‘Sluipmoord-poging’ op politikus

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het gesê Solly Mapaila, die party se tweede adjunkhoofsekretaris, was tydens die gedenkdiens vir Chris Hani amper die slagoffer van ‘n vermeende sluipmoordenaar.

Alex Mashilo, woordvoerder van die SAKP, het gesê die man was deel van ʼn groep mense wat Mapaila uitgejou het toe hy op die verhoog by die gedenkdiens verskyn het.

“Die man was onbewus van die beeldmateriaal wat tydens die verrigtinge geneem is. Hy het sy idee laat vaar ná dit geblyk het dat iemand hom in kennis gestel het dat ander kon sien waarmee hy besig was,” het Mashilo gesê.

Mapaila het glo ook ʼn sambreel by hom gedra weens die swaar reën en storm wat ten tyde van die gedenkdiens aan die gang was. “Hy was net vinnig op die verhoog en het toe aangekondig dat hy as gevolg van die swaar reën nie sy boodskap kon lewer nie. Daarna het hy die verhoog verlaat.” het Mashilo gesê. Volgens hom het dit die vermeende sluipmoordenaar se aandag afgetrek.

Mashilo sê die SAKP is van mening dat daar ʼn georkestreerde plan is om enige iemand wat hulle teen die ANC uitspreek te laat stilmaak.

Die SAKP het die optrede van die vermeende sluipmoordenaar ten sterkste veroordeel en het aangedui dat hulle klagtes by die polisie aanhangig sal maak.

Die SAKP en Cosatu het al Zuma se kop geëis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Bollie ·

Wensdenkery, wie sal die sluipmoordenaar nou kamstig wees? Gee eerder aandag aan die regte moordenaars wat mense op straat aanval, in hulle huise vermoor en vermink en op plase en kleinhoewes. Los nou maar die drome en hallusinasies vir Saterdagaand.

Blits ·

Dis die zuma klomp omdat die SACP nie saam zuma meer staan oor wat gebeur het nie en hulle eis sy bedanking

cor ·

Defenetief deel van nr 1 se span, almal wat nie met hom saam stem nie moet uit gehaal word en dan word dit weer ‘n witmens ding genoem, so sal daar dan weer ‘n sogenaamde inteligensie verslag wees wat dit bevestig net om rasse haat aan te blaas.

Ramkat ·

As die vermeende sluipmoordenaar wel suksesvol was en plaasgevind het, dan het n baie gevaarlik presedent ontstaan en was ALLE ANC lede of LEIERS wat apartheid voorhou as die oorsaak van alle euwels in RSA se lewens ook in gedrang en dit kon uitloop op burgeroorlog.

John ·

Wys ons die beeldmateriaal. Hierdie tipe stories sal nou meer loop om kiesers terug te wen. Voorvadergeeste kan dalk ook herrys om hul nasate oor die vingers te tik.

Rika G ·

Het nou gekyk wys die vidio op times life dit het werklik gebeur.

Thinus ·

Lyk my 90% van die mense wat komentaar gelewer het op die berig het net die opskrif gelees en laat waai met die komentaar…
1. Die man praat uit teen die ANC hy probeer nie kiesers werf nie
2. Onder is die video en die wapen kan duidelik gesien word
3. Vir die wat net blaf sonder om te weet waaroor, doen bietjie ondersoek volgende
keer. “Google” is jou vriend…
ewn.co.za/2017/04/12sacp-mapaila-gun-incident-an-attempt-at-repeating-hani-assassination

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.