‘Sluit skole tot ná Covid-19-piek’ – vakbond

(Argieffoto: pixabay)

Die onderwysersvakbond Sadou het gedurende ʼn onlangse vergadering tot die gevolgtrekking gekom dat Suid-Afrikaanse skole behoort te sluit te midde van die Covid-19-pandemie wat nou sy piek in Suid-Afrika bereik.

Die nasionale uitvoerende komitee van Sadou het vroeër vandag (Dinsdag) vergader waartydens tot die gevolgtrekking gekom is dat skole in die land behoort te sluit tot ná die piek. Die vakbond stel nou September voor vir die heropening van skole.

Dit kom te midde van ʼn beroep van die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) op pres. Cyril Ramaphosa om die land se skole te sluit te midde van die toename in infeksies.

Die VSA het Dinsdag in ʼn verklaring verduidelik dat sou skole oopbly en alle grade eindelik terugkeer na die skoolbanke, ongeveer 18 miljoen leerders daagliks sal moet rondbeweeg om skool toe te gaan. Luidens die verklaring sal dit daartoe bydra dat dié leerders se familielede meer blootgestel word aan die virus.

Sadou het Maandag op sy beurt in ʼn verklaring daarop gewys dat verskeie onderwysers en leerders positief getoets het vir Covid-19 sedert die heropening van skole verlede maand. Die vakbond voer verder aan dat onderwysers gebuk gaan onder ʼn groot werklas en dat die moraal onder sy lede besonder laag is te midde van die Covid-19-pandemie.

Die DA verwerp egter Sadou se voorstel om die skole tot ná die Covid-19-piek te sluit.

“Hierdie oproep van die onderwysersvakbond is niks minder as roekeloos nie en ’n doelbewuste poging om die voltooiing van die akademiese jaar te ontwrig,” het Nomsa Marchesi, DA-skaduminister van basiese onderwys, en Belinda Bozzoli, DA-skaduminister van hoër onderwys en opleiding, in ʼn verklaring gesê.

Luidens die verklaring het diegene wat ten gunste van die sluiting van skole is geen begrip vir die skade wat dit aan die akademiese vordering van leerders, veral dié in armer gemeenskappe, sal berokken nie.

“Ons doen ’n ernstige beroep op ouers en onderwysers om teen hierdie roekeloosheid te waak, aangesien die meeste skole alles in hul vermoë doen om hul kinders veilig hou,” het Marchesi en Bozzoli gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sarel ·

Vakbonde moet hulke uit die saak hou. Ons kinders is nie lede wat kan stask nie. Al wasrvoor Vakbonde in SA voor goed is.

Sakkie ·

Bla bla bla watter piek hoeveelste piek die ANC manupileer die syfers datums en pieke soos hulle wil laat die wat nie wil skool toe by hulle huise sit en los die res uit dat ons aangaan

Objektief ·

As jy die regeringse voorspellings kan glo gaan meer as60%van onsdie virus kry, so die piek is nog ver weg. Om die skole toe te maak beteken minstens n jaar ,indien nie twee, uit ons kinders se lewens; en met die standaarde in meeste skole in SA gaan die kinders permanent agter wees.

Deur die skole te sluit sal ouers gedwing word om alternatiewe te vind wat onderwysers sonder werk gaan los, maar ek glo nie hulle besef dit nie.

Pas die “no work no pay” beginsel toe en kyk of hulle nog by die huis wil sit. Baie lekker om op laaaangvakansie te wees teen vol betaling

Snowball ·

Onderwysers wat iets beteken het nog nooit ophou werk nie, hulle doen dit net aanlyn. Moenie veralgemeen nie.

Objektief ·

Van die skole hier by ons het vroeer begin kinders in vat en ek waardeer dit en die beheer is uitstekend. Ongelukkig het ek ook met SADOU lede gedeel en baie van hulle is nie toegeweide onderwysers nie. As tuisonderrig en ander alternatiewe die norm word gaan dit definitief werks geleenthede vir onderwysers benadeel.

Mickey ·

Aubrey jy het geen benul wat dit behels om ‘n onderwyser te wees nie. Weet jy my dogter is student onderwyser en gedurende sluiting van skole het hul geen vakansie gehad nie want hul is besig om hul admin te doen. En besig om jul kinders te leer via die aan lyn sosiale media. dus jy praat van lekker lang vakansie gaan bietjie en gaan sit jouself in hul skoene en sien of dit lekker is om ‘n onderwyser in vandag se lewe te wees.

Hanelie ·

Los vakbonde vir ñ oomblik uit die ding. Ek het n autoimmuun siekte en nie ñ milt nie. Die spesialis het vir my gesê as ek dit kry is dit fataal. My kind is in gr 11 in ñ skool in Centurion wat al 2 keer gesluit het vir ñ week a.g.v kinders en onderwysers wat positief getoets het. Maak die skole toe net tot na die griepseisoen. Hoekom kan ons nie aangaan op Google school soos voorheen nie. Dit het 100% gewerk. Die res v my gesin werk en studeer tuis. Ek is nog 100% in lockdown. Nou moet ek my kind elke dag blootstel, wat ons blootstel. Onderwysers en hul gesinne ly ook daaronder. Dink bietjie aan ander ook. Ons het ñ probleem en dit gaan nie net oornag verdwyn nie….

Snowball ·

100% Hanelie. Aanlyn is effektief. Dit gaan net beter wees vir almal as skole eerder in Sept hervat en nie nou tydens die winter nie.

Manda ·

Laat ek net sien of verstaan ek dit reg – die WGO het gewaarsku daarteen on skole te heropen terwyl ons nog nie klaar gepiek het nie, maar Dr Mkize sê ha eh! Live with it because it’s the new normal! Donald Trump dra steeds net ‘n masker as hy so voel en hoeveel Amerikaners is reeds dood oor sy stommiteit?
Ek wonder nou net almal wat so vuis in die lug staan en skreeu Yes met skole se oopmaak! As jou kind siek word, 1 van die 0.001% wat kán siek word, wat gaan jy sê? Right….

Anoniem ·

Manda, ek was ook een van daardie persone wat ‘n voorstander was vir skole om te heropen. Ek besef egter al hoe meer wanneer ek lees hoeveel kinders en onderwysers geraak word deur Covid 19 dat dit op hierdie stadium beter gaan wees om die skole te sluit tot na ons winter (griepseisoen).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.