‘Smokkelaar’ probeer glo doeanebeamptes omkoop

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

ʼn Vrou is Vrydag by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem nadat sy meer as $1 miljoen na Dubai probeer smokkel het.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê die vrou is deur SAID-beamptes voorgekeer en gevra om die groot hoeveelheid dollarnote, ongeveer R14 919 606 werd, in die twee tasse wat sy vroeër ingeboek het te verklaar. Volgens Memela kon die vrou nie die oorsprong van die geld bevestig nie.

“Sy het twee van die doeanebeamptes probeer omkoop, maar hulle het geweier. Haar tasse is deursoek en die algehele bedrag van die note was $1 082 700,” het Memela gesê. Die vrou is op die plek in hegtenis geneem en daar is op die kontant beslag gelê vir nadere ondersoek.

“Internasionale passasiers moet daarvan bewus wees dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank ʼn individu toelaat om nie meer as R25 000 kontant of die ekwivalent daarvan in ʼn ander geldeenheid by hom of haar te dra nie. Enige groter bedrag moet verklaar word met die nodige dokumente van ʼn gemagtigde Forex-handelaar,” het Memela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

wisselkoers ·

wanneer laas het die reserwebank met R25000 oorsee gaan reis
ooo wag die staat betaal mos

Bennie ·

Dis kontant wat jy by jou mag he , nie wat jy mag spandeer oorsee nie 99.9 % van mense koop en betaal ,et kredietkaarte oorsee

Bennie ·

Die reel is dat jy R25K in kontant mag meem . As jy reis gebruik jy gewoonlik kredietkaarte . Jy kan ook geld op jou debietkaart gebruik , so jou vraag is nie heeltemal relevant nie.

Ouman ·

Die R25000 beperking is ten opsigte van Suid Afrikaanse Rand banknote en nie buitelandse valuta nie. Suid Afrikaners mag buitelandse balyra tot en met die ekwivalent van R 1000 000 per jaar saam vat vir reise na die buiteland. Meeste mense gebruik kredietkaarte en nie kontant vir oorsese reisdoeleindes. Geld wat uitgesmokkel word is heelmoontlik opbrengste van belastingontduiking of ander kriminele aksies. Die persone wat gevang word is meestal net koeriers en het geen eienaarskap van die geld nie. Geldwassery moet bekamp word want as dit nie gedoen word nie gaan ons bankstelsel in gedrang kom.

karin ·

Die vrou moet eers voor d Hof kom voordat haar naam gepubliseer mag word

boetman ·

Jef, dit klink na ‘n Zupta jackpot wat iewers opgetel is.

Buitestander ·

Passesiers met so baie kontant moet hoe koneksies hê.
Daar sal niks van die saak kpm nie,

KarooKlong ·

Baie dankie en geluk aan die beamptes wat nie die omkoop offer aanvaar het nie.
Hoop julle word vereer hierdeur.

Danie ·

Nou verstaan ek nie lekker nie ons werk in Amerika en die papier wat jy in die vliegtuig in vul sê jy mag nie meer as $10000.00 in besit hê nie meer as dit moet jy dit verklaar….ek self rys altyd terug SA aan die einde van die jaar met $5000.00 omdat die exhange rate op die lughawens en komissie so hel belaglikis en dit goedkoper kos om dit by die banke te ruil….

Stormrider ·

Die net trek al hoe stywer vir geldwassery. Dis tog baie duidelik dat hierdie geld deur internasionale kriminele bedrywighede bekom is? Dis waarom die SOF compliance legislation in die lewe geroep is. Die sindikate kan nie meer hulle gelde deur die finansiele instellings was nie. Dollars nogal ne? Sal interessant wees om te hoor watter pad hierdie note geloop het….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.