Sluipmoordenaar Ferdi Barnard op parool vrygelaat

Ferdi Barnard. Foto: Johann van Tonder/home.intekom.com

Ferdi Barnard, die moordenaar van die anti-apartheidsaktivis dr. David Webster en Mark Francis, is op parool vrygelaat.

Hy was 20 jaar agter tralies.

Barnard is in 1998 skuldig bevind aan die moord op Webster en poging tot moord op die voormalige minister van justisie, wyle Dullah Omar, van verskeie gruweldade wat hy gepleeg het as agent van die destydse Burgerlike Samewerkingsburo (BSB).

Barnard het Webster, ʼn gerekende akademikus en menseregteaktivis, in 1989 buite sy huis in Troyeville in Johannesburg doodgeskiet, terwyl hy saam met sy vrou, Maggie Friedman, van ʼn inkopietog teruggekeer het. Barnard is tien jaar later skuldig bevind aan Webster se moord.

Barnard se eksvrou, Maryna Language, het tydens sy verhoor getuig die BSB het ʼn lys met name aan Barnard gegee wat hy in sluipmoordaanvalle moes doodmaak. Die lys het die name van wyle Winnie Madikizela-Mandela en emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ingesluit.

Tutu was later aan die stuur van die Waarheids-en-versoeningskommissie wat gruweldade wat tydens die apartheidsera gepleeg is, ondersoek het. Ander David name op die lys was dié van Webster, Swapo-aktivis Anton Lubowski en die voormalige leier van die SAKP, wyle Chris Hani.

Die hooggeregshof het in 2015 ʼn besluit van die minister van justisie, Michael Masutha, om Barnard se aansoek om parool af te keur, ter syde gestel. Masutha het toe gesê Barnard, wat Webster vermoor het terwyl hy op parool was, se aansoek sou eers weer oor ʼn jaar oorweeg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Hendrik UAE ·

Hy het sy skuld betaal so hy kwalifiseer nie as parlements lid nie. Sterkte vorentoe aan jou Ferdi,

Hannetjie ·

Presies…waarom dan nog ‘name’ genoem word.En….hy het gedoen wat van hom verwag was…nie dat ek se dat moord reg is nie…inteendeel..ander loop steeds buite rond wat ook moes tyd gedoen het.

Geronimo ·

Wat van Walus? McBride en die Eikenhof moordenaars is lankal vry.

Pieter du plessis ·

Die kerkstraat bom argitek en bestuurder ook hy het meer as 20 jaar gesit.

MANIE ·

Ek so bly masutha het op sy dinges gekry want hy probeer met sy skelmstreke wat tipies anc is al die regses langer in die die tronk hou as wat die wet bepaal. Hoop die volgende een is Wallus wat uit stap

Boerboel ·

Wat van die mense wat die opdragte gegee het om hulle uit te haal?
Loop hulle nog steeds vry rond? hulle hande is beslis nie skoon nie !
Hy was net gebruik en moes baie duur betaal!

Devill ·

Dis jammer dat ‘n enige moordenaar ooit parool kan kry.

Hy moes nooit die buitekant van die tronk gesien het nie. Hy is ‘n moordenaar!!

Tarien ·

Rerig? Stem. baie anc “stalwarts” moes ook nooit die buitekant van die tronk gesien het nie! Go Ferdi!!!

CyberSakkie ·

Devill. Gaan lees, kyk, luister n bietjie op oor Stefaans Coetzee (Die witwolf bomplanter). Dan gesels jy weer oor versoening, vergifnis en verandering. Kyk hoe dít kán lyk.

Wit wolf ·

CyberSakkie… Barend Strydom is die sogenaamde wit wolf.
Rekonsiliasie, in hierdie land waar almal net vat vat vat? Nee wat. Ek rekonsileer op ‘n ander manier. Nie die een waaraan jy dink nie…

gunston ·

Devill, Hy het sy straf gehad, hoekom nog langer in die tronk sit, Dis mense soos jy wat n negatiewe invloed het op versoening, in elk geval, wie is deesdae die moordenaars in die land.

Eskuus? ·

Maar jy submit jouself aan die gesag van ROBERT MC BRIDE WAT OOK ‘n ERKENDE EN VEROORDEELDE BOMPLANTER EN MOORDENAAR IS?? sjoe dis vreemd.

Niek ·

Wat hy gedoen het is verkeerd.
Hy was egter ‘n politieke pion wat ander mense se vuilwerk gedoen het.
In vergelyking met Robert Mcbride se moorde laat dit ‘n effe wrang smaak in die mond. Mens wil amper glo dat Mcbride se gruweldade dan meer geregverdig was…

Awie Opperman ·

Jammer Niek, ek kan nie saamstem nie. Bomplanters is lafhaarts en terroriste. Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n sluipmoord wat op ‘n spesifieke persoon gemik is en om ‘n bom te plant en onskuldige mense / bystanders / siviele persone / vroue en kinders te vermoor of te vermink. Twee dade van geweld waarvan net een ‘n oorlogmisdaad is. Wil jy raai watter een is die oorlogmisdaad?

Erica Roos ·

You go Ferdie hoop die lewe behandel jou beter in die volgende paar jare, maak die beste daarvan

Ek verstaan nie ·

Die laaste sin in die berig is onduidelik. Was Webster op parool toe Barnard hom vermoor het, of was Barnard op parool toe hy Webster vermoor het?

Helena. ·

Lou..los nou die arme man dat hy self sien wat om hom aan gaan. Jy kan hom nie noual bemark nie. ?

Gaitsigubib ·

En daar sy ou Carl Niehaus in sy ondrehoud met Rian, dat hy steeds tevrede is m.b.t sy aandeel in die kerkstraat bom. ‘n Pa wat sy bebloede dogtertjie in sy arms vashou is steeds in my geheue vasgevang. Die liberalis wat gister se krimineel was is vandag se held. Ek sou Ferdie egter verag het as het met so iets loop en spog het, maar as die ANC dit doen, dan is fantasties! Nes die landmyne by Musina wat n kind gedood het voor hy nog eens kon loop.

Gaitsigubib ·

Jammer oor my baie swak spelling. As ek glo iets sal nie geplaas word nie steur ek my ook nie veel aan proeflees nie. By Musina was die Van Eck gesin opgeblaas met ‘n landmyn- 6 mense is dood waarvan 3 kinders was (8, 7 & 3 jaar oud). Die moodenaars het amnestie by die ANC gekry. Die ANC se amptelike taktiek was om die wat weerloos is aan te val. Ek sien hulle het nog nooit daarmee opgehou nie.

Linda ·

Barnard was deel van die BSB n Nasionale Party Regeringsorganisasie om ‘sekere mense’ te illimineer ! vir natuurlik goeie geld. Destyds het sy meisie ‘Amore’ teen Barnard gedraai, en hy was toe inhegtenis geneem. Sy was a dwelmverslaafde. Later jare het sy groente op die hoeke van Krugersdorpse strate verkoop !!! Barnard moes eintlik nie 20 jaar gesit het nie, hy was deurentyd ‘gebrainwash’ terwyl hy sy instruksies ontvang het !!! Ek het hom baie goed geken, hy het naby my in Roodepoort gewoon. Ek is bly hy is nou uit op Parool, nou kan hy aangaan met sy lewe.

Linda ·

Barnard het weelderig gelewe in n pragtige dubbelverdieping huis. Ons vorige Regering was nie engeltjies gewees nie, hulle het alles reg gekry met geld, Gerrie Nel kan baie dinge se as hy wil !!!

Lalie ·

Deville, hoeveel moordenaat loop vry rond? Hy het opdragte uitgevoer. Sterkte aan Ferdinand en sy familie. Hoop hy sou dieselfde besluite geneem het nou as destyd.

HPV ·

Die afgelope 25 jaar is ongeveer 475000 mense in die helhool vermoor. Is daar 475000 moordenaars in die tronke? Nee nie eers ‘n kwart daarvan nie.

hendrik ·

Ek kan nie verstaan nie. Hy is na Janus Walus tronk toe maar voor hom uit.

jaco ·

arme wallus se naam word reeds genome. hy het pole verlaat want hy was moeg vir die kommunisme daar. Maar kommunisme het in 1989-90 uit pole verdwyn. Waarom is hy dan nie toe terug pole toe nie? waarom in SA aanbly terwyl hy geweet het hier gaan ook kommunisme kom? eks niks jammer vir hom nie.
Kommunisme in Pole was in elk geval ook SONDER:
plakkerskampe
35% werkloosheid
onbeheerbare misdaad
leerders wat onderwysers aanrand en selfs vermoor
paaie vol slaggate
vuil swak staatshospitale
ens ens
Pole was sonder al die goed en daar was selfs ‘n groot mate van godsdiensvryheid.

eks verbaas dat die ANC lede en SA Kommuniste wat so lank in ballingskap in Rusland, Pole, Oos-Duitsland, Hongarye ens ens gebly het, NIKS daar geleer het nie.

Gaitsigubib ·

Jy behoort jammer vir hom te wees, want as hy nie gedoen het wat hy gedoen het nie, sou Chris Hani presedent geword het en nie die NP se ANC kanidaat nie. Jy is blykbaar altyd gepla omdat ‘n buitelander(Wallus) hier betrokke was. Dit was dalk juis dat hy gesien het dat sy land in die proses was om bevry te word van die juk van kommunisme dat hy hierdeen wou kom. Dit was seker te swaar vir hom om te sien hoe Suid-Afrikaners willens en wetens hierdie juk op hul eie skouers laai. Jy sou die aaklige werklikheid van kommunisme gesien het as hy nie na SA gekom het nie. Hy het die hoogste prys betaal. Laat nou die man in vrede, behalwe as jy wil klink soos ‘n ANC kader- dis mos mode.

jaco ·

lees asseblief ook die tweede deel van my kommentaar: selfs onder kommunisme was Pole VEEL beter as SA vandag.

Uiltjie ·

I think now the hunter will become the hunted… Jy sal moet oë agter jou kop en op jou skouers hê, ou pel.

Linda ·

Die BSB was gestig om ons vorige Regering se vuil werk te doen ! Mense soos Ferdi Barnard en Kie was gebruik om dit te doen teen reuse betaling. So 25 jaar gelede was n honderd duisend rand baie geld gewees. Ferdi was ook betrokke by ander aktiwiteite. Ek gaan nie hieroor uitwei nie. Wil net se dat Ferdi nie n slegte mens was nie !!! Janus Walus het nog nooit werklik berou betoon nie, en mens moet in ag neem dat hy n uitlander is. Ek dink die ontslape vrou van Chris Hani gebruik Walus as n politieke ‘scapegoat’ en is beinvloed deur die EFF.

CallieL ·

Sterkte ou Ferdi. Dink nou terug aan die dae toe jy nog speurder was, die kuiers in die Copper grill. Sommer baie dinge. 20 jaar was lank. Vir een keer in jou lewe, wees rustig en leef normaal

Heksie ·

Hy het opgetree in opdrag van ….. Hy het sy straf uitgedien. Hy is geregtig om voort te gaan met sy lewe.
Sterkte Ferdi!

Boerin ·

Sterkte vorentoe, Ferdi. Maak die meeste van jou vryheid. Moet asb niks doen om weer daar te beland nie. Bly weg van dwelms! Kry die meeste uit die tyd van vryheid wat jy nog oor het om uit te leef. Ek hoop jy’t n goeie ondersteuningsbasis. Mag jy van krag tot krag gaan. Baie sterkte

ES ·

Almal het besware teen Ferdi en die moorde wat hy gepleeg het, maar praat net daarvan om ‘n radikale politieke leier “uit te haal” dan is almal okay daarmee… Nietemin, hy het sy tyd in die tronk deurgebring en nou kan hy uit. Sterkte met die lewe vorentoe.

Charlotte ·

Ferdi het opdrag uitgevoer…. Punt…Hy het sy straf uitgedien.. Sterkte vorentoe Ferdi …

Oordeel kom ons nie toe nie

jakes ·

Baie bly vir jou Ferdi. Jy het jou werk pligsgetrou uitgevoer. Daar loop hordes moordenaars buite rond wat ook politieke moorde pleeg en nooit gevang word nie. Kyk vorentoe, lig jou kop op en leef voluit.

Gaitsigubib ·

Jaco, jy behoort jammer vir hom te wees, want as hy nie gedoen het wat hy gedoen het nie, sou Chris Hani presedent geword het en nie die NP se ANC kanidaat nie. Jy is blykbaar altyd gepla omdat ‘n buitelander(Wallus) hier betrokke was. Dit was dalk juis dat hy gesien het dat sy land in die proses was om bevry te word van die juk van kommunisme dat hy hierheen wou kom. Dit was seker te swaar vir hom om te sien hoe Suid-Afrikaners willens en wetens hierdie juk op hul eie skouers laai. Jy sou die aaklige werklikheid van kommunisme gesien het as hy nie na SA gekom het nie. Hy het die hoogste prys betaal. Laat nou die man in vrede, behalwe as jy wil klink soos ‘n ANC kader- dis mos mode.

Jerry ·

Tydens oorlog het jy nie n keuse nie as om dood te maak waar en wanneer dit gedoen moet word. Tydens vrede het jy n keuse om nie dood te maak nie, behalwe tydens en uit noodweer. Ferdie was gestraf vir sy daad en dan sal hy tien teen een ook in die hiernamaals gestraf word, niemand van ons weet nie. Niemand van ons moet langer vir Ferdie veroordeel nie, mits Ferdie nie nou weer die verkeerde keuse maak nie. Vergewe vir Ferdie en dan vergewe julle sommer julself ook vir die onregte wat julle mekaar al aangedoen het!

Piet parys ·

Die man het geboet vir sommige dinge wat hy verkeerd gedoen het in ander se oë. Dink dis tyd dat chris hani se vrou haar haat vir janus walus los . Syt mos die laaste se maar by plaasmoorde het die wat agterbly geen se oor die moordenaars nie

Speedguard ·

Valus het amper ons amlmal se lewens gekos, ons was op die randjie van ‘n volskaalse “burger” oorlog, so hy moet bly waar hy is ,wat Ferdi aan betref , hoeveel arm diamant delwers in Bakerville het hy en sy makkers onm die bos gelei en hul alles verloor het !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.