Sluipmoord op Valke-speurder: Ou sake nou gefynkam

Kol. Leroy Bruwer (Foto:WCFF via Twitter)

Die ondersoek na die moord van lt.kol. Leroy Bruwer (49) het daartoe gelei dat verskeie ou sake teen drie persone weer gefynkam word. Die drie persone het Dinsdag in die Nelspruit-streekhof verskyn.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Elliot Sindane (69), Elvis Mlimi (50) en Mabuthi Khoza (35) was aanvanklik deel van vyf verdagtes wat meer as ʼn dekade gelede in hegtenis geneem is toe hulle geïmpliseer is op aanklagte van onwettige jag, onwettige besit van vuurwapens, onwettige handeldryf met renosterhorings en betreding op die Kaapmuiden Dalton-plaas.

“Toe die beskuldigdes geprofileer is, het dit aan die lig gekom dat daar uitstaande sake teen hulle aanhangig is wat nooit afgehandel is nie. Dié sake is vroeër deur Skukuza-speurders ondersoek. Die twee uitstaande sake is onderskeidelik in Augustus en September 2011 geregistreer, maar in 2012 van die hofrol geskrap onder twyfelagtige omstandighede,” het Ramovha bygevoeg.

Die beamptes wat ondersoek ingestel het na die moord op Bruwer, wat op 17 Maart 2020 op pad werk toe doodgeskiet is op die R36 tussen Nelspruit en Sabie, het op die drie verdagtes begin fokus. “Die ondersoek oor die ou sake is verlede jaar afgehandel en aan die Nasionale Vervolgingsgesag voorgelê vir ʼn besluit wat daartoe gelei het dat die drie persone met ʼn dagvaarding bedien is om in die hof te verskyn.”

Die drie mans is op waarskuwing vrygelaat en die saak is tot 17 Mei 2021 uitgestel sodat hulle regsverteenwoordiging kan bekom.

“Die vorige enkele verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met lt.kol. Bruwer se moord, Sinovuyo Salela (28), bly intussen in aanhouding. Hy sal na verwagting op 26 Julie in die Mbombela (Nelspruit)-hooggeregshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Vrygelaat op wasrskuwing …..wat ‘n grap…die Dosiere gazn voete kty

FM ·

Soms wonder ek oor die wetsgeleerdes se toepassing van kennis van die wet

Genis ·

Op waarskuwing uit? Dis belaglik, ek ruik n rot hier… Dis n erensige ondersoek, so word mense wat hul werk doen vermoor, en die skurke beskerm..

Yvonne ·

Onthou die vermoorde is wit so polities tel dit nie regtig nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.