Smouse, vensterwassers van JHB-strate verwyder

metropolisie SAPADie metropolisie het die afgelope week meer as 80 smouse en vensterwassers van Johannesburg se strate verwyder.

Insp. Edna Mamonyane, woordvoerder van die metropolisie, het gesê 36 smouse en vensterwassers is Vrydag in hegtenis geneem. Hulle is na die Johannesburg Sentraal-polisiestasie geneem en sal binnekort in verskeie howe verskyn.

Die polisie het Donderdag 53 smouse, vensterwassers en bedelaars in hegtenis geneem. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het Donderdag gesê ʼn blinde man in ʼn rolstoel is een van die wat in hegtenis geneem is.

Die departement van maatskaplike dienste sal die bedelaars na ʼn skuiling neem. Volgens Minnaar het die operasie ten doel om die stad veiliger te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sollie ·

Blinde man in ‘n rolstoel – hoe kom hy daar?Absolute gevaar vir motoriste en meeste van die spul is net daarop uit om te sien wat in jou kar is sodat hul buddies kan ruite uitslaan en gryp. Hierdie tipe bedelaars is ‘n verpesting en die wittes wat nou so lekker saambedel. Skande man, altyd een of ander storietjie van swaarkry en nie werk en dan spel hul aspris ook so verkeer sodat mens hul nou nog meer moet bejammer. Ek het duisend keer respek vir karwagte. Hulle probeer minstens IETS doen en moet ‘n sekere bedrag geld betaal elke maan vir soveel rye wat hul oppas aan ‘n maatskappy so hulle KRY nie net nie. Daar is altyd IETS wat mense kan doen maar hulle is te lui, ek het al aan een so bedelaar gevra hoekom gaan pas sy nie karre op maar nee sê sys wragtig dan kry sy te min want sy moet die maatskappy nog betaal vir haar ry motors ens! So LUI is die wagwoord. Verder is hulle reg in mens se pad, mens moet jouself in gevaar stel om om die spul te probeer kom. Hoop hulle wil sommer aanhoudend die spul arresteer en hierdie onding uit ons land kry.

Elfie ·

Hierdie tipe vand goed is net ‘n onding, ‘n gevaar vir motoriste en moet beslis orals verwyder word.

Madeleine Grobler ·

Baie goeie werk van die metro polisie! Dankie, ek steun dit!

piet ·

Mooi wens hul wil dit oral in die land doen dit sal die misdaad afbring.

Asjas ·

Bedel want hulle het nie geld vir kos nie maar staan met altyd met ‘n sigaret in die mond.

Alet ·

Geluk Metropolisie. Julle verdien ‘n bonus. Wil julle nie asseblief ook vir die ander verkeersdepartemente help om dit te doen nie. Vernaamlik die robot by Pine Heaven aan die Wes Rand. Almal gebruike kaarte want niemand dra meer kontant nie so dit is logies dat niemand gaan koop nie. Hulle verpes jou siel so al wys jy vir hulle jy het alles wat hulle aan jou wil verkoop dat ek sommer hulle wil doodry. Skep vir hierdie bedelaars arbeiders plase waar hulle kan gaan werk en hulle self onderhou want die meeste is nie van Suid-Afrika nie. En soos Sollie se die wit dames en mans is omtrent walglik. Die vrou wat kanker het maar heeldag in die son kan staan, sorry dit is ‘n bulldust storie want sy weet nie hoe lyk mense wat kanker het nie. Die man wat altyd ‘n lift bedel en niemand wil hom op laai nie. Mense het julle al gehoor hoe kan hierdie mense jou vloek as hulle nie hulle sin kry nie. En soos Asjas se altyd ‘n sigaret in die mond. Ek het nou die dag vir die koerant verkoper gese weet jy as ek by elke robot vir iemand ‘n sigaret moet gee gaan ek nog nie eers by my eindbestemming wees nie dan is my pakkie sigarette al klaar. Nee asseblief raak van hulle ontslae want hulle is in elk geval ‘n gevaar op die robot as jy ‘n bietjie versnel om tog net hopenlik die robot groen te kry en hulle loop sommer voor jou in.

Knersus D ·

In Aston Manor/Glen Marais op die hoek van Veld en Dann is daar twee kranige akteurs wat bedel – het eers begin met narstreke , Deesdae doen hulle nie oppie-kniee gemartelde ‘acting’ van hongerpyne wat baie erger blyk te wees as ‘n bloeiende maagsweer. Die twee behoort eintlik op Isidingo of Sewende laan stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.