‘Sluipmoorde’-saak: ‘Geen bewyse van beplande staatsgreep’

Elvis Ramosebudi tydens ‘n vorige verskyning in die Johannesburg-landdroshof (28 April 2017). Foto: ANA

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag gesê daar is geen bewyse dat die man wat daarvan beskuldig word dat hy beplan het om verskeie regeringsbeamptes en ander prominente Suid-Afrikaners te vermoor, deel was van ʼn beplande staatsgreep nie.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die NVG, het buite die Johannesburg-landdroshof gesê die bewyse dui daarop dat die man alleen gewerk het. Sy kon egter nie sê wanneer die bewyse beskikbaar gestel sal word nie. “In hierdie stadium het ons geen inligting wat daarop dui dat daar ʼn staatsgreep beplan was nie,” het sy aan verslaggewers gesê.

Elvis Ramosebudi (33) het Dinsdag vlugtig in die volgepakte hof voor landdros Vincent Ratshibvumo verskyn. Ramosebudi het kalm in die beskuldigdebank gelyk en dit het nie voorgekom asof hy hom aan die media-aandag steur nie.

Ramosebudi is verlede week deur die Valke in hegtenis geneem nadat hulle glo kommunikasie onderskep het wat daarop dui dat hy verskeie sluipmoorde beplan het. Ramosebudi het glo beplan om 19 mense te laat vermoor.

Adv. Johan Badenhorst, die staatsaanklaer, het gesê daar is besluit om die aanklag teen Ramosebudi te verander van sameswering tot moord na aanhitsing tot moord. Die aanklag is verander omdat die bewyse glo daarop dui dat Ramosebudi alleen gewerk het en nie met enigiemand anders saamgesweer het nie.

“Hy het mense van Anglo-American aangehits. Hy het ʼn brief aan ʼn voormalige werknemer van Anglo-American geskryf waarin hy R60 miljoen vra om sy misdade uit te voer,” het Mjonondwane gesê.

Tydens Ramosebudi se vorige verskyning het die staat aangedui hy is van voorneme om die beskuldigde vir psigiatriese waarneming te stuur omdat sy geestestoestand bevraagteken word. Mjonondwane het gesê die besluit om Ramosebudi na ʼn psigiatriese instansie te verwys of nie sal geneem word sodra die ondersoek afgehandel is.

“Daar moet verdere ondersoek gedoen word vir ons as die staat om te besluit of hy vir psigiatriese waarneming gestuur moet word of nie.”

Volgens die hofdokumente is van die name op die “moordlys” onder meer dié van pres. Jacob Zuma, sy seun Duduzani Zuma, die Gupta-broers, voormalige Eskom-baas Brian Molefe, Dudu Myeni, die raadsvoorsitter van SAL, Shaun Abrahams, die hoof van die NVG, en Des van Rooyen, minister van samewerkende regering.

Die Valke het vroeër gesê Ramosebudi is die stigter van die Anti-State Capture Death Squad Alliance (ASCDSA).

Die saak is tot Vrydag uitgestel wanneer Ramosebudi om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

So ek neem aan die vlak van funksionele minimum intelegensie van die VALKE is dieselfde as.ELVIS sin? Whahahahahhahahahahaahahah!!!!!!!! As dit net nie so snaaks was dat al.die tyd en effort en resources gemors word op sulke absurdhede nie! Plaas hulle “ondersoek” ons staats president en die honderde bewese aanklagte teen hom? Of nee….dit sal NOG n groter sirkus wees van reses hoekom hy onskuldig is.

koos ·

as mens die korrupte geskiedenis van die mense op sy lys in ag neem, is dit eintlik jammer dat sy pogings nie geslaag het nie…

Magda ·

Glo my daar is altyd “Nog” iemand – en ja dis jammer dat sy progins ongeslaagd gaan bly ne?

Johann Marx ·

R60 miljoen? Ek sou dit gedoen het vir R50 miljoen….!! Dis altyd beter om meer as een kwotasie te kry voordat jy ‘n diensverskaffer kies….

BB ·

Ai mensies…imagine die Valke het nie gereageer hierop en die persoon besluit hy gaan in m mall in en skiet vrouens mans en kinders dood en die inligting kom op die tafel??? Dan het hulle weer nie hulle werk gedoen nie… ons sal nooit tevrede wees nie…sal ons???

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek wonder of hierdie slupmoordverdagte nie beaal is om ‘n verklaring af te le dat hy betrokke is by staatsveiligheid nie. Dit kan dan mos as ‘n “bewys” ingedien en gebruik word dat Zuma en Kie se lewes bedreig word. Vir ‘n “coup” sal die skuldiges nie in winkelsentra mense doodskiet nie. Hul sal net die regering oorneem en is daar en was daar al BAIE “veilige” coups. Hier word nouweer met ‘n plan gewerk en mense val vir die snert.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.