Sluier verder oopgetrek oor ‘skelm’ burgerskap vir Gupta-familie

Die bruidspaar, Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia by die Valley of Waves, Sun City. Foto: Haranath Ghosh, Twitter

Die burgerregtegroep Organisation Undoing Tax Abuse (OUTA) het Woensdagoggend belangwekkende besonderhede oor die wyses waarop die omstrede Gupta-familie gunste en gawes van amptenare in die departement van binnelandse sake ontvang het, aan die parlement verskaf.

Die voorlegging deur Rudie Heyneke van OUTA aan die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake gaan na verwagting die druk laat toeneem op pres. Cyril Ramaphosa om die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, af te dank oor sy beweerde rol in staatskaping.

Vanoggend se sitting van die portefeuljekomitee het veral gehandel oor die toestaan van burgerskap aan die Gupta-familie, en die kortpaaie wat daarmee gevolg is.

OUTA se omvattende en deeglike voorlegging het trouens begin met ’n dokumentêre voorlegging oor die hegte verhouding tussen Gigaba en die Guptas. Dit sluit in Gigaba se teenwoordigheid by verskeie Gupta-funksies soos Diwali-vierings (die Hindoefees van die ligte), die Fifa Wêreldbeker, aandetes van die New Age-koerant, die groot Gupta-troue by Sun City (waar die familie waarskynlik hul hand oorspeel het), en die Suid-Afrikaner van die Jaar-toekenning wat deur die Guptas geborg is.

Volgens OUTA was daar nie veel inligting in die sogenaamde Gupta Leaks-dokumente oor hoe die familie burgerskap verkry het nie.

Wat wel beskikbaar is, is dokumentêre bewyse dat ’n amptenaar van die departement van binnelandse sake, Ndifewlani Dombo, op 1 April 2015 burgerskapvereistes gestuur het aan Anshu Chawla, operasionele hoofamptenaar van die Gupta-maatskappy Sahara Holdings.

Reeds op 30 Mei 2015 teken Gigaba ’n amptelike brief om versnelde burgerskap aan verskeie lede van die Gupta-familie toe te ken, wat hulle van verblyfvereistes kwytskeld.

In September 2015 teken Gigaba vroeë burgerskap-toekennings aan nog drie Guptas: Varun Gupta, Tanvi Gupta en Kanishk Gupta. Hulle kry op 17 Desember 2015 volle burgerskap.

Die intieme taalgebruik in die tersaaklike e-posse bewys volgens OUTA die hegte verhouding tussen Gigaba en die Guptas.

Pres. Zuma , Atul Gupta en Noxolo Kiviet. Foto: Flickr/GovernmentZA

Namate ’n mens daarna deur die e-posse gaan, sien jy dat al meer mense vir Chawla nader om in te gryp by Gigaba om vroeë burgerskap te laat toeken, en dat Chawla sy invloed dan ook inderdaad gebruik.

Gigaba gaan dan luidens die dokumentasie voort om twee amptenare van die departement van binnelandse sake – mnre. Christians en Mungadziwa – by die departement se kantore in die Indiese stede Nieu-Delhi en Moembaai aan te stel. Van dié twee was mnr. Gideon Christians die aktiefste.

Dokumentêre bewyse bestaan volgens OUTA dat Christians as tussenganger vir Gupta-steenkoolkontrakte opgetree het en dat ’n vriendskaplike verhouding tussen Christians, Chawla en Tony Gupta bestaan het. Chawla het glo sy invloed by Christians gebruik om allerlei visums te versnel, insluitend visums wat op vals inligting berus het, aldus OUTA.

Christians, vir wie Chawla in e-posse as “broer” aanspreek, help ook om ’n reisverbod op ’n omstrede Indiese burger gelig te kry.

Die direkteur: buitelandse kantoor-koördinering en -ondersteuning van die departement van binnelandse sake, mnr. Major Kobese, word ook betrek.

Kobese het gehelp dat visums wat deur Chawla aangevra is, voorkeur geniet. Hy stem ook in dat Christians en Mungadziwa in Nieu-Delhi en Moembaai ontplooi word al was daar geen poste of begroting beskikbaar nie. Dit kos die belastingbetaler R2,2 miljoen per jaar aan ongeoorloofde uitgawes.

’n Verdere betrokkene is die departement van binnelande sake se hoofdirekteur: permitte, mnr. Jack Monedi.

Monedi se betrokkenheid berus daarop dat Chawla aan hom versoeke sou stuur om die toestaan van werkpermitte te versnel deur die nakom van sekere voorskrifte ter syde te stel. Waar sulke versoeke gewoonlik agt maande in beslag neem, kry Monedi dit in twee maande afgehandel vir die Guptas.

Ajay en Atul Gupta. Foto: ANA

Monedi word dus na verskeie Gupta-jolighede genooi, insluitend die Gupta-troue op 30 April 2013 by Sun City en die ANN7-bekendstellingsfunksie op 21 Augustus 2013.

Nog ’n direkteur by die departement van binnelandse sake, mnr. Siphiwe Maphumulo, het ’n versoek van Chawla toegestaan dat ’n spesiale toonbank by doeane en aksyns op die OR Tambo-lughawe ingerig word vir gaste van die Gupta-troue in April 2013.

Hoewel dié lughawe toe gebruik is nie (die lugmagbasis Waterkloof is gebruik) het Maphumulo wel vir sy moeite ’n uitnodiging na die Gupta-troue by Sun City ontvang.

Wat Chawla self betref is Suid-Afrikaanse burgerskap op 9 November 2011 aan hom toegestaan. Hy tree volgens OUTA op as skakel tussen die Guptas en die departement van binnelandse sake. Ten spyte daarvan dat die departement van handel en nywerheid amptelik vir Chawla in kennis stel dat hy Suid-Afrikaners vir die betrokke poste moet werf, verkry Chawla werkpermitte vir vyf Gupta-beheerde maatskappye van die departement van binnelandse sake.

OUTA het dus kriminele klagte teen Gigaba, Christians, Tony Gupta en Chawla ingedien, en dit word tans ondersoek, het Heyneke gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Paul ·

En die Chinese, val dit wat nou plaasvind dan nie ook onder staatskaping nie? Of is dit nie, net omdat CR so sê, want hy gee die land sommer vrywillig weg? En wat is die verskil met wat Zuma gedoen het, of ooglopend toegelaat het?

1+1 ·

Wat toegelaat is, is skrikwekkerd. Hulle het net gedoen wat hulle wil. Die mammon – offervlam brand al sterker en die geskree van die dakke af al harder. Laat dit vir ons almal ‘n dure les wees.

Wilma ·

Tyd dat die tronkdeure vir goed toeklap agter al die korrupte amptenare. Sjoe daar sal net n handjievol amptenare agterbly by Regerings Poste. Sies

John ·

Miskien kan Outa met Trump skakel. Sy groot vyand die CNN het skynbaar verskeie Guptas in diens. Het ons met ‘n groter netwerk te doen as wat ons dink met sluwer planne as wat reeds bekend is?

alida ·

As CR enige murg in sy pype het dank hom onmiddellik af sonder vergoeding. Daai Guptas moet al die geld wat bestee is aan hulle terugbetaal.

leser ·

ek hoop net dat die vrou wat op diens was as atc by waterkloof lughawe vergoed sal word deurdat dit nie haar skuld was toe guptas daar geland het

Andre ·

CR gaan nie `n vinnger lig teen Gigaba nie, hy het nie die ruggraad nie. Ek kannie sien dat hy eers twee jaar gaan dien as president nie. Nog `n ANC gemors.

Johann cb ·

Dit gaan nog baie lank duur voordat ons weet hoé ver die Gigabas en ons staatsamptenare by staatskaping betrokke is! Hopelik sal ‘n hele aantal koppe nou rol…

Tokkolos ·

Gigababababa
Ek het van die begin af gesê hy lyk soos n sw… Bennie boekwurm
Nie dat ek dink hy het ooit n boek gelees het nie
Hy was vir een doel aangestel en dit was om zumpie gupta tralala gelukkig te hou
En blyk my hy sou onderskeiding gekry het as dit n skoolvak was
En die land en sy mense gaan nog jare dra aan die las veral met CR op die voorste wa

Kosie Kramer ·

Outa in die langpad.

Volgens hierdie berig moet ons dan aandring dat “Swart Ekonomiese Bemagtiging” verander word na “Indiese Ekonomiese Bemagtiging”. Hoeveel van hierdie genoemde amptenare wys tans die vinger vir ons wittes, of bly stil?

Wiehan ·

Hoe kry al die Chinese van bv. Huawei en ZTE so vinnig werk permitte. Gaan kyk by hul kan tore in Woodmead. Work met hope buses elke dag aan gery. Dan sê ons President dat hul net top bestuursers SA toe stuur. As hul so baie “bestuurders” nodig het glo ek nie hul kan enige positiewe by dra tot SA maak nie.
Die hele lot is korrup.

GUPTAS BLAAS ONS GELD ·

Terwyl die ondersoeke en verhore uitgerek word bou die Guptas ‘n “kerk” in Indië ..teen die tyd wat al die verhore en ondersoeke klaar is is die gebou klaar en die geld is orals versteek.
Pleks die staat hou op praat en doen…voor die geld te vêr weg is.
Terloops Ace, Zuma en Supra het nie gepraat oor hoe om vir Ramaphosa uit die kussings te lig…Hulle het bymekaar gekom om te reel wat hulle gaan lieg oor hulle rol in staatskaping. Hulle lag lekker vir die wanindruk waaronder die mense is.

SjN ·

Korrup, en wat het van Giggelbaba se vrou se uitspattige reis geword? Hoop hy word regmatig vervolg.

Kannie Meer nie ·

Almal wys vinger na almal en dit is n sirkus !! Maar op die einde van die dag gaan daar nie een van die persone in die tronk beland nie ! Hulle gaan net na n ander staats instelling oorgeplaas word met n beter salaris . Waar het jy al ooit gesien dat iemand vir bedrog of diefstal tronk toe gaan in Suid Afrika.

Antionette ·

Stem” kannie meer nie”. Hul gaan dalk nog vergoed word deur pensioen te trek in SA. Kyk net hoe gelukkig het Zuma van sy bedrog af gekom, Guptas mos sy vriende. Nee kyk enigste uitweg vir een om vooruit te gaan in SA is om jou blikkie swart skoen polish uittehaal smeer jouself daarmee en raak skelm en dan gaan werk jy vir die ANC…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.