verso-unsplash

Foto: Carlo Verso/Unsplash.com

Die parlementêre ad hoc-komitee oor die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, het die sluier gelig oor hoe hulle hul taak vorentoe sien.

Die voorsitter van die komitee, oudminister en nou senior ANC-LP, Thoko Didiza, het die media toegespreek oor die pad vorentoe, en dit is duidelik dat die komitee hom langsaam gaan haas, en nie maklik sy spertyd van einde Maart vir die formulering van ’n voorgestelde verandering in die Grondwet gaan haal nie.

Didiza het aangedui dat die ad hoc-komitee eers regsekerheid wil kry oor sekere aspekte, en dan kennersmenings wil inwin voordat hulle die kern van die proses takel.

Dit gaan in die praktyk beteken dat die werk oor ’n wysiging in die Grondwet eers ná die verkiesing voltooi sal wees, wat beteken die nuwe magsbalans ná die verkiesing sal vir die lot daarvan bepalend wees.

Die huidige samestelling van die parlement maak dit wiskundig onmoontlik vir ʼn grondwetwysiging om te slaag as die groepering wat teen die wysiging gekant is (die DA, IVP, VF Plus, Cope en ACDP) bly saamstaan, en tensy die ANC en die EFF dieselfde grondwetwysiging ondersteun. Tans ondersteun die ANC en die EFF mekaar nie in daardie verband nie.

Ná die verkiesing kom ’n nuut saamgestelde parlement egter byeen.

Didiza het aangedui dat haar komitee se werk gaan begin met regsadvies deur die parlementêre regsadviseurs, veral oor die impak van die hofsaak tussen AfriForum en die parlement – wat verlede jaar baie goed vir AfriForum afgeloop het in die Kaapse hooggeregshof – op die proses.

Daarna sal die menings van bekendes soos advv. Temebeka Ngcukaitobi en Wim Trengove ingeroep word, asook die voormalige regter van die konstitusionele hof, regter Albie Sachs, die voormalige adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke, die adjunk‑regterpresident van KwaZulu-Natal regter Isaac Madondo, en die grondsakekenner prof. Ruth Hall van die Universiteit van Wes-Kaapland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Frikkie ·

Hulle soek moontlike skuiwergate (loop holes) uit om dit sodoende te elimineer sodat daar geen verweer teen die’ grondgrype gaan oor wees om jouself mee te verdedig nie

Realis ·

Wees bang, wees baie bang. Ons Kristalnacht kom.
(Google dit)

Felix ·

Jan-Jan, Cyril Ramaphosa het dan so ‘n paar dae gelede gesê die episentrum van die landbourevolusie lê in Suid-Afrika se landelike gebiede. Nou sal ek graag by hom wil hoor, as dit in die land gaan soos dit gaan met als wat afgebreek is, dienslewering wat vodde is en Eskom wat nie werk nie, hoe beplan hulle om krag by daardie mense uit te kry, of gaan hulle net bestaansboere wees?

Wat nou, of raai almal maar soos die wind waai daar waar hulle is?

Jepetto ·

Sirrell nou het jy vir jou self a lat geplik julle het dan belowe voor die verkiesing gaan julle dit deuir drik

ne ·

Lekkker bang vir Afriforum!!! Maak eers julle sommetjies mooi voor julle beloftes maak.

Hendrik ·

As die magsbalans na die verkiessing die grondhervormingsbeleid gaan bepaal, beteken dit net een ding – die ANC saal ‘n koalisie met die EEF moet aangaan om ‘n meerderheid stemme te hê. Vir die EFF om daartoe in te stem, sal hulle ‘n baie radikale grondhervormingsbeleid (staat vat en besit all grond) soek.

Alida ·

Hulle het genoeg tyd gehad. Wil nou net stemme werf en die verkiesing wen. Terloops Jepetto leer bietjie spel jong. Shoe wat wil jy eintlik se?

Zombie ·

Is “shoe ” reg gespel? Ek kon verstaan wat Jepetto sê.

Gert J ·

AFRIFORUM en SOLIDARITEIT is 2 groot aambeie vir die ANC. ANC weet hulle kan nie teen die 2 wen nie

Buite Stander ·

Afrikaners is te vedeeld. Party van hulle hemel ANC ministers op.

Werner ·

Wonder wat gaan Afriforum en solidariteid doen as die gepeupel voor die voet begin grond beset want dit kan maklik gebeur as daar nie aan die verwagtinge wat geskep is realiseer nie

Veritas ·

Grondonteiening sonder vergoeding gaan kom, of ons daarvan hou of nie. Die ANC besef egter dat hulle ‘n balanseertoertjie moet uithaal om dit te laat werk. So koppig as wat die ANC ookal hieroor is, besef die besluitnemers dat dit die landsekonomie ernstig gaan skaad, hoofsaaklik weens disinvestering en verlaagde landbouopbrengste. Wat hulle ookal besluit om te doen, mag nie voedselsekerheid benadeel nie en hulle is terdeë hiervan bewus.
Die gevolg hiervan sal wees dat sekere ongebruikte landbougrond, wat aan die staat behoort, eerste aan die beurt sal kom. Die volgende stap gaan wees om ongebruikte grond, in buitelandse besit, te teiken. Namibië het die toon hiermee aangegee deur ongebruikte grond, wat hoofsaaklik in Duitse besit is, te teiken. Hiermee sal hulle stelselmatig die voelers uitsteek om die produksieopbrengste te toets alvorens hulle enige privaat landbougrond, wat ekonomies bestuur word, te teiken.
Hulle probleem hiermee is egter dat, indien hulle die EFF gaan nodig kry om die grondwet te verander, die EFF nie hiervoor te vinde gaan wees nie.
Cyril Ramaphosa is deeglik bewus van watse impak dit op beleggingsvertroue gaan hê en hy besef dat hy katvoet sal moet loop om SA nie in ‘n tweede Zimbabwe te omskep nie.
My gevoel is egter dat die regerende party so baie steun verloor het dat dit nie maklik sal wees om die grondwet te verander nie.

Gaitsigubib ·

Veritas, jy raak, raak net aan die Zim scenario, of sal ek se die Zim katastrofe. Die vraag wat mens op hierdie stadium moet vra is waarom ons NIE die Zim pad sal volg nie. Ons nader al die 30% kerf van werkloosheid en van die wat wel werk het leef seker 50% feitlik op die broodlyn. Ons praat nou nie van die regering nie, maar wel van mense wat niks het om te verloor nie (net soos in Zim). Wanneer die regering tot vervelens toe gratis grond en diense aan almal belowe sal hy sy woord moet hou anders gaan hierdie mense hulle self begin help. Dit help nie eers CR wil nou ‘n ander rigting inslaan nie want hy sal dit nie oorleef nie (dalk nog letterlik) en hy weet dit. In Zim wou Mugabe briek aandraai teen die grondgrype, veral toe die hoogste howe beslissings teen hom begin maak het, maar hy kon nie want sy weermag en polisie was deel van die grondgrype. In so ‘n wettelose spul wou almal ‘n stuk grond gryp en niemand kon dit keer nie, beslis nie die 5000 komersiele boere nie. Wat laat iemand nog dink dat ons nie die slefde pad sal volg nie? Self blankes in ontkenning is op die tiekkie presies wat in Zim gebeur het.

Veritas ·

Gaitsigubib, daar van die vlaktes duskant Hebron, jy is waarskynlik doodreg. Ek is net ‘n ewige optimis en verkies om feite onder die oë te sien. Wat ek wel weet is dat negatiwiteit, negatiwiteit baar. Om heeltyd net die ergste te verwag, kan nie lekker wees nie.
Slegs die Vaderhand kan ons deur hiedie dilemma lei en ek het volle vertroue in Hom. Hy sê immers dat daar nie een haar van jou hoof sal val, as Hy dit nie toelaat nie.

Hennie Taljaard ·

dis nie maklik om in Suid-Afrika te boer nie. vergeet van wie die grond besit en laat die boerdery oor aan die mense wat kan. dit behoort die enigste uitgangspunt te wees en nie ideologiee nie.

Veritas ·

Johan H. Dié van ons wat deur die grensoorlog is, weet dat dit erger is as wat in films uitgebeeld word. Al voel meeste van ons dat ons sal veg vir dit wat aan ons behoort, moet ons nie met ons harte dink nie maar met ons verstand.

Stem saam ·

Ek was nie self in enige oorlog nie, maar kan nie mense verstaan wat so opgewonde raak oor moontlike oorlogspraatjies nie. En gaan die Afrikaners teen die res van die land veg of hoe sien hulle dit? Want ek gaan definitief nie saam veg nie – noem my maar ‘n laffaard!

Johan H. ·

Stem saam veritas, maar dink jy vir een oomblik die boettjies sit op hul loure. Ek is van mening baie wittes begin nou al op die mespunt sit en het nie meer baie om tte verloor nie. En as ek my eindom verloor, wat keer my om as die stof gaan le het, terug te kom en bietjie reg laat geskiet,ek ken immers my eiendom, maar ja ons moet bid die leiers is wys..

Gaitsigubib ·

Johan H, ek sou ook graag wou saam stem met Veritas, ek doen gewoonlik. Die massas soek mos nie staatsgrond nie, want almal weet mos nou dat almal nie wil boer nie, en boonop is daar mense was dakades lank vertel is dat hulle alles veriet MOET kry. Die staat se eie audit(s) het dan bepaal dat die meerderheid eerder geld i.p.v grond wil he. Veritas het onbaatsugtig diens vir sy land gaan doen en daarvoor verdien hy respek, of jy nou teen of tengunste van die oorlog was. Op die oomblik is die witman nie in n posisie om te praat van oorlog nie. As n ander egter teen jou oorlog verklaar dan het jy seker nie n keuse nie. Die oorlog praaitjies kom van manne in rooi wat sterk bande met die regering het. Blankes is te besig om Vicky Momberg te stenig terwyl die rassiste wat moord en doodslag verkondig gerieflk oor die hoof gesien word. Hierdie blankes vererger die situasie.

Kaptein ·

Die oorlog (indien enige) gaan heel moontlik reaktief geveg word vanaf die Afrikaner kant af. Maar … ons is definitief nie gereed vir so ‘n oorlog nie. Die destydse boere het hard geleef en was dus in staat om hard te veg, ek vrees ons is te sag en te verdeeld om veel sukses te behaal.

Ek ook ·

Ek ook en die ‘sluier’ ook nie rerig gelig nie?? Niks nuuts nie… En ek weer bitter mense gaan saam stem, maar om eerlik te wees, lyk dit tog vir my of die ANC hierdie storie baie versigtig en mooi sal aanpak. Ek glo niedat plase gaan links en regs onteien word nie en stem saam dat boere wat met hektaars en plase en plase sit, maar nie daarop boer nie se grond produktief gebruik moet word. Onbekwame boere gaan egter nie die mas opkom nie so moeilik!

John ·

Indien die EFF bietjie opwaarts beweeg in die verkiesing gaan hulle, dalk nog voor dit, die plaashekke toets en mense instuur om grond te beset… juis om boere op te werk om te reageer. Enige reaksie wat benut kan word gaan in die opgeblaas word om rassehaat te laat eskaleer. Fisiese konfrontasie word beplan. Boere moet nou reeds gewaarsku word om nie te oorreageer nie, want dan kook die sop oor.

Sarel ·

Onwettige besettings van grond vind reeds gereeld plaas, die boere egter dwing die onwillige polisie om hul grondwedlike plig uit te voer deur op te tree weens die betreding wet wat nog instand is. Burgerlike oorsig is deesdae n vereiste, moet nie dink dat die meerderheid SAPD lede is jou goedgesind nie. Kry jouself op hoogte tov wat hul wetlike pligte behels en hou hulle daarby. Moet nie hulle hul plig laat versuim om jou te maak glo dat jou klagte siviel van aard is nie.

Boet Fasie ·

Ek is van mening dat daar meer mense in Suid Afrika bekommerd moet wees oor grondbesetting en onteiening sonder vergoeding. Pasop vir daardie vakansie huise en ekstra huise wat net een maal per jaar gebruik word, ons moet mos deel en afstaan aan die wat nie bevoorreg was om hulle te verryk nie. Die ding gaan nie eindig by plase vat nie, daar is ‘n groter prentjie waarna gekyk word.

Sarel ·

Boer Fasie, jy is in die kol , selfs ook beleggings mag in die visier wees, alles kan n teiken wees.

Johan ·

Kyk gerus wat die WGO se voorspelling vir Suid Afrika is vir 2050 – Die boere sal moet 50% meer produseer as nou! – Hier kan nie net grond onteien word as die volgende persoon nie meer kan gewasse en vleis produseer nie – na wie toe moet die lokale verbruiker dan draai? – Wat van die res van Afrika wat van ons gewasse , vleis en so meer afhanklik is?

Gaitsigubib ·

Hulle (van ons eie boere) gaan dit elders is Afrika produseer. SA moet eers sy les leer en leer gaan hy hom leer. Suid- Afika is grootliks n woestyn met marginale grond oor groot dele. Grond is meer beskikbaar en meer water noord van ons.

Staak saam ·

Stem saam, dit is tyd om groot te word jong.
Niemand soek n oorlog nie maar dink vir jouself, wat gebeur met die Rand as hierdie onteiening deur gedruk word. Net n dwaas dink dat hy net eenvoudig sal kan aanploeter tot alles weer goed gaan, as die Rand val dan is daar n hele reeks rippels wat deur hierdie riooldam daan rol, werksloosheid klim en n man wat nie verdien nie kan nie betaal nie, so jy verloor jou huis jou kar, al daai mooi goetertjies is poef…..weg. Op daardie stadium moet jy hoop dat hiperinflasie ons nie tref nie.

Nee my vriend, jy sal nie met n geweer baklei nie, jy gaan kaalvuis baklei vir n stikkie om te eet.
Baklei sal jy baklei of jy wil of nie!

Stem saam ·

Staak saam, so jy is van mening dat as daar oorlog is die Rand sal versterk? Jong, ek weet nie. Voel vir my ons is in ‘n hoek en al wat oorbly is hoop vir die beste. Ek is nogals nie meer so bekommerd nie en wil bly glo dat ons produktiewe boere nie hierdeur benadeel sal word nie. Ek was amper siek soos wat ek moes besluit of ons as gesin wil emigreer of nie, maar het nou vrede en bly net hier. Ek het ophou ‘baklei’ teen als, besef ek bly in Afrika, nie meer my Suid-Afrika nie, en moet aanpas of ek gaan ongelukkig wees en myself moeg dink en baklei. Eintlik is ek gatvol verby!

Judge Dredd ·

Die manne wat so spog hulle gaan nie stem sal maar moet gaan stem – al is dit net om die ANC en EFF se gesamentlike steun onder twee derdes te kry.

Derf ·

50 mense sê ja en 1 sê nee. Hoe wonderlik het die stemmery ons gehelp die laaste 20 jaar. Al wat jy doen is jy gee jou toestemming vir wat volg, want jy was mos nou deel van die demokratiese proses.

sinies ·

Wees gewaarsku! NA die verkiesing gaan die poppe behoorlik verkeerd begin dans vir die blanke.

Johanna Botha ·

Die wat se hulle gaan nie stem nie het dan geen rede om te kla nie …hulle is maw net so dom soos die res …dis eenvoudig een stem minder is n stem vir die oposisie …hoekom vertaan mense dit nie dis so n basiese begrip !

Vra net ·

Verduidelik hoe dit werk asb. Wat nou van die ANC lid wat wegbly? Is sy stem dan een VIR die opposisie? Ek verstaan nie mooi nie…

Kalahari ·

Daar le nog baie swaar tye voor. Veral met die als vernuut denkwyse van die meerderheid. Geen infrastruktuur kan hou as dit nie opgradeer word en die populasie spring buitensporig nie. Dan is daar die National Health Insurance. Vernuut hoër onderrig. Daar word nie nuwe universiteite gebou nie. Waar gaan daar plek wees vir almal? Die 8% belasting betalers gaan net moet opdok vir die meerderheid se free alles wat belowe word….

Anoniem ·

Derf, of jy “toestemmig” gee of nie, doen gaan die regering doen. As jy stem, probeer jy darem die “doen” bestuur, al is dit dan in ‘n geringe mate. ‘n Geringe mate is beter as geen mate! Ons is so min, ELKE liewe stem maak ‘n verskil.

Wonder ·

Ek kan nie mooi onthou waar ek die gelees het nie, maar ek onthou dit.
Dis nou dat jy nie op prinse moet vertrou nie,
Jy moenie in dieselfde juk trek as die ongelowige nie,
En jy moet alle dinge beproef en die goeie behou, of so iets.
Dit laat my wonder of Derf nie tog iets beet het nie…

Lynne ·

My STEM & GELD gaan net vir AfriForum & Solidariteit! Dis die enigste 2 Instellings in die land, wat nog my belange op die hart dra! Van korrupte & magsbehepte politici, wil ek NIKS weet nie……

Werner ·

Dink die kaanse dat hier n noodtoestand afgekondig gaan word om die verkiesing permanent uit te stel is beter as die kaanse dat hier n verkiesing gaan wees

Realis ·

Kry daai selle gevoel. Dis hoekom ek so bang is vir daai middernagtelike aanvalle. Hulle oefen al vir maande hoe om gebiede af te sper. Polisie oefen al maande saam om niks te doen nie en net die toestande “dop te hou”. Ons gaan heeltemal op ons eie wees om te oorleef. Dis hoekom ek sê ons moet baie bang wees.

Kaptein ·

Mense – ons enigste hoop is in God Almagtig. Ons moet hierdie oorlog/geveg in die geestelike oorwin – dan volg die fisiese.
Roep uit tot Hom, vertrou Hom en bid daagliks vir ons land en ons volk.

CJ ·

Ek wonder hoeveel buitelanders gaan baat vind hiermee? O ja, my broers en susters in die verdrukking, koop tog asseblief net n woordeboek voor die oorlog begin en leer spel asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.