Smith op die voorvoet teen aantygings

Graeme Smith. (Foto: ANA)

Graeme Smith is daaraan gewoond om in die spervuur te wees. As die bloedjong kaptein van die Proteas het hy destyds Nasser Hussain se mond met ’n rits honderdtalle gesnoer toe die Engelse kaptein kwansuis sy naam vergeet het.

Dan was hy aan die stuur van sake toe die Proteas hul eerste oorwinnings weg van die huis teen Australië en Engeland behaal het. Onder sy leiding was die Suid-Afrikaners vir ’n geruime tyd die voorste toetsspan in wêreldkrieket.

Maar met sy aanstelling as Krieket Suid-Afrika (KSA) se eerste direkteur van krieket, moet hy nie net opslagballe op die krieketveld vermy nie, hy moet ook in die politieke wêreld bontstaan.

Met die Black Lives Matter-beweging (BLM) wat al hoe meer steun van reg oor die wêreld kry, het verskeie voormalige Proteas na vore getree om hul stories te vertel.

Makhaya Ntini en Mfuneko Ngam het onder meer eensaam in die spanbussies gevoel, terwyl Ashwell Prince oor ’n insident gedurende die Protea-toer in 2005 na Australië gekla het.

Dan word sy en Mark Boucher-hulle se aanstellings selfs op regeringsvlak bevraagteken.

Die jongste kinkel in die kabel is Thami Tsolekile wat beweer dat hy weens rassistiese redes oor die hoof gesien was om die paaltjiewagterhandskoene by Boucher in 2012 oor te neem.

Volgens Tsolekile, wat weens wedstrydknoeiery vir 12 jaar uit die spel geskors is en’n eersterangse kolfgemiddeld van 30,43 gehad het, was dit rassisties toe AB de Villiers bo hom gekies is om agter die paaltjies diens te doen vir die res van die toerwedstryde teen Engeland.

Smith het homself gister tot sosiale media gewend om sy kant van die storie te vertel.

Volgens die veglustige openingskolwer was Tsolekile sy kaptein op junior vlak en hy het nooit ’n probleem met hom gehad nie. Daarteenoor het Smith al met talle ander spelers en afrigters – soos Lance Klusener en Ray Jennings – in die verlede vasgesit.

“Dit was onmoontlik vir my om almal se goedkeuring weg te dra, maar dit is hoe dit in die sportwêreld gaan,” het Smith geskryf.

Thami Tsolekile. Foto: Twitter.

Die feit dat Tsolekile ’n spesialispaaltjiewagter was, het ook nie tot sy saak bygedra nie omdat spesialisspelers altyd net om een posisie baklei.

“Ek het begrip vir hoe frustrerend dit moet wees; daar was oor die jare al baie talentvolle paaltjiewagters wat nie Suid-Afrika op die internasionale verhoog verteenwoordig het nie, juis omdat ’n paaltjiewagter lank deel van ’n span bly.”

Boucher het byvoorbeeld die Protea-handskoene vir 15 jaar tot en met sy fratsongeluk gedra en word deur talle as die suksesvolste paaltjiewagter ooit bestempel. Sy toetsrekord van 555 slagoffers sal nie sommer geëwenaar word nie.

Volgens Smith was daar ’n hele keurkomitee aan die stuur van sake in 2012.

“Thami was in die span as ’n reserwe vir AB de Villiers en Gary Kirsten het hom so ingelig. Thami het dit trouens al vantevore bevestig.”

Volgens Smith moes hy ook al alleen gereis het; baie kere omdat hy eers ’n mediakonferensie in Johannesburg moes bygewoon het terwyl die ander spelers kon huiswaarts keer.

“Die bewerings wat gemaak word, maak ’n mens seer en ek ontken dit in sy geheel. Ek was trots om die Protea-embleem te dra en om saam met elke liewe speler te speel.”

Tsolekile, wat weer eens ’n gas op Robert Marawa se sportprogram was, het teruggekap en gesê dat hy teleurgesteld met die voormalige Protea-kaptein is.

“Hy wil niks aanvaar nie en dit is net verskonings. Die minste wat ek sou aanvaar het, is ’n verskoning,” het Tsolekile gesê.

  • Tsolekile het in 160 eersterangse wedstryde 534 kolwers terug na die kleedkamer gestuur, terwyl hy 5 844 lopies teen ’n gemiddeld van 30,43 geslaan het. Daarteenoor het De Villiers in 114 toetse amper 9 000 lopies teen ’n gemiddeld van 50,66 vir Suid-Afrika geslaan. Hy het – hoewel hy elders op die veld ook diens gedoen het – 227 kolwers uitgevang of gestonk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

AndréS ·

Dit maak nie saak nie, ons gaan beslis nie meer die SA politieke sport ondersteun nie so maak soos julle wil

Vettiemaragartos ·

“Volgens Tsolekile, wat weens wedstrydknoeiery vir 12 jaar uit die spel geskors” Tsolikile jy was nie weggelaat omdat jy swart is nie. Jy was weggelaat omdat jy SKELM is!!!! Groot verskil!

Jr ·

Ja maar julle weet in afrika apologise jy net en jy is vergeweve en dan kan jy weer daai posisie DEMAND

Werner ·

Klaar met rugby en krieket kom ons kyk hoe lank die borge gelukkig bly met lee stadions en ons moet hulle sommer ook boikot

koos10 ·

And then sir, you decided that you will become corrupt, or was your suspension also racist?

Jackie ·

Die ras-kaart word nou selfs gebruik as jy nie goed genoeg is om n plek in n span te kry nie. Gaan die BLM ondersteuners nooit volwasse word nie?

tweeling ·

Nee hulle sal nie volwasse word nie want dan kan hulle nie tantrums gooi nie, meeste tantrums word deur kinders gegooi.

LANA is ELANè ·

SIESTOG, is dit nie vreeslik nie, danksy julle openlike ondersteuning van ‘n marxistiese beweging waarvan julle geen kennis tov die herkoms daarvan, het sport ‘n wrang smaak in vele Suid Afrikaners se monde gelaat – julle gaan sukkel om menigte mense tot patriotisme tydens wedstryde te lei en julle stadiums en borge gaan drasties verander. MAAK SOOS JULLE SMAAK, GOOI MODDER, MAAK MEKAAR SLEG moet net nie sulke groot tjankbalies wees nie, gatkruip werk nie in ‘n land waar dit doodeenvoudig oor politiek en bemagtiging gaan nie, veral as jou velpigment dalk net te lig is nie.

Nie Verbaas ·

Nog een wat verwag hy moet diens doen net oor sy kleur. En daar kry hy toe feitlike pakslae.

Harry ·

Weereens, sport liefhebbers, moet ons hoor hoe genadeloos is ons 4de klas burgers met BLM. Dis so jammer mens moet sulke aanvalle verdra. Ek gaan onmiddelik my onderwyser op skool in 1976 aanvat omdat hy my uitgelaat het uit daai span destyds. As mens wil kla en aanvalle loots…..skryf n boek.

johan ·

Jy wil vir die proteas diens doen maar waar het jou “TJO TJO” jou gebring

Niklaas ·

Geen simpatie met hierdie Graeme knaap nie. Dis ouens soos hy en Francois Pienaar wat ‘n wrang smaak t.o.v. SA sport huidiglik in die mond laat.

Scalla ·

Hy het seker vergeet toe hy uit skaamte agter gebly het met die terug keer van die span uit die buiteland.

JBN ·

Ek sal my doodskaam as ek op grond van my velkleur ingesluit MOET word in n span. Hierdie mense ly aan n ‘slagoffer mentaliteit’ wat skrik vir niks. Dit het lankal tyd geword dat ons hierdie ANC bokke en ANC proteas en hulle borge boikot. Ek hoop net dat die ‘kruipertipe’ blanke se oë ook nou sal oopgaan. Hierdie onderdanige gekruipery maak n mens siek.

Pampoen ·

Graeme Smith het besluit om die knie te buig. Nou steek sy kamerade hom in die rug. Nee wat, ou pêl, kry vir jou. En moenie weer kom witvoetjie soek by ons nie. Die deur het agter jou toegeklap.

Gawie ·

Ek dink nie enigiemand wat skuldig is aan wedstryd-knoeiery moet die geleentheid gegee word om enigiets te sê nie. Alles wat hy sê het ‘n vraagteken by.

Hoekom ·

Hy is nie die direkteur van krieket nie, hy is die direkteur van Veld politiek. Krieket was ‘n sport wat gespeel is deur sportmanne, nie deur “foreign affairs” ministers nie…

ameli ·

Julle het julle kniegies gebuig vir afgode en witchcaft (Gaan lees op waarvoor die blm eintlik voor staan. Julle het in satan se strik getrap)
Jy buig net voor Onse ware God Yahweh.
Julle moet maar vat wat na julle kant toe kom God sluimer en slaap nie.
Ek bid dat almal sal terugdraai na God toe

Daleen ·

Plaas jy eerder verskoning vra vir jou laakbare gedrag om ‘n skelm te wees. Maar NEE alles is mos almal anders se skuld dis seker OOK Graeme Smith se skuld dat jy in wedstrydknoeiery betrokke geraak het. Belaglik jy het jouself uit die span gehou. Jammer jy het nie vir die tronk se krieket span paaltjiewagter gaan speel na jou “gestelery” nie.

Jakes ·

As ek Tsolekile was sou ek my doodgeskaam het om nog enigsins van my te laat hoor gegewe die feit dat hy skuldig bevind is aan wedstrydknoeiery. Sy ongeloofwaardigheid en verwaandheid ken geen perke nie. As ek Graham Smith was sou ek my nie verwerdig het om selfs te reageer op sy aantygings nie. Dit geld ook vir ander swart of bruin Protea spelers wat nou skielik hul speelgoedc uit die kot gooi.

Jr ·

You can explain till you are blue in your face. Klaar met julle. Sal nooit een van jou games weer kyk al is NM die paaltjie wagter. Ek skree vir Aus en NZ – krieket en rugby

Spyker ·

Nogal ironies dat die mense so kla oor n koloniale sport en hulle nationale sport ,(Kierieslaan), heeltemal verwaarloos. Wonder hoeveel van hulle dir nog be-oefen?

Adam Adriaan ·

Ja Smithie en kie, julle het vir julle eie agterwêrelde lekker kareelatte gepluk. Dit gaan lank vat om die gemors reg te stel

Kosie ·

Tsolikile bou n brug en kom daaroor jou swakkeling, in elk geval kan jy maar sport vat en heeltemal swart maak ons gee nie om nie, sien of julle erens kom.

Jacobus ·

So word die bal netjies gedeflekteer – weg van die kniebuigery. Die Tsolekile aangeleentheid word in detail bespreek – kon hy en sy makkers nie die BLM sage in sulke detail ondersoek het dat hulle nie die groot rassistiese olifant op skerpby misgekyk het nie. “YOU HAD ONE CHANCE”!

Isabella ·

Tsolekile wat is dt mt JULLE??? Ons gan vr niks meer omverskoning vra !!! 26jr later en al wat ons elke dag hoor is apartheid ….white privelege…ENS… ons wil aangan mt ONS LEWENS mt positiewe denke en in vrede te leef mt almal

sopbeen ·

Hmmm ek wonder hoekom reageer Greame op hierdie aantuigings?

Althes ·

BLM se stigsterslede word van heksery beskuldig deur ñ swart pastoor van Amerika.
Die BLM beweging is nie uit onskuld gebore nie.
Nietemin, as die BLM beweging in SA se krieket wil kelder deur rassespanning te verhoog, moet hul maar sien waar hul toeskouers vandaan kry.
As jy sien soos in Grand Prix Formule 1 wie die werklike ondersteuners is, gaan krieket ñ bloutjie loop.

'n Simpelman ·

Ja Mr Smith, buig die knie soos jy gedoen het.
As jy afgode wil dien moet jy gevolge dra.

Tewis ·

Hi Mnr Smith julle moet tog maar tweemal dink vir wie julle die knieg wil buig. Die ding kan dalk in jou gesig ontplof ????

RietMuskiet ·

Nee wat Smith, het jy nie gebuig nie? Ek se buig en vra hom persoonlik onverskooning. Julle het sport deur julle gat getrek, eks gatvol dat die res van ons altyd vir alles moet jammer wees, beoordeel word en die gevolg van alles is wat nie werk nie. Ek buig voor God aleen, een maal toe ek my vrou gevra het. Julle walg my amal van jull

Anoniem ·

Hierdie Rassisme moet nou asb. end kry. Soos Rugby en Krieket spelers dink dit is hul reg om BLM te ondersteun so het ONS ANDER SA burgers ook die reg om ons eie regte uit te oefen!!!! Vat vyf Flaffiie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.