SMS-gerugte oor Bloemhof onwaar

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Noordwes het bevestig dat ʼn boodskap wat op sosiale media oor dreigende gevaar in Bloemhof versprei word, onwaar is.

Brig. Thulani Ngubane het Donderdag aan Maroela Media gesê die situasie in Boitumelong buite Bloemhof is gespanne en onvoorspelbaar, maar bevestig dat die gerugte onwaar is. ʼn Boodskap doen op sosiale media die ronde dat inwoners van Bloemhof se lewens in gevaar is. Die boodskap voer aan “die hele Bloemhof is omsingel met duisende swartes wat dreig om witmense se huise en besighede aan die brand te steek”.

“Die gerug is onwaar. Niemand omsingel die dorp nie,” het Ngubane gesê. “Mense word versoek om nie die valshede verder te versprei nie.” Hy het gesê die polisie is op hoë gereedheid in die gebied.

Die polisie het motoriste egter versoek om die N12 naby Bloemhof te vermy, aangesien betogers sporadies dié pad met brandende bande en klippe versper.

Thandi Modise, premier van Noordwes, en afgevaardigdes van die provinsie gaan Donderdag om 15:00 inwoners van Boitumelong toespreek. ʼn Onafhanklike taakspan is aangestel om die inwoners se klagtes te ondersoek.

Lees ook:
Tiener in Bloemhof doodgeskiet
Bloemhof brand weer
ANC versoek kalmte in Bloemhof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Joggie Steyn

….my vraag aan die brigadier….. waarom word daar nie op ‘n deurlopende grondslag amptelike inligting vrystellings in Bloemhof gedoen nie…. Inwoners sit in die duister en weet glad nie wat aan die gang is nie behalwe vir gerugte wat van mond tot mond oorgedra word en sekerlik baie stertjies bykry…. Wat my betref kan daardie gerug op die sosiale media waar wees want van dit wat ek kan waarneem en van die dreigemente wat teenoor my geuiter is kan ek dit alles nogals glo… Op die oomblik wil dit voorkom of die SAPD die situasie onder beheer het maar vir… Lees meer »

Peter Says

Hoekom mobiliseer julle nie die weermag nie ? Daar is nie n weermag nie ? Waar daar n rokie trek, is daar gewoonlik n vuurtjie.

Jo

Nou is daar niemand in Bloemhof wat ons kan vertel of die boodskap wat versprei word, waar is of nie? Terwyl mens nie altyd weet of die Brigadier net probeer om paniek te voorkom of die waarheid te verbloem nie. Wat van die inwoners, kan iemand ons asb vertel wat is wat? Dankie.

Anoniem

Ek stem saam met een van die bogenoemde kommetare. Ek sou graag by ten minste 20 van die blanke inwoners wou verneem hoe hulle die situasie ervaar. Plus foto’s van wie hulle is ook. Ek het die video’s gesien wat deur die SABC gefilter is, en ek moet se, dit is erg ontstellend. Waarom moet mens die woord van een persoon aanvaar? Ek was nog altyd skepties oor uitsprake deur enkel persone en om dit te aanvaar. Ek sal heel moontlik die sms nog verder versprei as ek kan. Ek het dit al gestuur na ‘n hele paar van my… Lees meer »