Smithfield-boervrou se moordenaar gevonnis

Arthur en Poenkie Bissett (Foto: Facebook)

Tshidiso Andries Matsoele (43), die man wat skuldig bevind is aan die moord op die boervrou Poenkie Bisset (73), is Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Hy is Dinsdag op aanklag van moord en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, het bevestig Matsoele is ook tot  ʼn verdere 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede gevonnis.

Die twee vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Bisset is in Desember 2020 op die plaas Korhaanfontein in die Smithfield-distrik vermoor.

Maroela Media het vroeër berig haar man, Arthur, het haar liggaam langs haar motor aangetref. Sy het ʼn meswond aan haar nek gehad en was reeds dood.

Matsoele is dieselfde dag in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swerwer ·

Dankie dat geregtigheid geskied het, dit sal nooit die leemte kan vul nie maar net die feit dat hy wel gevonis is, bring ‘n klein bietjie vertroosting.

AW ·

25 Jaar of Minder !!!!

Word so verlede week n vraag gevra, deur n kind.

Oom, as daar mense is wat ander seer en of dood mask, wat help dit as so n persoon ge vonnis word, en hy bid tot Liewe Jesus en vra vergifnes en bekeer…….

Ek moes ietwat dink, voor ek ge antwoord het.

My ook laat dink van hoe n kind dinge sien / verstaan en of daaroor redeneer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.