Sluipmoord-komplot teen Dlamini-Zuma onthul

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: GovernmentZA/Flickr

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: GovernmentZA/Flickr

Al Jazeera het onthul dat daar ʼn komplot was om ʼn sluipmoord op Nkosazana Dlamini-Zuma, voorsitter van die Afrika-unie (AU), uit te voer, enkele dae nadat sy die pos opgeneem het.

Volgens intelligensieverslae wat vandeesweek op Al Jazeera se webtuiste gepubliseer is, is spioene in Addis Ababa, waar die AU se hoofkantoor is, ingelig oor ʼn komplot om pres. Jacob Zuma se eksvrou te vermoor. Dit was in Oktober 2012.

Die verslae beweer dat Suid-Afrikaanse en Ethiopiese intelligensieagentskappe nie gereed was vir die dreigement nie en dat dit op Soedan blameer is. Suid-Afrikaanse veiligheidshoofde het glo ʼn noodvergadering gehou waar genl. T Nyembe, waarnemende hoof van Suid-Afrika se militêre intelligensie, gewaarsku het dat daar nog ‘n waarskuwing was van ‘n potensiële sluipmoordkomplot wat op ‘n ander plek uitgevoer sou word.

Volgens die dokumente het Hadera Abera, direkteur van Ethiopië se nasionale intelligensie en veiligheidsdienste, destyds gesê dat hulle die name van die beweerde samesweerders nagegaan het met “alle ingangspunte, veral dié wat aan Soedan grens”.

Dit het egter geen resultate opgelewer nie en die name van die beweerde samesweerders is nie bekend gemaak nie.

Dlamini-Zuma is op 12 Julie 2012 tot die pos verkies en het dit in Oktober opgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Nou wat wou hulle daardeur bereik, sy doen in elk geval niks.

Drieks ·

Juis waarom, hul is moeg vir RSA wat niks in hul eie land regmaak nie, maar die hele Afrika wil help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.