Smokie se SA toer tot Desember uitgestel

Die rockgroep Smokie se konserte in Suid-Afrika is tot Desember uitgestel.

Smokie sou volgende naweek in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad opgetree het, maar die konserte is uitgestel nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondag ʼn ramptoestand in Suid-Afrika aangekondig het.

Daar is aanvanklik Maandag gesê die toer is tot Junie uitgestel, maar dit is later die week bevestig dat die toer eers in Desember na Suid-Afrika kom.

Lefra Produksies, wat die konserte aanbied, het in ʼn verklaring gesê kaartjies wat reeds gekoop is, word outomaties oorgedra na die venue en sitplekke wat bespreek is.

Kontak Computicket by 0861 915 8000 of besoek u naaste afsetpunt om te reël dat u kaartjies weer uitgereik word. Computicket het takke by alle Checkers‑, Shoprite‑ en Checkers Hyper‑winkels.

Smokie sal op 11 Desember by die GrandWest Casino in Kaapstad optree, op 12 Desember by Carnival City in Johannesburg en op 13 Desember in die Sun Arena in Time Square in Pretoria.

Kaartjiehouers word versoek om www.smokie.co.za te besoek vir enige aanpassings.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.